HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (6)

Ek is daarvan oortuig dat Christene die roeping van God ontvang het om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. As ons eerlik moet wees, dan sal ons moet erken dat sommige mense in die naam van Christenskap dinge “gepleeg” het wat skrikwekkend is. Die hartseer is dat dit dikwels hierdie dinge is wat die aandag trek en die nuusberigte haal. Ek is in my hart egter daarvan oortuig dat Christene meer goed as kwaad doen en dat hulle doen wat hulle glo hulle moet doen, en dikwels weet niemand eers wat hulle gedoen het nie. Ek vind dit waardevol om van tyd tot tyd net bietjie stil te raak en te kyk hoe vinnig beweeg ek in watter rigting en wat is die vordering wat gemaak is. Hierdie “geestelike evaluasie” is bedoel om daardie effek te hê. Ek het al as gevolg van hierdie evaluasie vir my ‘n hele paar geestelike doelwitte gestel.

Vandag se drie vrae wat mens laat nadink is:

16. Die gemeente (gemeenskap van gelowiges) wat Jesus ‘n werklikheid wil sien wees, is ‘n gemeente (gemeenskap van gelowiges) wat met God en met mekaar versoen is, (1) maar ek is selde betrokke by mense wat met God versoen raak; (2) Ek is somtyds betrokke by die mense wat met God en met mekaar versoen; (3) Ek is dikwels betrokke waar mense met mekaar versoen; (4) Ek help mense soms om met God te versoen; (5) Ek is daaraan toegewy om mense te help om met God en met mekaar te versoen.

17. Jesus was vol vruegde en ek is daarvan oortuig dat vreugde ‘n kenmerk is van iemand wat geestelik meer volwasse is. (1) Ek is selde vol vreugde; (2) Ek is dikwels geïrriteer deur mense wat blydskap en vreugde uitstraal; (3) Ek is soms geïrriteer deur mense wat vreugde en blydskap uistraal; (4) Ek is dikwels vol vreugde; (5) Ek is vol vreugde en blydskap wanneer ander vol vreugde en blydskap is.

18. Jesus het sonder twyfel in die ewigheid geglo en Hy was daarvan oortuig dat ons met dieewigheid in gedagte moet leef. (1) Ek erken ek onderdruk gedagtes oor die ewigheid; (2) Ek is ‘n bietjie skrikkerig met die gedagte van ewigheid en daarom dink selde daaraan. (3) Ek dink soms oor die ewigheid en dan wonder ek daaroor; (4) Ek dink nogal gereeld oor die ewigheid en dit beïnvloed redelik gereeld hoe ek lewe; (5) Ek dink dikwels aan die ewigheid en dit het ‘n besondere invloed en uitwerking op my lewe.

16: 3 – Ek is  dikwels betrokke by mense wat met God en met ander versoen. In alle eerlikheid moet ek egter sê dat ek meer fokus om die mens met wie te doen kry te help om sy/haar gevoelens van ‘n stukkende verhouding te verwerk as wat ek daarop fokus om hulle te versoen. Hierdie vraelys sit my aan die dink daaroor.

17: 3 – Ek is van nature ‘n meer ernstige mens, maar ek dink nie dit sou ‘n fout wees om meer kere te lag saam met die wat lag nie.

18: 3 – Ek dink soms oor die ewigheid en dan wonder ek ook daaroor. Iewers in my opleiding of in my geestelike vorming het ek so bewus geraak daarvan dat ek alles moet doen uit dankbaarheid vir alles wat God vir my gedoen het, dat ek feitlik nooit dink aan wat die impak van dit wat ek doen op die ewigheid gaan wees nie. Ek dink wel met tye oor hoe dit sal wees om die ewigheid in die Vaderhuis deur te bring, en dan is die “drome wat ek droom” so wonderlik dat ek weereens onderneem om dankbaar te lewe.

Hoe gaan dit met jou geestelike lewe?

2 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Die Christelike Lewe, Geestelike Self-Evaluasie, Nagedink

2 responses to “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (6)

  1. Se maar net

    More
    Jy se nou iets vandag wat ek nou net besluit het ek gaan doen na hierdie evaluasie…Ek wil n lys opstel vanal my mikpunte en teen my kas plak en daarna kyk elke dag en dit indrink en beoefen…..Want as ek dit hier los vergeet ke gou wat ek belowe het
    Dankie vir vir die herinering
    Vraag 16:3 jy weet ek dink nou spesifiek aan ons gemeente…ek dink party mense voel nog nie lekker ingeskakel nie…..party is te veel ingeskakel…..vergeet dan die Here…..dan wil ons net vure dooslaan en probleme uitsorteer maar vergeet van versoening
    Dit is ook n groot werk omte onthou
    Vraag17:4 Ek lag baie elke en is vol vreugde!!!! Attie jy lyk sommer meer ontspanne as jy lag….probeer dit gerus
    Vraag18:4 Ek is reeds nou besig om nog meer te leer oor die ewigheid Dit bly vir my n wonderlike gedagte
    Ek stem saam met dankbaarheid

  2. kaalvoetkind

    16. 5
    17. 4
    18. 3

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s