Die feit dat die ANC, soos ek verwag het, nie daarin kon slaag om Zuma en sy korrupte kornuite te stuit nie, het my met ‘n warboel van emosies gelaat.
Vanoggend (5/3/2017), terwyl ek en twee kollegas saam die Bybelteks vir Sondag se prediking lees, vertel een van die kollegas vir ons van die kunstenaar Marina Abramovic. Marina is nie onbekend nie en een van haar aangrypende kunswerke wat op video vasgelê is, het redelike reaksie uitgelok. Die een waarvan ek vanoggend gehoor het, het ek nie van geweet nie.
Die naam van die kunswerk is Rythm 0. Die kunswerk het behels dat Abromovic stilstaan terwyl die gehoor uitgenooi is om met haar te doen wat hulle ook al wil. Lees voort “ZUPTAKRASIE – TOESKOUER OF DEELNEMER”