Hierdie uiters tragiese berig was vandag op die voorblad van Beeld. Jy kan ook ‘n video kyk van een sy maats wat by was toe Jacques Pretorius dood gesteek is.
‘Wil jy iets cool sien?”
Met dié woorde het ’n “besete” en gemaskerde gr. 12-leerling van ’n Krugersdorpse skool voor sy skoolmaats ’n medeleerling met ’n Oosterse swaard doodgekap.
“Pasop, hy’t sy kop verloor!” het matriekleerlinge glo geskree oomblikke voordat Morné Harmse van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs in Krugersdorp-Wes ’n samoerai-swaard uitgeruk en Jacques Pretorius (16) in die nek gekap het. Lees voort “SATAN SÊ EK MOET MOOR!”