STILSATERDAG – JESUS IN DIE GRAF

Wanneer ons nadink oor hierdie dag waarop Jesus in die graf was, kan ons veral na ons GELOOFSBELYDENIS kyk om iets meer daarvan te verstaan. Twee artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis het hierop betrekking, Jesus is begrawe en Jesus het ter helle neergedaal.

JESUS IS BEGRAWE

Calvyn het in die “begrawe” wees van Jesus die oorwinning oor die dood gesien. Lees voort “STILSATERDAG – JESUS IN DIE GRAF”

DIE KLIPPE SAL DIT UITROEP

Ek lees vanoogend Lukas 19:28-40 wat handel oor Jesus se intog in Jerusalem. Wanneer ek die teks die eerste keer vanoggend lees, tref dit my dat die dissipels hulle klere uittrek en voor Jesus op die pad oopsprei (Sien vers 36). Hulle het waarskynlik ook alte goed geweet watter profesië op daardie oomblik in vervulling gaan. Hier is die teksgedeelte:

28 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe. 29 Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag: 30 “Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar ‘n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. 31 En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.”

32 Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê het. 33 Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die donkie los?”
34 Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.”
35  Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim. 36Terwyl Hy aanry, het hulle van hulle klere op die pad oopgegooi.
37Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het. 38 Hulle het gesing:
“Loof die Koning,
Hy wat in die Naam van die Here kom!
Vrede in die hemel
en eer aan God in die hoogste hemel!”
39 ‘n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!”
40 Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”

Die metode wat ons vanoggend gebruik is die BID DIT! metode. Hierdie is ‘n verhalende gedeelte, so die SIEN DIT! metode sou beter gewerk het. Ek gaan die twee probeer kombineer. Lees voort “DIE KLIPPE SAL DIT UITROEP”

THE ART OF CURATING WORSHIP (2)

Ek gaan ‘n paar artikels op die koffietafel plaas oor Mark Pierson se boek The Art of Curating Worship. Ek het reeds my eerste artikel HIER geplaas.

Vroeg in sy boek vra Pierson reeds twee baie belangrike vrae. Wat is kerk? en Wat is aanbidding? Hy antwoord dan elkeen van die vrae soos volg:

WAT IS KERK?

In my vorige skrywe het ek gemeld dat wat vir Pierson “kerk” is, is vir ons waarskynlik erediens. Hierdie gevolgtrekking van my word nog duideliker wanneer hy sy antwoord op die vraag gee. Sy eerste sin is: “Why do we come together as Christians at all? Lees voort “THE ART OF CURATING WORSHIP (2)”

DIT GAAN NIE OOR MY NIE

My voorbereiding vir die naweek se geleenthede maak my intens bewus van Jesus se lyding. Vir Vrydag-oggend se erediens werk ek rondom die Geluide van die Lydensweg. Geluide wat begin by die soldate wat kom om Jesus te arresteer en dan eindig by die geluid van die graf wat toegaan. Psalm 31 verwoord vir my iets van wat Jesus in daardie tyd moes gebid het. Ons weet van net een sinnetjie wat Hy in die tuin van Getsemané gebid het en dit is:

My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” (Matteus 26:39)

Ons weet egter dat Jesus twee keer teruggekom het en twee keer sy dissipels aan die slaap gekry het en elke keer het Hy weer teruggegaan om verder te bid. Sonder twyfel moes Jesus Psalm 31 geken het. Ek wonder of dit dalk deel was van sy gebed daardie aand.

10 Wees my genadig, Here, want ek is in die nood; van verdriet het my oë swak geword, ja, alles in my.

11 My lewe vergaan van kommer en my jare van swaarkry; deur my ellende word my krag geknak en teer my liggaam uit.
12 Ek is die spot van al my teëstanders, veral van my bure, ‘n verskrikking vir al my bekendes.
Dié wat my op straat sien, vlug vir my.
13 Ek is vergeet soos iemand wat lankal dood is, ek het geword soos ‘n ding wat lê en vergaan.
14 Ek hoor dreigemente van baie; dit dreig van alle kante af.
Baie span teen my saam en smee planne om my lewe te neem.
15 Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God.
16 My tye is in u hand.
Red my uit die hande van my vyande en vervolgers!

Die metode waarna ek vanoggend na die Psalm kyk is die MAAK DIT PERSOONLIK! metode. Lees voort “DIT GAAN NIE OOR MY NIE”

THE ART OF CURATING WORSHIP (1)

Ek lees Mark Pierson se boek The Art of Curating Worship: Reshaping the Role of Worship Leader. Mark Pierson het op ‘n stadium HIER ge-blog.  Pierson is vir 15 jaar lank wat hy noem ‘n “worship curator” in Nieu Zeeland. Hy doen wat hy doen en hy skryf vanuit ‘n post-moderne ongeinstitusionaliseerde kerk.

Die belangrikste ding wat ek in gedagte moes hou terwyl ek die boek lees, is juis bogenoemde. Wat Pierson beskryf as die rol van die kerk, is in enige NG Gemeente waarskynlik slegs die rol van die erediens-bediening of werkgroep. Daarmee probeer ek nie sê dat sy boek nie belangrik is nie. Inteendeel, ek dink eerlikwaar dit is ‘n boek wat elke persoon wat een of ander rol op ‘n Sondag speel, behoort te lees. Ten minste dink ek elke dominee, orrelis, musiekleier/- koördineerder, voorsitter van erediensbediening/-werkgroep behoort te lees. 

‘n Ernstige punt van kritiek teen Pierson sou wees dat hy te min van musiek maak. Lees voort “THE ART OF CURATING WORSHIP (1)”

AAN SY LIEFDE IS DAAR GEEN EINDE NIE

Die Groot Lydensweek. Die week voor Paasfees, voordat ons die lyding, sterwe, begrafnis en opstaning van Jesus gedenk. Ek maak altyd ‘n punt daarvan om in hierdie week besig te bly met die aanloop na Jesus se kruisiging. Aan die een kant berei ek voor vir Sondag-oggend se heerlike preek oor Jesus se opstanding en aan die ander kant berei ek voor vir Vrydag-oggend se Nagmaal en die Stasies van die Kruis waarby ons as gemeente Donderdag gaan stilstaan. Met ander woorde, ek beleef gemengde gevoelens.

Totdat ek tyd maak om stil te staan by die teks vir vanoggend. Psalm 118:1-2 en 19-29.

1 Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

2 Israel moet getuig: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

19 Maak die tempelpoort vir my oop: ek wil ingaan en die Here loof.

20 Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan.
21 Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor en my gered het.
22 Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.
23 Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oë!
24 Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
25 Red tog, Here, gee tog voorspoed, Here!
26 Prys hom wat in die Naam van die Here kom!
Ons seën julle uit die huis van die Here.
27 Die Here is God; Hy skenk ons die lewe.
Begin die fees! Wuif met takke!
Gaan tot by die horings van die altaar.
28 U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing.
29 Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.

‘n Mooi Psalm, ideaal vir hierdie week. Sondag was Palm-Sondag. Juis die dag waarop ons Jesus se intog in Jerusalem in gevier het. “Begin die fees! Wuif met takke!” Net ‘n paar dae later sou dieselfde skare roep: Lees voort “AAN SY LIEFDE IS DAAR GEEN EINDE NIE”

SODAT EK MENSE KAN MOED INPRAAT

Vanoggend lees ek Jesaja 50:4-9 en ek herkou die teks en bedink die teks na aanleiding van die ONDERSOEK DIT! metode en die akroniem B.O.S.V.A.R.K.I.E.

Eers die teks:

4 Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ‘n leerling moet luister. 5 Die Here my God het my geleer om te luister: ek was nie teen Hom opstandig nie, ek was nie ontrou aan Hom nie. 6 Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan, my wang vir dié wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie.

7 Die Here my God help my, ek sal nie teleurgestel staan nie; ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie.
8 Hy wat my onskuldig sal verklaar, is naby; wie wil ‘n aanklag teen my inbring? Laat ons elkeen sy saak stel. Wie wil my aankla? Laat hom vorentoe kom.
9 Die Here my God help my; wie sal my dan skuldig verklaar? Dit is verby met almal wat my beskuldig, soos met ‘n lap wat deur motte gevreet word.

Ons is in wat bekend staan as die Groot Heilige Week. Lees voort “SODAT EK MENSE KAN MOED INPRAAT”

KOM DOEN DIT, HERE!

Die sesde meditasie metode wat ons geleer het, is die “BID DIT! metode. Die BID DIT! metode is ‘n eintlik baie naby aan die MAAK DIT PERSOONLIK! metode.

Vanoggend gaan die na aanleiding van Jesaja 43:16-21 ‘n gebed bid. Lees eers die teks voordat jy my gebed onder lees.

16So sê die Here,

Hy wat ‘n pad gemaak het deur die see,
‘n deurgang deur die magtige waters,
17Hy wat strydwaens en perde laat optrek het,
‘n leër op volle sterkte na sy ondergang toe.
Hulle kon nie weer opstaan nie,
dit was klaar met hulle,
hulle is soos ‘n lamppit uitgedoof.
18Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink
en by die verlede stilstaan nie.
19Kyk, Ek gaan iets nuuts doen,
dit staan op die punt om te gebeur,
julle kan dit al sien kom;
Ek maak in die woestyn ‘n pad,
Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
20Die wilde diere sal My vereer,
die jakkalse en die volstruise,
omdat Ek water gee in die woestyn,
riviere in die droë wêreld
om my volk, my uitverkore volk, se dors te les.
21Dit is die volk wat Ek vir My geskep het,
en wat my lof sal verkondig.

Here God, en aanbid U vanoggend as die Een wat Uself in die geskiedenis aan ons geopenbaar het as die almagtige God. Lees voort “KOM DOEN DIT, HERE!”

OF JY HOU MET ALTWEE HANDE VAS – OF JY HOU NIE VAS NIE

Ek het Sondag oor Filippense 3:4b-14 gepreek. Ek geniet dit altyd om in die week nadat ek oor ‘n teks gepreek het, terug te kom na die teks toe en net weer te vra: Wat het die Here vir my gesê deur die teks wat ek vir preek moes lees.

Die tekste wat ons lees is dieselfde tekste wat honderde duisende gemeentes dwarsoor die wêreld in ‘n betrokke week en op ‘n betrokke Sondag lees. Die Leesrooster wat ons volg staan bekend as The Revised Common Lectionary. Die tekste wat ons lees sluit dan aan by die betrokke stadium waar ons in die kerkjaar is. Ons is tans in Lydenstyd en ons tekste sluit daarby aan. In elke week sal daar ten minste ‘n teksgedeelte uit een van die evangelies wees, een uit die Ou Testament; een uit die Psalms en een uit die res van die Nuwe Testament.

Ons lees vandag Filippense 3:4b-14 met behulp van die MAAK DIT PERSOONLIK! metode van meditasie. Daar is een klein probleempie met hierdie teksgedeelte en dit is dat dit reeds in die eerste persoon geskryf is. Maar… ek weet nie van jou nie, maar ek lees dit nog altyd as van toepassing op Paulus. Ek wonder wat gaan gebeur as ek dit op my persoonlik van toepassing maak. Ek gaan probeer:

Maar, wat eers vir my, Attie, ‘n bate was beskou ek, Attie, nou as waardeloos ter wille van Christus, ja nog meer, ek, Attie, beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde.

Ek wil jou uitnooi om hierdie vers dalk so oor te skryf. Lees voort “OF JY HOU MET ALTWEE HANDE VAS – OF JY HOU NIE VAS NIE”

MARIA SE LEWE VAN AANBIDDING

Tydens die 40 Dae in die Woord het ons ook stilgestaan by die geleentheid waar Jesus se voete gesalf is. Dit was op Dag 19 en ek het geskryf oor AANBIDDING OF HULPVERLENING. By die geleentheid het ons Markus 14:3-9 gelees en die B.O.S.V.A.R.K.I.E. metode gebruik om die gedeelte te lees. Vandag lees ons Johannes 12:1-8 hieroor en ons gebruik die  SOM DIT OP! metode.

1 Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. 2 Daar het hulle vir Jesus ‘n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een van dié wat saam met Hom aan tafel was. 3 Toe het Maria ‘n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie.

4 Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: 5 “Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?”
6 Dit het hy gesê, nie omdat hy hom oor die armes bekommer het nie, maar omdat hy ‘n dief was. Hy het die beursie gehad en het van die bydraes gevat.
7 Toe sê Jesus: “Laat staan haar. Sy moes dit hou vir hierdie dag om My te salf vir my begrafnis. 8 Die armes het julle tog altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.”

‘n Paar dinge is anders. Twee baie belangrike rolspelers kry in Johannes se weergawe name. Lees voort “MARIA SE LEWE VAN AANBIDDING”

Blog at WordPress.com.

Up ↑