DIE BYBEL IS UNIEK IN SY AANSPRAKE

Ek het my vrou lief. Vir my is sy die mooiste vrou wat daar is. Ek wil met geen ander vrou die verhouding hê wat ek met haar het nie. Sy is die een by wie ek aan die einde van die dag tot rus kom. Elke more as ek wakker word is dit vir my een van die wonderlikste dinge dat ek haar mag liefhê en dat sy my op so ‘n besondere manier liefhet.

Dit maak dalk nie vir jou sin dat ek haar so liefhet en dat ek by geen ander vrou wil wees nie en dat dit vir my so besonders is om saam met haar te wees nie. As jy vir my sou vra waarom ek haar dan meer liefhet as ander vrouens sal ek vir jou ‘n paar redes kon aanvoer, maar op ‘n punt gaan jy bly vra en vra en dan gaan ek sê: Dit is nie vir my belangrik dat jy moet verstaan waarom ek my vrou so liefhet en waarom sy vir my so spesiaal is nie. Die feit dat jy dit nie kan verstaan nie, gaan ook nie maak dat ek haar minder liefhet nie.

Met hierdie voorbeeld probeer ek op ‘n onvolmaakte en gebrekkige manier verduidelik hoe ek oor my geloof dink en voel, en dan in hierdie geval ook waarom ek glo dat die Bybel die manier is waarop God gekies het om met mense te kommunikeer.

Die Bybel is uniek saamgestel; Die Bybel is uniek in sy verspreiding; Die Bybel is uniek in sy bewaring. Hierdie dinge maak die Bybel ‘n unieke boek. Hierdie dinge is vir my genoegsaam om te aanvaar dat die Bybel ‘n besonder unieke rol in my lewe behoort te speel. Ek sal nooit by wyse van redenasies en feite kan bewys dat die Bybel die Woord van God is nie. Daarom is dit ook vir my belangrik om te weet watter unieke aansprake die Bybel oor die Bybel maak.

Christene maak hierdie aanspraak: Lees voort “DIE BYBEL IS UNIEK IN SY AANSPRAKE”

DIE BYBEL IS UNIEK IN SY BEWARING

Teoloë maak die gewaagde stelling dat die Bybel in die oorspronklike tale 99% is wat die oorspronklike skrywers geskryf het. Indien ‘n mens die bewering maak dat die Bybel in Grieks, Hebreeus en Aramees soos ons dit vandag het 99% is soos die skrywers dit oorspronklik geskryf het, moet ons so ‘n aanspraak op een of ander manier kan staaf.

In die tyd toe die Bybel geskryf is, was daar nie fotostaatmasjiene en drukperse ens. nie. As hulle daardie tyd meer as een afskrif van ‘n dokument wou gehad het, moes hulle dit oorskryf. Lees voort “DIE BYBEL IS UNIEK IN SY BEWARING”

DIE BYBEL IS UNIEK IN VERSPREIDING

DIE BYBEL IS UNIEK IN VERSPREIDING

Die Bybel is alreeds in 2000 verskillende tale vertaal en elke vertaling word vanuit die oorspronklike Grieks, Hebreeus of Aramees vertaal. Geen ander boek is naastenby in soveel tale vertaal nie en die Bybel is jaarliks die boek waarvan daar die meeste verkoop word. Volgens die Genius Book of Records is daar reeds meer as 2.5 biljard Bybels gedruk.

Die Ou Testament is aanvanklik in Hebreeus geskryf, maar in 250 v.C. word die Ou Testament in Grieks vertaal, sodat die Ou Testament ook vir die Griekse gemeenskap toeganklik kon wees. Die vertaling staan bekend as die Septuagint.

DIE BYBEL IS UNIEK IN OORLEWING.

Verskillende magtige mense en instansies het al probeer om die Bybel te vernietig en te verhinder dat dit verder versprei word en om mense te oortuig dat die Bybel ongeloofwaardig en vol foute is. Lees voort “DIE BYBEL IS UNIEK IN VERSPREIDING”

DIE BYBEL IS UNIEK SAAMGESTEL

‘n Baie interessante en moet ek sê beleefde gesprek het verlede begin oor die Bybel as die Woord van God. Ek was aangenaam verras met die manier waarop ouens wat van mekaar verskil die egsprek hanteer het en dat daar nie wedersyds kwetsende dinge gesê is nie.

Die Bybel is op ‘n paar punte uniek. Daarmee bedoel ek dat ek van geen ander boek weet waarvan dieselfde dinge gesê kan word as wat van die Bybel gesê word nie. Dit inligting is heeltemal te veel vir een “post” sou ek gaan dit oor ‘n paar “posts” versprei.

Ek wil nie nou of later elke een van hierdie besware probeer antwoord nie, maar wat ek wel in verlede week se gesprek agtergekom het, is dat mense redes kan gee waarom hulle sukkel om te aanvaar dat die Bybel die woord God is nie. Sommige van die die mense met hierdie besware is eerlik aan die worstel oor die gesag en die aansprake van die Bybel. Lees voort “DIE BYBEL IS UNIEK SAAMGESTEL”

HOE KAN DIE BYBEL DIE WOORD VAN GOD WEES?

My studeerkamer staan die hele huis vol aangesien ons bietjie opknappingswerk in die huis doen en my rekenaar afgeskakel is. Aangesien ek die meeste van my skryfwerk in die nag doen, kry ek deesdae nie regtig kans om te “blog” nie.

Ek het egter vandag ‘n paar van julle se insette nodig. Ek praat Sondag-aand met die tieners oor die Bybel as die Woord van God. Ek wil inleidend ‘n paar opmerkings maak oor wat mense wat nie glo dat die Bybel die Woord van God is nie, oor die Bybel sê. Lees voort “HOE KAN DIE BYBEL DIE WOORD VAN GOD WEES?”

HOE LEES ONS DIE BYBEL (i)

Ek lees op hierdie stadium ‘n besonder leersame boek van NT Wight – The New Testament and the People of God.  

Ek vermoed ek sal van tyd tot tyd nog ‘n paar “posts” skryf oor wat ek by Wright leer. Op hierdie stadium het ek veral die gedagtes oor hoe ‘n mens ‘n teks lees, baie waardevol gevind.

‘n Mens kan die Bybel (of waarskynlik enige ander teks of artikel) op vier verskillende maniere lees. Die maniere waarop mens dan ‘n teks lees, stem in ‘n groot mate ooreen met sekere tydperke. Die vier tydperke is: Die pre-kritiese; die tydperk van die Verligting waar de teks meer in sy historiese konteks gelees is; In die teologiese tydperk is meer vrae aan die teks gevra en laastens is natuurlik die post-moderne lees literêr kritiese lees van ‘n teks. Lees voort “HOE LEES ONS DIE BYBEL (i)”

GOD AAN DIE WERK IN ‘N GEVANGENIS

Ek het ‘n hele rukkie terug ‘n “post” geskryf oor die wonderlike werk wat in ‘n tonk in die VSA gedoen word. (Ongelukkig kan ek nie daardie “post” van my opsoor nie.) My “post” was gebaseer op ‘n artikel wat ek gelees het met betrekking tot een van die leiers in die VSA wat trinkstraf uitgedien het en toe met ‘n bediening in gevangenisse begin het. Die gevangenisse het die Here Jesus leer ken, en dit het hullehele lewe verander en die gevangenisse het al hoe meer verantwoordelikheid vir mekaar en vr hulleself aanvaar.

Daar was persone wat die geloofwaardigheid van die “post” en selfs die waarheid daarvan bevraagteken het. Brian McClaren het nou ‘n post geskryf wat basies dieselfde verhaal vertel, maar hy het ook ‘n paar skakels waar mens kan gaan kyk om die gebeure te verifieer.

Ek glo nie die een wat die waarheid van die “post” bevraagteken het lees meer die “blog” nie, maar dit is in elk geval ‘n besondere getuienis om te lees.

OOR VERGIFNIS EN SPLINTERS EN BALKE EN HONDE EN VARKE

In my stiltetyd werk ek deur die Saligsprekinge in Matteus 5-7. Daar is dae wat ek nie daarby uitkom nie, maar ek gooi nooit tou op nie. Op hierdie stadium is dit meestal een dag ‘n week wanneer ek nie daar uit kom nie. Vanoggend is een van daardie oggende omdat ek net tussen drie uur en half- ses geslaap het. Maar in my gedagtes bly ek besig met die gedeeltes wat ek in my stiltetyd lees.

Die gedeelte wat ek gister gelees het was Matteus 7:1-6. Dit is die gedeelte oor oordeel en spinters in ander se oë en balke in jou eie oë. Maar nou onthou ek ook dat ek ‘n rukkie terug oor Matteus 6:5-14 gelees het – die gedeelte waar ons die Ons Vader gebed lees.

In Matteus 6:14 lees ek daardie woorde wat my bietjie bang maak. Daardie woorde wat sê dat as ek ander hule oortredings ( teenoor my) vergewe sal die Vader ook my oortredings (teenoor Hom) vergewe.

Laat ek eers iets sê oor vergifnis. Smedes besryf die verksilende stadiums van vergifnis so: Lees voort “OOR VERGIFNIS EN SPLINTERS EN BALKE EN HONDE EN VARKE”

ABRAHAM LINCOLN EN LEIERSKAP

Ek kry e-kerk se nuusbrief en daar is baie kere artikels in wat vir my waardevol is. Hierdie een oor leierskap het hierdie week my aandag getrek:

Meeste Amerikaners beskou Lincoln as een van hulle grootste presidente. Wat ons wel kan sê, is dat hy ‘n groot leier was en vir elkeen van ons ‘n voorbeeld is van wat bereik kan word as jy jou op iets toespits

Hy is in ‘n houthuis gebore; hy het minder as een jaar formele opvoeding gehad – en hy word president. Wat egter opvallend is, is sy mislukkings: Lees voort “ABRAHAM LINCOLN EN LEIERSKAP”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑