Gospels of Sin Mangement

ʼn Paar mans van ons gemeente bid elke Saterdagoggend saam. Vanoggend het die man wat die geleenthede koördineer uit Esegiël 33 gelees. Op die ou end het ons uitgekom by die hele gedagte van die kerk wat met tye die evangelie bietjie verdraai en in die proses verskraal of gereduseer het. Ek maak toe die opmerking dat ons groot geword het in ʼn kultuur van die “Gospel of Sin Management.” Ek het toe onderneem om iets daaroor te skryf.

Dallas Willard is die persoon wat die begrip op die kerk se agenda geplaas het. In sy boek “The Dïvine Conspiracy.” verwys hy die eerste keer (so ver my kennis strek) na die begrip. Daar beskryf hy Christene wat aan hierdie evangelie vashou soos volg:

“The gospel of sin management produces vampire Christians who want Jesus for his blood and little else.”

As gevolg van die klem wat geplaas is op individualisme en ʼn selfgesentreerde gemeenskap het die kerk die evangelie verskraal tot iets wat my net help om die sonde in my lewe op so ‘n manier te bestuur dat ek by God uit die moeilikheid uit bly. Lees voort “Gospels of Sin Mangement”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑