Oor Jesus en die kerk.

Ek het onlangs weer ‘n gesprek gehad met mense wat Sarel van der Merwe se
gewraakte video “Nuwe Strominge in die Teologie” wat in 2007 vervaardig is,
gekyk het. Hierdie DVD was en is ‘n poging om die Teoloë van die NG Kerk en dan
by name die van Tukkies by lidmate van die NG Kerk en ander Christene verdag te
maak. Die gevolg is dat sommige mense elke predikant se uitpsrake oor die
opstanding meet aan Sarel van der Merwe se interpretasie van die saak. In
hierdie geval is daar ook baie noukeurig geluister na wat ek op Paassondag oor
die opstaning van Christus gesê het.

Ek dink sulke lidmate se bedoelings is ‘n opregte bekommernis wat voorspruit
uit die werksaamhede van die Nuwe Hervormers en die aandag wat die media aan
hulle verleen. Goeie Nuus wat al oor 2000 jaar verkondig word is tog nie
meer NUUS nie. Maar wanneer die 2000 jaar oue Goeie Nuus bevraagteken word, wel
dit is NUUS.

Ek wil egter nie in n debat oor die saak betrokke raak nie. Ek lees egter wel
baie van die werke van die skrywers wie se teologie en menings deur Sarel van
der Merwe nie net bevraagteken word nie, maar selfs verketter word. Twee van
hulle is Leonard Sweet en Frank Viola. Lees voort “Oor Jesus en die kerk.”

Preek: Kolossense 3:1-4

Al die briewe van Paulus het twee dele.

Geleerdes sou praat van die eerste deel as indikatief, vaste dinge, dinge wat
waar is, wat onveranderlik is en die tweede deel as imperatief; die praktiese
implikasie van die indikatief. Die imperatief sou ook as ’n bevelsvorm gesien
kan word. Die indikatief verkondiging die evangelie met woorde, die imperatief
verkondiging die evangelie met die lewe. Die eerste deel is ontdekking, die
tweede deel is dissipelskap. Die eerste deel verlossing, die tweede deel
dankbaarheid.

Hoofstuk 1-2 is die eerste deel van die brief aan Kolossense. Paulus se
beskrywing van Jesus Christus, wie Hy was en wat Hy gedoen het, kan met geen
ander deel in die Bybel vergelyk word nie. Hoofstuk 1:15-20 is dié gedeelte in
die Bybel oor wie Jesus werklik is. Die opskrif is ook: “Die voorrang van die
Seun.” Die eerste woorde van die paar verse maak jou reeds bewus daarvan dat
Paulus ’n woorde skets van Christus gaan gee wat baie besonders is: “Die
Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.” Lees voort “Preek: Kolossense 3:1-4”

My biografie as God dit moes skryf.

Een van die boeke wat ek weer en weer sal lees, is Jesus Manifesto deur Leonard
Sweet en Frank Viola. Een van die hoofstukke is, wat hulle noem, die kind van
God se biografie as God dit moes geskryf het.

Ons het Sondag-aand 24 April ons Paassangdiens gehad. Ek moes n kort boodskap
bring en my boodskap was toe ‘n verwerking van die biografie soos hulle dit
geskryf het. Ek plaas my verwerking met erkenning aan Sweet en Viola.

Sê nou God sou jou biografie skryf gebaseer op dit wat die Woord ons leer. Ek
dink dit sou iets soos die volgende kon lees:

Jou geboorte.

Jou begin was lank voor jy gebore is. Voordat ek enige iets geskep het, ja
voor die grondlegging van die wêreld, het Ek het jou in My Seun uitgekies om aan
my te behoort. Jou oorsprong is in My Seun en Hy was voor alle dinge reeds daar.
Ver-ver terug in die tydlose verlede, voor Ek die eerste keer gesê het “Laat
daar … wees.” – het Ek jou gekies, ek het My merk op jou geplaas, toe was jy
reeds Myne. Lees voort “My biografie as God dit moes skryf.”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑