Ongeveer 15 huwelikspare uit ons gemeente (NG Waverley) het Sondag-aand na ‘n DVD van Mark Gungor gekyk waarin hy die verskil verduidelik tussen ‘n man en ‘n vrou en veral hoe hulle anders dink en redeneer. In die DVD probeer hy glad nie die indruk skep dat alle mans of vrouens dieselfde is nie – met ander woorde hy stereotipeer nie mans en vrouens nie – maar wel dat mans en vrouens onderskeidelik op een in ‘n meer of mindere mate op dieselfde wyse dink en redeneer.
Ons het veral geleer dat mans en vrouens verskillende behoeftes het en dat hulle mekaar goed moet leer ken sodat elkeen kan weet wat die ander een se behoeftes is. Lees voort “mark gungor en die verskil tussen man en vrou”