Monthly Archives: Januarie 2018

Laat U Koninkryk kom (31 Des 2017)

Ek plaas hier my notas wat ek gebruik het toe ek oor Psalm 126 gepreek het. Die aantekeninge is nie in ‘n leesstyl noodwendig nie. Dit is geskryf in die preek-genre.

Die erediens was ons gemeente se laaste erediens vir 2017 op 31 Desember 2017.

Ek hoop dit kan vir jou iets thy-kingdom-come-web-portfoliobeteken:

Hierdie is die laaste aand van 2017. Mens kry soms die gevoel van: Iewers tussen niks en nêrens. Hierdie is die een tyd van die jaar wat ons agtertoe kyk en ook vorentoe.

Geen jaar was ooit alles net sleg nie. Geen jaar was ooit alles net goed nie. Elke jaar was altyd ‘n mengsel tussen goed en sleg. Elke jaar wat voorlê sal ook weer so ‘n mengsel wees. Elke jaar is mengsel tussen dankbaarheid en klaaglied. ’n Mengsel tussen hemel en hel.

Psalm 126 is ‘n baie handige Psalm in so ‘n tyd. Die eerste woorde van die Psalm is reeds waardevol: ‘n Pelgrimslied. Lees voort

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Gebed, Preke