Ek tel veral by tieners die gevoel op dat hulle dink dat hulle verhoudings met hulle ouers nie so belangrik is nie. Daar is natuurlik ouers wat ook so voel. Tieners wens hulle is al uit die huis uit en ouers kan nie wag dat die tieners uit die huis uit moet kom sodat dinge rustig en meer ontspanne kan raak nie. Intussen is tieners se verhouding met hulle ouers baie belangrik, veral omdat dit die plek is waar hulle sosiale vaardighede aanleer.
Die gesin is die beste en die veiligste plek waar sosiale vaardighede aangeleer word. Veilig omdat daar tog ‘n band is wat sterker is as enige ander band en waarheen ‘n mens altyd terugkom al was die skermutseling hoe erg. Lees voort “ouer-tiener verhoudings is belangrik”