Monthly Archives: Augustus 2018

WYSHEID AS DEUG

In ons eredienste en kleingroepe fokus ons hierdie kwartaal op die deugde.

Die eerste week van hierdie kwartaal was 2 Petrus 1:3-11 ons teks. Met die teks het ons die tema van die deugde ingelei. Vers 5 was baie belangrik:

“En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde…” (2 Petrus 1:5-7)

Die eerste week het dit gegaan oor deugsaamheid. Die Griekse woord kan ook vertaal word met morele uitnemendheid. Dalk onthou jy, dat ons gesê het:

“’n Deugsame lewe is ‘n lewe wat goed geleef word, wat goed gaan en wat goed voel.” (Sien Miroslav Volf – Flourishing)

Ons het egter ook gesê. ‘n Lewe wat goed geleef word, kan soms beteken dat dit nie altyd goed gaan nie en nie altyd goed voel nie. Lees voort

Advertisements

7 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe