DIE BELHAR BELYDENIS IN KONTEKS

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het op die pas afgelope sitting besluit om die Belhar Belydenis op kerkordelike wyse ’n Belydenisskrif van die NG Kerk te maak. Die besluit van die Algemene Sinode het slegs die proses aan die gang gesit om die Belhar belydenis een van die Belydenisskrifte van die kerk te maak.

Die besluit lees so:

“Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel.”

Alhoewel ek nie 100% seker is van die proses nie, verstaan ek dat twee derdes van alle kerkrade met ’n twee-derde meerderheid Belhar as Belydenisskrif moet aanvaar voordat dit ’n Belydenisskrif kan wees. Die reaksie op die besluit toon dat hierdie ’n hoogs emosionele saak is en dat die pad vorentoe nie maklik gaan wees nie. In teorie is daar dus ’n moontlikheid dat plaaslike kerke en streek-sinodes die proses sou kon stuit.

ANDER BELYDENISSKRIFTE

Ek het reeds ’n paar gesprekke hieroor met individue gevoer. Vir baie van hulle het ek twee vrae gevra. Lees voort “DIE BELHAR BELYDENIS IN KONTEKS”

Missionale Kleingroepe

Missionale kerkwees is die woord wat al hoe meer die mode-woord word om te gebruik. Goeie mode-woord. Missionale kerkwees is belangrik.

Ek het gisteraand beleef dat die Here besig is om mense te verander om meer missionaal te wees. Ons kry bietjie terugvoer by ons kleingroepe oor hoe hulle die Romeine 12 veldtog beleef het. Alles is nie positief nie, maar deel van die terugvoer is juis om te hoor waaraan ons moet werk.

Gisteraand se groep het my opgewonde gemaak. Vir die wat dalk nie die agtergrond van ons gemeente ken of nie deel was van die gebeure van die laaste ses weke nie, bietjie meer inligting. Lees voort “Missionale Kleingroepe”

KAN BYBELLEES MENS VERANDER?

Ek lees in hierdie week ’n artikel in Christianity Today oor navorsing wat deur LifeWay Research gedoen is met betrekking tot die invloed wat Bybellees op mense het.  Alhoewel hierdie navorsing in die VSA gedoen is, kan dit tog ook ’n aanduiding wees van wat ons kan verwag.

89% van die gesinne in die VSA het Bybels en die gemiddelde gesin het 4.1 Bybels in die huis. In hierdie navorsing het hulle egter spesifiek gevra na die verskil in mense se leefstyl wanneer iemand die Bybel op sy eie lees. Byvoorbeeld het die navorsing getoon dat gereelde Bybellesers se weerstand teen aborsie en homoseksuele huwelike en verbintenisse toegeneem het.

Die navorsing het egter ook bevind dat mense wat gereeld die Bybel op hulle eie lees meer en meer daarvan oortuig is dat die wetenskap kan bydra om die heerlikheid van God te openbaar en dat wetenskap en die Bybel tog op ’n manier versoenbaar is. Lees voort “KAN BYBELLEES MENS VERANDER?”

DIE VOLLE EVANGELIE

Scot McKnight se boek: “The King Jesus Gospel: The Original Good News Revisited.” is n besondere boek.

Scot is die Karl A Olsson Professor in Religious Studies aan North Park University in Chicago in die die VSA. Scot is ’n wel erkende Nuwe-Testamentikus. Hy het Suid-Afrika reeds by twee geleenthede besoek en ek en Renate het die voorreg gehad om by die eerste geleentheid hom as ons gas te hê.

Ek het die boek regtig geniet. Ek dink sekere van sy uitsprake sal kritiek ontlok. Tog was daar ‘’n paar momente wat vir my uitstaan. Die ontstaan van veral die Apostoliese Geloofsbelydenis en die belydenis van Nicea was weer vir my interessant om te lees. Hy herinner ons ook daaraan dat die belydenisse die samevatting is van die Evangelie – die volle evangelie. Die manier waarop hy die kerkgeskiedenis gebruik om sy argumente te staaf en te verduidelik is sommer net lekker.

Scot skop in hierdie boek teen die gereduseerde evangelie waarmee sy eie geloofsgemeenskappe, die “evangelicals”, geneig is om te werk. Lees voort “DIE VOLLE EVANGELIE”

MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE

Ek praat later vanoggend met ‘n groep dominees oor MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE.

Toe ek aanvanklik oor die onderwerp begin dink het, het my gedagtes vasgesteek by ALTERNATIEWE GELOOFSGEMEENSKAPPE. Die gedagte was dat die tradiosionele geloofsgemeenskap wat ons as dominees bedien en wat die meeste van ons lidmate ken, nie die oorgang sal kan maak om werklik missionaal te wees nie, en daarom het ons nodig om aandag te gee aan alternatiewe geloofsgemeenskappe wat die missionêre roeping van die kerk verder sou neem terwyl ‘n sekere deel van ons energie gegee word vir die “instandihouding” van die bestaande deur hulle te bedien soos hulle bedien wil word en nog altyd bedien is.

Ek het toe met ‘n paar alternatiewe geloofsgemeenskappe kontak gehad. Geloofsgemeenskappe wat gebore is uit iets wat vir my lyk na ‘n ontnugterings-ervaring. Lees voort “MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE”

GEREDUSEERDE EVANGELIES VRA PROGRAMME

Ek hoor hierdie week by twee geleenthede dat die NG Kerk nou vir die eerste keer in die geskiedenis meer lidmate bo 60 as onder 18 het. Die gegewens maak my bekommerd. Ek is nie bekommerd daaroor dat die NG Kerk gaan ophou bestaan nie. Die voortbestaan van enige kerk, gemeente of groep net om te voortbestaan is nie vir my hoë prioriteit nie. Ek sou graag wou dink dat die koninkryk van God vir my belangrik is.

Ek hoor klaar die stemme wat opgaan: Wat gaan ons doen om ons jeug te behou? Indien hierdie stemme dieselfde roete gaan as die vorige kere, kan ons gereed staan vir ’n paar netjiese programme om kerk vir jongmense so lekker te maak dat hulle weer sal kom en sal bly kom.

“Attractional” vs “Missional” sal deel van die gesprek wees.

“Attractional” behels onder andere dat alle bestaande erediensgangers hulle voorkeure moet prysgee om die erediens ‘n geleentheid te maak wat jongmense sal trek. Lees voort “GEREDUSEERDE EVANGELIES VRA PROGRAMME”

Blog at WordPress.com.

Up ↑