HELP MY PREEKMAAK

 Lees hier ‘n GEBED vir vandag.

Ek maak vandag (Vrydag 31 Augustus) preek met die oog op Sondag. Ek preek Sondag-oggend uit Jona 4. Warren Wiersbe se opskrif in sy kommentaar oor Jona 4 is: “God in the hands of an angry sinner.” Dit gebeur soms dat ‘n mens kwaad word vir God. Jona was egter kwaad omdat God se genade volgens hom (Jona) te groot was. Lees bietjie deur Jona 4. Wat dink jy is die boodskap van Jona. Lees voort “HELP MY PREEKMAAK”

BAIE VERTROU DIE KERK

Ek lees in Beeld van Dinsdag 28 Augustus van ‘n stukkie navorsing wat die Sentrum vir Internasionale en Vergelykende Politiek saam met Markinor gedoen het. In ‘n Suid Afrikaanse peiling oor waardes , het kerke die beste gevaar in die vertrouensindeks. 85% van die respondente sê hulle vertrou die kerk. Daarna volg die president en TV elk met 75%.

Lees voort “BAIE VERTROU DIE KERK”

ONS EINTLIKE UITDAGING

As Christene is ons uitdaging om die liefde en die genade van ons Here Jesus Christus sigbaar te maak in hierdie wêreld.

Watter wonderlike voorbeeld is Moeder Theresa nie.

Twee kort video snitte wat die Here Jesus se liefde vir mense wat swaarkry deur haar wys.

Moeder Theresa 1.

Moeder Theresa 2.

Wees gewillig en beskikbaar.

Hier kan jy KOMMENTAAR lewer of ander se kommentaar lees.

Seks en seksualiteit.

Ek sal maar waag om iets oor seks te sê.

Die Bybel is die ewiggeldende Woord van God in mensetaal. In die Bybel gee God vir ons riglyne vir die lewe. Ons leef natuurlik nie volgens in hierdie riglyne om punte by Hom te kry of om Hom te beïndruk of om seker te maak Hy doen wat ek vra die volgende keer as ek bid nie. Meeste van die tyd wil Hy ons keer om iets te doen wat ons self en/of die mense rondom ons skade sal doen of sal seermaak. So ook die Bybelse riglyne oor seks. Die riglyne wil ons help om mense nie seer te maak nie. Lees voort “Seks en seksualiteit.”

Ses dinge wat ek glo.

Elke tyd vra sy eie vrae met betrekking tot die kern van ons geloof. 

Die geloofsbelydenis wat ons by geleentheid in die kerk sê is natuurlik een van die beste samevattings van die kernwaarhede van ons geloof. Mens kry egter soms die indruk dat sommige mense die geloofsbelydenis sê met hulle vingers agter hulle rug gekruis. (Laerskool kinders kruis hulle vingers agter hulle rug en dan mag hulle maar lieg. Ek dink amper hulle sê nog iets soos “nix” ook.)  Lees voort “Ses dinge wat ek glo.”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑