Sommige mense sal sê ek leer nie. Ek volg bietjie ‘n debat op Scott mcKnight (Jesuscreed.org) se “blog” oor homseksualiteit. Ek het ‘n ‘n vorige persoon se skrywe hierheen ge-copy en bietjie gesprek uitgelok. Soekend sal ek dit nou maar waag om nog ‘n jong man se brief in hierdie verband te plaas.
My redenasie is dat die meeste mense wens dat hulle nie nodig het om oor hierdie sake te dink nie, omdat hulle nie duidelike en klinklare antwoord hieroor kan formuleer nie. Nou stimuleer ek maar op hierdie manier ‘n paar mense se gedagtes en vroetel aan nog ‘n paar se ontkennings. Ek het ook nie die finale antwoord nie, maar ek gaan aanhou wonder en soek en praat sof ‘n antwoord in hierdie lewe moontlik sou wees. My hart gaan uit na hierdie jong man.
Jy kan hierdie jong man se brief lees as jy wil. Lees voort “DIE HOMOSEKSUALITEIT DEBAT (VERVOLG)”