KRISIS OP KRISIS

Elke mens het sekere vaste oortuigings en selfs baie belangrike oortuigings oor hom-/haar self en oor hierdie wêreld. Hierdie oortuigings sluit die volgende in: Eie waarde; identiteit; hoop; toekoms; lewensdoel; lewenssin. Hierdie oortuigings kan beskryf word as die huis wat elkeen van ons vir onsself bou. Dwarsdeur ons lewens is ons besig om hierdie huis te bou. Die verwagting is dan dat hierdie huis my sal beskerm en bewaar teen die krisisse en aanslae van hierdie lewe.

Somtyds gebeur dit egter dat ons hierdie huise van ons op sand bou. Bv. kan een persoon sy hele selfbeeld en eie waarde bou rondom sy/haar fisiese voorkoms.

Iemand anders kan dalk weer sy/haar identiteit en self-verstaan bou rondom ‘n beroep waarvoor hy/sy baie jare lank voorberei het en waaraan hy/sy baie toegewy is. Lees voort “KRISIS OP KRISIS”

JESUS VERWAG DIE ONMOONTLIKE VAN ONS

Die boodskap van die evangelie is van so ‘n aard dat ‘n kind dit kan verstaan. ‘n Uitdrukking wat graag deur mense gebruik word, maar ‘n uitdrukking waaraan mense verskillende betekenisse gee.

Kinderlike geloof sou vir sommige beteken dat hulle op ‘n kinderlike wyse alles glo en aanvaar wat in die Bybel staan en dit nie bevraagteken of te veel daaroor wonder nie.

Ander sal weer vir jou beklemtoon dat ‘n kind juis geneig is om baie vrae te vra. Kinderlike geloof is dan vir hulle juis om nie alles vir soetkoek op te eet nie. Maar aanhoudend vrae te vra totdat daar by ‘n antwoord gekom word, wat hulle tevrede stel.

‘n Voorbeeld hiervan is ‘n vrou wat vir my ‘n e-pos stuur (Ek moet nog die vraag antwoord) met die volgende vraag: Het die Here die duiwel lief? Sy vra dit vir my want haar kind vra haar die vraag. Haar kind se redenasie is dat die Here ons die opdrag gee om ons vyande lief te hê, en die duiwel is Jesus se grootste vyand. Het Jesus die duiwel lief? Lees voort “JESUS VERWAG DIE ONMOONTLIKE VAN ONS”

WAARVANDAAN SAL MY HULP KOM?

“Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.

Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.

Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.

Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.

Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm.

Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd.”

(Psalm 121)

‘n Besondere mooi Psalm. Sê nou ons hou Bybelstudie hieroor en ons vra: Wie is God na aanleiding van hierdie Psalm?, Lees voort “WAARVANDAAN SAL MY HULP KOM?”

LIEFDE HET BAIE LANG ARMS

Ek lees die ander dag hierdie syfers: Vandag sal ongeveer 90 000 mense hulle lewe aan die Here Jesus oorgee.

In die Christelike wêreld is daar 1,06 miljard Rooms Katolieke, 386 miljoen in onafhanklike charismatiese gemeentes, 342 miljoen Pretestante, 215 miljoen Ortodoks, 79 Miljoen Anglikane.

Daar is meer anders-kleurige Christene as wat daar blanke Christene is.

Daar is meer Christene in die Suidelike halfrond as in die noordelike halfrond en die beweging is tans na die Suide en na die ooste.

Hierdie dinge gebeur omdat die kerk van die Here Jesus met arms van liefde uitreik na die wêreld.

Naledi Pandor het die twyfelagtige voorreg om feitlik daagliks die nuus te haal oor haar voorgenome eed wat in die skole gesê gaan word. Die eed krap ‘n paar van ons ernstig om.

Die gedagte van so ‘n eed is natuurlik stok oud. ‘n Eed as ‘n paar woorde wat mens opsê om jou te herinner aan waaroor dit nou eintlik gaan. Lees voort “LIEFDE HET BAIE LANG ARMS”

BYBELLEESPROGRAM

Ons Bybelleesprogram vir hierdie week is:

Maandag: Mat 22:37-39 en Mat 28:19 en 20

Dinsdag: Psalm 121

Woensdag: Mat 7:21-23

Donderdag: Miga 6:6-9

Vrydag: 1 Joh 2:3 en 4

Saterdag: 2 Johannes 1:1-13

Sondag: 3 Johannes 1:1-15

HUISKERKLEIERS IN CHINA GLO MEER, ERGER VERVOLG

Neels Jackson skryf in vanoggend se Beeld ‘n berig oor die huiskerke in China. China is die land wat hierdie jaar die Olimpiese Spele aanbied. Ek herhaal graag die volledige berig hier:

“Ons wil graag die Olimpiese Spele hê, maar nog meer wil ons liefde en geregtigheid hê.”

Onder die opskrif pleit ‘n Chinese huiskerkleier, Zhang Mingxuan, in ‘n ope brief op die webwerf http://www.chinaaid.org dat Christene in die res van die wêreld vir hulle vervolgde broers en susters in China bid.

Zhang skryf ondanks die Chinese regering se uitsprake oor godsdiensvryheid, word hy en ander Christene gereeld op grond van hul geloof vervolg. Lees voort “HUISKERKLEIERS IN CHINA GLO MEER, ERGER VERVOLG”

GENADE ALLEEN – Sola Gratia!

Een van die klassieke werke wat elke Christen na my mening behoort te lees is “The Pilgrims Progress” geskryf deur John Bunyan. Ek verstom my net elke keer oor die besondere rykdom in hierdie werkie. As jy die boekie op die internet wil lees kan jy hier “click” en lees: “The Pilgrims Progress”

Vandag wil ek net een parragrafie uit hierdie boek aanhaal:

“By Laws and Ordinances you will not be saved, since you came not in by the Door. And as for this Coat that is on my back, it was given me by the Lord of the Place whither I go; and that, as you say, to cover my nakedness with. And I take it as a token of his kindness to me; for I had nothing but Rags before; and besides, thus I comfort myself as I go: Lees voort “GENADE ALLEEN – Sola Gratia!”

WAT SÊ DIE AANHALING VIR JOU

“Jy moet sê: So sê die Here my God vir Jerusalem: Kanaän is die land van jou herkoms en jou geboorte. Jou pa was ‘n Amoriet, jou ma ‘n Hetiet.

Toe jy gebore is, is jou naelstring nie afgesny nie, jy is nie gebad nie, nie met sout ingevryf nie en nie in doeke toegedraai nie.

Niemand was oor jou besorg of het soveel vir jou oorgehad dat hy een van dié dinge vir jou gedoen het nie. Jy is met afsku behandel en in die veld weggegooi die dag toe jy gebore is. Lees voort “WAT SÊ DIE AANHALING VIR JOU”

DISSIPLINE VAN DIENSBAARHEID

Daar is hierdie besondere verse oor gebruike in die Ou Testament.

“Wanneer jy ‘n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar vir jou werk, maar in die sewende jaar moet jy hom vrylaat sonder dat hy jou iets daarvoor betaal.” (Eks. 21:2) “As die slaaf egter uitdruklik sou sê: ‘Ek is lief vir my eienaar en vir my vrou en my kinders. Ek wil nie vrygelaat word nie,’ moet sy eienaar hom in die teenwoordigheid van God bring, by die heiligdom se deur of kosyn, en daar moet die eienaar ‘n gaatjie in sy slaaf se oor steek met ‘n els. Dan is hy vir altyd sy eienaar se slaaf.” (Eks. 21:5-6)

Dan lees mens in die Nuwe Testament hierdie woorde van Paulus: “Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen.” (2 Kor 9:19)

Die slaaf van Eksodus was vry, dit was sy keuse om slaaf te bly. Paulus was heeltemal vry – dit was sy keuse om homself diensbaar aan God te stel. Die Griekse woord wat met “diensbaar” vertaal word is ‘n verbuiging van die woord “doulos” wat gewoonlik met slaaf vertaal word. Daar dan die effense kontak met die Eksodus 21 gedagte. Lees voort “DISSIPLINE VAN DIENSBAARHEID”

Blog at WordPress.com.

Up ↑