GELYKENIS 6: GROOT DINGE BEGIN KLEIN

Mens kry dit keer op keer wanneer jy die geskiedenis lees: Alle groot dinge het ‘n klein begin gehad. In die gelykenis wat ons vandag lees, leer die Here Jesus ons, dat dit met die Koninkryk van God dieselfde is.

“Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: ‘Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy lang geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.’” (Mattues 13:31-32)

Die mosterdsaad is nie die kleinste saad in Palestina nie. Die saad van die Sipresboom is bv. kleiner, maar in die tyd van Jesus was die mosterdsaad spreekwoordelik die kleinste saad. In Palestina het die klein saadjie tot ‘n groot boom gegroei – groter as enige ander tuinplant. Die mosterdboom was gewild onder die voëls omdat hulle die swart saadjies van die boom geëet het. Indien jy ‘n mosterdboom in Israel gesien het, kon jy seker wees daarvan dat daar ook voëls in en om die boom sou wees.

Jesus sê die koninkryk is soos die mosterdsaadjie en die groei van daardie saadjie wat ‘n  groot boom word. Die punt is: Die koninkryk van God se begin was klein – een Man en sy twaalf dissipels, maar niemand weet waar die groei gaan eindig nie.

Cecil Northcott vertel in een van sy boeke dat ‘n groep jongmense met mekaar gesels het oor die verskillende maniere waarop die evangelie van Jesus Christus uitgedra sou kon word. Verskillende moontlikhede is genoem: Propaganda; literatuur; en baie ander metodes. Toe praat die jong vrou uit Afrika en sy sê: “As ons Christenskap na een van ons dorpies wil neem, stuur ons nie boeke nie. Ons stuur ‘n Christen gesin na die dorpie toe om tussen die mense in die dorpie te gaan bly. Die Christen gesin se lewe maak dat meer en meer mense in die dorpie Christene word, en so word die dorpie ‘n Christen dorpie.”

Ek dink die dissipels moes met tye baie moedeloos gewees het. Hulle het by Jesus gehoor van die baie groot uitdaging wat voor hulle lê. Hulle moes sonder twyfel gevra het: Hoe gaan ons dit regkry om te doen wat Jesus van ons verwag? Hoe gaan ons dit regkry om die wêreld te verander?

Die waarheid is: Jesus was die enkele mens wat die grootste invloed op die geskiedenis gehad het. Geen historikus wat wetenskaplik objektief na sake kyk, sal anders kan as om te sê: Die gang van die geskiedenis is onherroeplik verander deur Jesus van Nasaret wat in Palestina geleef en gewerk het.

Met hierdie gelykenis wil Jesus vir elkeen van sy volgelinge sê: Moenie moedeloos word nie, dien net waar jy is. Wees net ‘n getuie daar waar jy is. Jou lewe is die mosterdsaadjie wat die Here geplant het daar waar jy is.

Die uitdaging het nog nie verander nie: Ons moet die wêreld laat weet van Jesus Christus die Seun van die lewende God. Elkeen van ons moet hierdie klein begin wees van waar die koninkryk groei totdat die koninkryk van hierdie wêreld die Koninkyk van ons God word.

Ek wonder:

Hoe bemoedig hierdie gelykenis jou vandag?

Weet jy van iets wat klein begin het en groot geword het? Wat was die geheim?

5 Kommentaar

Filed under Basiese Bybelse Beginsels, Die Bybel, Gelykenisse, Nagedink

5 responses to “GELYKENIS 6: GROOT DINGE BEGIN KLEIN

  1. dissipel

    Ek raak soms moedeloos. Ek probeer my bes om ‘n verskil te maak waar ek is, maar dit lyk asof dit net geen indruk op enige iemand maak nie. Ek aanvaar vandag dat ek daar is waar die Here wil hê ek moet wees. Ek aanvaar vandag dat ek die morsterdsaadjie is wat die Here in my omgewing plant.
    Toe ek tot bekering gekom het was ek baie jare laas in die kerk. Ek het daardie aand ‘n keuse gemaak om Jesus as my Verlosser te aanvaar. Ek het nie die vaagste benul gehad waarvoor ek my inlaat nie. Ek kan nie eers vir jou presies sê wat my gedring het om die keuse te maak nie. Ek het dit net gedoen. Ek onthou die volgende Sondag in die kerk het ek nie geweet waar in die Bybel om na Johannes te soek nie. Op skool het ons nooit Bybels kerk toe gevat nie. Daardie dag is ‘n mosterdsaadjie in my lewe geplant en ek kan met vrymoedig sê, die mosterdsaadjie het gegroei – nog nie groter as al die ander tuinplante nie, maar baie groter as ‘n mosterdsaadjie. Dankie Here.

  2. Ek weet van ten minste twee maatskappye wat as eenman sake begin het en vandag nasionale erkenning geniet, juis omdat die eienaars hulle geloof en Christelike beginsles elke dag uitgeleef het in die uitbouing van hul maatskappye. En juis DIT is baie moeilik in die sakewêreld, maar hulle het volstaan en doen dit vandag nog. En gaan van krag tot krag.

  3. dissipel: Ek is saam met jou dankbaar vir saadjie wat gegroei het.
    unobastardo: Jou getuienis oor daardie twee maatskappye lyk vir my na ‘n bevestiging van hierdie gelykenis. Alles het begin by een man wat besluit: Ek gaan volgens hierdie bgeinsels leef, en basta met die res.

  4. tanzie

    Dit is vir my bemoedigend om te weet dat elke boompie belangrik is, maak nie saak in watter fase hulle is nie. Dit is goed om ‘n boompie te wees maak nie saak hoe groot jy is nie. Dan het ek net weer opnuut besef dat ons ons geloof en Christelike beginsels moet uitleef in alle aspekte van ons lewe. Dan het ek net weer opnuut besef dat ons maak nie saak of ons ‘n “Oupa” boom of ‘n nuwe boompie, ‘n saailing ons moet ons almal verheug oor die ontkieming van nog ‘n saadjie. Ons moet egter almal onthou dat elke nuwe boompie nie in ‘n ander se skadu kan groei nie, hulle het hulle son nodig. Daar is ook geen boom sonder ‘n letsel, en soms wanneer ‘n boom eers weer gesnoei is dan groei dit met ‘n spoed, maak nie saak hoe seer die snoei proses was nie. Belangrike punt is dat as hierdie boompies nie groei nie … is dit dood. Daar moet dus altyd groei en ontwikkeling wees. Die mosterdsaadjie se koningkryk kan in verskillende aspekte gesien word, die totale koninkryk van God, Koningkryk in jou gesin, in jou werksituasie, in jouself …

  5. tanzie: SOndag lê die kinders in ons gemeente belydenis van hulle geloof af. Ek sal darem graag wil hê hulle moet weet dat ons ouer boompies ons verheug oor die ontkieming van nuwe sade. Dankie vir jou baie mooi beskrywing van hoe jy hierdie saak verstaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s