ons rit op die rivier

Tydens ons vakansie in die Drakensberge het ons ‘n bietjie op Tugela rivier gaan ry. Elkeen van die kinders het ‘n vriend/in saamgevat en daarom is daar ses kinders. As jy iemand hoor lag is dit my vrou wat vir my lag.

NET EEN GOD

Die geleerdes noem dit monoteïsme – daarmee wil ons sê dat alhoewel ons God as Vader, Seun en Heilige Gees aanbid en ken, is dit steeds net een God. Elke een van hierdie drie is dieselfde God wat Hom elke keer op ‘n ander manier aan ons bekend maak.

Christene se geloof het sy oorsprong in die Joodse godsdiens in die Ou Testament, m.a.w. ons glo en dink nie anders oor God as wat die Jode in die Ou Testament oor God gedink het nie.

Die Jode het geglo dat daar net een God is en dat dit die God is wat hemel en aarde gemaak het, Lees voort “NET EEN GOD”

Ek lees Sondag in Tim du Plessis se artikel in Rapport hierdie woorde:

Gewone Suid-Afrikaners en leiers in ander invloedsfere sal toenemend die inisiatief neem vir sulke noodsaaklike dinge soos groter nasionale eenheid, morele herstel, die verligting van menselyding, die skep van geleenthede en vir alles wat val onder die breë rubriek van “Om Suid-Afrika ’n beter plek te maak”.

Die artikel kan ook by Tim se blog gelees word.

Volgens Tim het die regering nie die wil of die vermoë om die dinge te doen wat daartoe sou kon bydra dat Suid Afrika ‘n beter plek vir almal kan wees nie. Lees voort

GOD SE KERSKAARTJIE (3)

Ongeveer 900 jaar na God se tweede kerskaartjie (Gen 12:14 en 15) maak God weer ‘n belofte, hierdie keer gebruik die Here die profeet Natan om die kerskaartjie te skryf in ‘n belofte aan koning Dawid dat die Messias uit sy nageslag gebore sal word. Ons lees  die seënwens van die kerskaartjie in 2 Samuel 7:16-17.

“Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun koning maak en aan hom ‘n bestendige koningskap gee. Hy sal vir my Naam ‘n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan. Lees voort “GOD SE KERSKAARTJIE (3)”

GOD SE KERSKAARTJIE (2)

Gister het ek ‘n paar woorde geskryf oor God se kerskaartjies en ons lees God se eerste kerskaartjie in Genesis 3:14 en 15 lees.

Die volgende kerskaartjie is in Genesis 12:1-3 waar God ‘n belofte aan Abraham maak:

“Ek sal jou ‘n groot nasie maak, Ek sal jou seën en en jou ‘n man maak en jy moet tot ‘n seën wees. Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek.  In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”

My eie verduideliking van die woorde “God se seën” is: God maak sy beloftes waar. As ‘n mens nou in gedagte hou dat God in Genesis 3:14-15 Iemand belowe wat die werk van die sonde ongedaan sal maak, dan beteken “seën” dat God daardie belofte gaan waar maak. Lees voort “GOD SE KERSKAARTJIE (2)”

GOD SE KERSKAARTJIE

Die gebruik van kerkskaartjies het in ‘n groot mate uitgesterf.

Toe ons kinders was, was dit nogal ‘n redelike groot aktiwiteit. ‘n Groot aantal kerskaartjies is gekoop en dan het ons ‘n lys gemaak van al die mense vir wie ons kerskaartjies wou stuur. Die gesin, of die individu wat die kaartjie stuur, se naam is in die kaartjie geskryf en soms met nog ‘n persoonlike boodskappie, dan is die koevert geadresseer en gepos. In daardie tyd het die poskantoor ook aan die begin van Desember begin waarsku dat mense hulle kerskaartjies vroeg moet pos as hulle wil hê die kaartjies moet voor kersfees hulle bestemming bereik.

In ons huis is die kerskaartjies wat ons gekry het, op ‘n plek uitgestal waar enige iemand, selfs besoekers die kaartjies kon lees. Elke keer as die pos uitgehaal is, het ons vir mekaar gesê watter nuwe kerskaartjies gekom het. Op die manier is ons herinner aan kersfees wat aan die kom was.

Die Here het vir ons ook ‘n kerskaartjie gestuur – inteendeel, ‘n hele paar. Voordat “kersfees” – die geboorte van die Messias, die Verlosser daar was het God reeds sy seën wense vir ons gestuur. Lees voort “GOD SE KERSKAARTJIE”

WANTROUE (2)

Ek het ‘n paar dae terug oor WANTROUE geskryf. Meeste van ons het die gewoonte aangeleer om op hierdie negatiewe manier te reageer wanneer ons agterkom dat mense ons nie vertrou nie. Dit help natuurlik nie ‘n mens weet net van ‘n slegte gewoonte nie – jy moet ook die slegte gewoonte met ‘n goeie gewoonte vervang.

Dalk vyf koninkryks-reaksies op wantroue.

1. In plaas van verdedig – gebed.

Die oomblik wat ‘n mens jouself wil verdedig, dan gebeur daar iets in ‘n mens wat maak dat jy minder sensitief is vir die ander een se gevoelens of nie regtig daarop ingestel is om te luister nie. Wantroue maak ‘n mens seer, maar in plaas daarvan om die seer na vore te laat kom deur jouself te verdedig, kan jy eerder bid en vra dat die Here jou sal help om hierdie persoon te sien soos Hy hom/haar sien. Lees voort “WANTROUE (2)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑