SEERDER AS SEER KAN GENEES

Twee moeilike dae agter die rug.

In hierdie twee dae het iemand my seerder as seer gemaak, ‘n seer wat my baie diep geraak het.

Woensdagnag glad nie geslaap nie, verlede nag net tot drie uur geslaap. Drie-uur opgestaan en ek het geweet ek moet hierdie saak by en met my Vader gaan uitsorteer. Amper soos Jakob by die Jabok: Ek sal U nie los voordat U my seën nie.

Ek kom verduidelik toe vir die Vader wat alles gebeur het – asof Hy nie self daar was en weet wat alles gebeur het nie. Toe ek Hom klaar vertel het wat Hy in elk geval reeds geweet het, toe voel ek al klaar ‘n bietjie beter.

Soos gewoonlik is daar in my gebedstyd ‘n stukkie stilte. Lees voort “SEERDER AS SEER KAN GENEES”

WANTROUE

Na gister se inskrywing oor “Geestelik maar nie Godsdienstig”, besef ek dat die groep mense wat op soek is na ‘n geestelike belewenis met ‘n Opperwese die kerk en kerkleiers nie meer vertrou nie – daar is wantroue, ernstige wantroue. Een moontlike reaksie op hierdie situasie van wantroue is om vir die kerk tong uit te steek en te sê: “Kyk wat het julle aangevang!”So ‘n opmerking sal egter nooit die saak van die koninkryk van God kan bevorder nie.

Ek kom baie kere agter dat mense hierdie wantroue uitspreek of wys wanneer hulle hoor dat ek ‘n Christen is. Dikwels word die gesprek summier beëindig.

Dit is natuurlik vir niemand ‘n aangename ervaring om te hoor of te beleef dat hy/sy nie vertrou word nie. Lees voort “WANTROUE”

GEESTELIK MAAR NIE GODSDIENSTIG NIE

Ek gesels ook op Facebook met ‘n paar mense. ‘n Paar dae terug lees ek by iemand se godsdienstige voorkeur die woorde “Spiritual but not Religious” raak. Ek verstaan toe nie presies wat met die uitdrukking bedoel word nie en gaan lees toe ‘n bietjie meer oor wat met die uitdrukking bedoel word.

Ek kom toe op ‘n artikel van Robert C Fuller af wat verduidleik wat die uitdrukking beteken.

Volgens Fuller identifiseer 1 uit elke vyf – helfte van die kerklose mense – hulleself met hierdie uitdrukking, en is dit moontlik dat verskillende mense die uitdrukking verskillend verstaan. Lees voort “GEESTELIK MAAR NIE GODSDIENSTIG NIE”

DIE BLOGOSFEER ‘N NUWE VORM VAN KERK

Een van my verantwoordelikhede by ons gemeente is die bediening aan die tieners. (Hopelik is dit teen 1 Januarie 2009 die wonderlike voorreg van ‘n jonger persoon om die uitdagende werk te doen.) Die tieners in ons gemeente (Graad 7-Graad 12) is ongeveer 400. Ons het elke Sondag-aand ‘n erediens vir die tieners waar ek verantwoordelik is vir die preke. As ons aanvaar dat ons oor hierdie 16 maande elke aand 400 tieners in die kerk gehad het (Wat nie so is nie, want hulle is nooit 100% teenwoordig nie en ons het nie tiener-eredienste in die vakansietye nie.) dan was daar in die 64 weke (16 maande) ongeveer 26 000 (64X400) tieners met wie ek gepraat het.

Ek het op 23 Augustus 2007 my eerste “post” hier geskryf. Sedertdien het ek met die uitsondering van ongeveer ‘n maand feitlik elke dag hier kom skryf – ‘n gemiddeld van 6 “posts” per week. Lees voort “DIE BLOGOSFEER ‘N NUWE VORM VAN KERK”

SOMS VERANDER ‘N MENS JOU STANDPUNT

‘n Mens se verhouding met die Here bly ‘n wonderlike ding.

Dit wat ek die vorige paar dae geskryf het, het gegaan oor die manier waarop ‘n mens tog kan terugkom na die Here toe. Eers het ek geskryf oor hoe daar so ‘n stuk leegheid of geestelike stilte in ‘n mens se lewe kom. Toe skryf ek oor hoe die Here ‘n mens terug verwelkom na ‘n uitstappie in die “geestelike woestyn”. Gister skryf ek oor twyfel want ek dink dit is ‘n wesenlike deel van die oorgrote meerderheid van God se kinders se geestelike lewe.

As ek vanoggend terugkyk op hierdie week wat verby is, dan besef ek die eerste tree na die herstel van ‘n mens se verhouding met God is die erkenning dat die verhouding herstel nodig het. Lees voort “SOMS VERANDER ‘N MENS JOU STANDPUNT”

KAN GOD DEUR MY WERK?

Ek lees ‘n ruk terug hierdie woorde:

God often does His work thorugh ‘holy fools’, dreamers who strike out in ridiculous faith…

In die wêreld en die tyd waarin ons lewe is dit intelligensie, voorkoms, selfvertroue en gesofistikeerdheid wat die aandag trek. Alles dui daarop dat dit by die Here anders is. In die Bybel, maar ook deur die verhale in die geskiedenis, maak God dikwels staat op eenvoudige mense wat dikwels nie veel meer weet as om Hom te vertrou nie. Baie kere is dit juis hierdie mense deur wie Hy wonderwerke doen. Lees voort “KAN GOD DEUR MY WERK?”

DIE GEESTELIKE STRYD VAN ‘N DIENSKNEG

Moeder Teresa is een van my rolmodelle, onder andere vir die self-loosheid (is daar so ‘n woord?) waarmee sy in die strate van Calcutta haar werk gedoen het en ander aangespoor het om saam met haar die werk te doen.

Sy was alreeds een van my rolmodelle toe haar geestelike stryd in 2002 bekend geword het. Haar stryd is onder so beskryf:

“Mother Teresa, put on the fast-track to sainthood by the Pope after her death five years ago, was tormented by a crisis of belief for 50 years, her writings reveal.

Her letters and diaries present a completely different picture of the nun and Nobel peace laureate from her public image as a woman confident of her faith.”

Ek het gister geskryf oor hoe ek sukkel om te skryf. Ek het egter nie gesê hoe ek sukkel om te bid en Bybel te lees nie, en eerder die tye wat ek alleen by die Here moet wees by die venster sit en sommer net niks doen nie. Lees voort “DIE GEESTELIKE STRYD VAN ‘N DIENSKNEG”

EK WOU IETS KOM SKRYF HET…

Ek het vroeg vanoggend kom sit en telkens probeer om iets sinvol op die blog te kom skryf.

Ek kyk by my venster uit en ek sien die mooi groen gras na die laaste week se reën; ek sien die Magaliesberge waarvoor ek so lief geword het; ek het vir my gesin koffie geneem en terwyl ek die koffie neersit het ek in my gedagtes vir die Here vir elke een van hulle dankie gesê en ook gebid vir dit wat ek weet vandag vir hulle voorlê. Ek hoor nou hoe my gesin in die huis besig is om wakker te word en reg te maak vir die dag.

Maar, na verskeie probeerslae is daar steeds niks om te skryf nie. Lees voort “EK WOU IETS KOM SKRYF HET…”

‘N WEEK BY MARGATE SANDS

My swaer het ‘n week (22-29 November) by Margate Sands wat hulle nie kan gebruik nie. Teen R3000 is die week by die see joune. Stuur vir my ‘n e-pos deur op “Kontak my persoonlik” te klik, en ek bring jou in kontak met hulle.

KAN DIE ANC BINNE DIE VOLGENDE 8 JAAR…?

Die dinge in ons ou landjie lyk nie goed nie.

Misdaad word steeds erger.

ESKOM se krag is skielik weer skaars as dit naby aan begrotingstyd kom.

Korrupsie word erger.

In hierdie week se koerant lees ek weer van ‘n konstabel wat een van die ministers se drywers is, wat ‘n ander man se band stukkend skiet omdat hy nie vinnig genoeg uit sy pad uit kom toe hy verby jaag nie. Die man het op die ou end teen ‘n aankomende vragmotor gebots. Toe die polisie hom wou arresteer het ‘n paar van die ministers probeer keer dat hy gearresteer word. Lees voort “KAN DIE ANC BINNE DIE VOLGENDE 8 JAAR…?”

Blog at WordPress.com.

Up ↑