RICK WARREN ‘N ONDERHOUD

Elke keer wat ek betrokke is by ‘n veldtog waar ons een van Rick Warren se veldtogte doen, hoor ek kritiek uit verskeie oorde. Ek probeer dikwels my bes om te antwoord.

In ‘n onderhoud wat Paul Bradshaw met hom gevoer het, het Rick Warren so gereageer.

“People ask me, What is the purpose of life? And I respond: In a nutshell, life is preparation for eternity. We were made to last forever, and God wants us to be with Him in Heaven.

One day my heart is going to stop, and that will be the end of my body– but not the end of me. I may live 60 to 100 years on earth, but I am going to spend trillions of years in eternity. This is the warm-up act – the dress rehearsal.

God wants us to practice on earth what we will do forever in eternity. We were made by God and for God, and until you figure that out, life isn’t going to make sense.

Life is a series of problems: Either you are in one now, you’re just coming out of one, or you’re getting ready to go into another one. The reason for this is that God is more interested in your character than your comfort. God is more interested in making your life holy than He is in making your life happy. We can be reasonably happy here on earth, but that’s not the goal of life. The goal is to grow in character, in Christ likeness.

This past year has been the greatest year of my life but also the toughest, with my wife getting cancer.

I used to think that life was hills and valleys – you go through a dark time, then you go to the mountaintop, back and forth. I don’t believe that anymore. Rather than life being hills and valleys, I believe that it’s kind of like two rails on a railroad track, and at all times you have something good and something bad in your life. No matter how good things are in your life, there is always something bad that needs to be worked on. And no matter how bad things are in your life, there is always something good you can thank God for.

You can focus on your purposes, or you can focus on your problems. If you focus on your problems, you’re going into self-centeredness, “which is my problem, my issues, my pain.” But one of the easiest ways to get rid of pain is to get your focus off yourself and onto God and others.

We discovered quickly that in spite of the prayers of hundreds of thousands of people, God was not going to heal my wife or make it easy for her. It has been very difficult for her, and yet God has strengthened her character, given her a ministry of helping other people, given her a testimony, drawn her closer to Him and to people.

You have to learn to deal with both the good and the bad of life. Actually, sometimes learning to deal with the good is harder. For instance, this past year, all of a sudden, when the book sold 15 million copies, it made me instantly very wealthy. It also brought a lot of notoriety that I had never had to deal with before. I don’t think God gives you money or notoriety for your own ego or for you to live a life of ease. So I began to ask God what He wanted me to do with this money, notoriety and influence. He gave me two different passages that helped me decide what to do, II Corinthians 9 and Psalm 72.

First, in spite of all the money coming in, we would not change our lifestyle one bit. We made no major purchases.

Second, about midway through last year, I stopped taking a salary from the church.

Third, we set up foundations to fund an initiative we call The Peace Plan to plant churches, equip leaders, assist the poor, care for the sick, and educate the next generation.

Fourth, I added up all that the church had paid me in the 24 years since I started the church, and I gave it all back. It was liberating to be able to serve God for free.

We need to ask ourselves: Am I going to live for possessions? Popularity? Am I going to be driven by pressures? Guilt? Bitterness? Materialism? Or am I going to be driven by God’s purposes (for my life)?

When I get up in the morning, I sit on the side of my bed and say, God, if I don’t get anything else done today, I want to know You more and love You better …

God didn’t put me on earth just to fulfill a to-do list. He’s more interested in what I am than what I do. That’s why we’re called human beings, not human doings.

Happy moments, PRAISE GOD.

Difficult moments, SEEK GOD.

Quiet moments, WORSHIP GOD.

Painful moments, TRUST GOD.

Every moment, THANK GOD.”

WHAT’S NEXT PAPA?

Sondagaand wys my vrou, Renate, vir my hierdie snit op YOUTUBE:

Ek dink toe aan hierdie storie wat ek verlede week in Communitas se preekstof gelees het.

Walter Larimore  vertel van ʼn keer dat hy en sy vrou, Barb, by vriende gaan kuier het, Die vriende se buurman het ‘n jong  golden retriever gehad wat in die agterplaas ingeperk is deur ʼn elektroniese heining.  Lees voort “WHAT’S NEXT PAPA?”

POST-CHRISTENDOM – GOD IS DOOD!

Ek onthou hoe die “god -is-dood-teologie” in my studiejare ons met baie vrae gelaat het. Die term het sy waarskynlik sy ontstaan gehad by die Franse teoloog Gabriel Antoine Vahanian. Hy was ‘n gereformeerde Calvinis en besondere kenner van Karl Barth en het ook een van Barth se werke vertaal.

In sy eerste boek The Death of God, wat in 1961 verskyn het, het hy die punt gemaak dat die moderne sekulêre kultuur in die Westerse beskawing sy rug reeds op God gedraai het. Vir Vahanian het die dood van God aangebreek toe God net nog een van die kultuurgoed van ‘n gemeenskap geword het.

In sy boek Wait Without Idols wat in 1964 verskyn het, skryf hy soos volg: Lees voort “POST-CHRISTENDOM – GOD IS DOOD!”

WAAROM KERK TOE?

Thomas G Long het ‘n besondere boek geskryf met die titel: Beyond the Worship Wars: Building Vital and Faithful Worship. In die boek vra hy onder andere die baie belangrike vraag: Hoekom kom mense kerk toe? (Long:15) Mense kom natuurlik kerk toe vir verskillende redes: Gewoonte, dankbaarheid, skuldgevoelens, lojaliteit, druk van ander, ter wille van die kinders, diepe oortuiging, ander weet nie regtig hoekom nie.

Maar, ons weet dat erediensbywoning ‘n al hoe groter probleem word. Al hoe minder mense gaan kerk toe. Lees voort “WAAROM KERK TOE?”

EREDIENS AS ONTMOETING

Vrydagaand lees ek ‘n inskrywing van John Frye met die titel: From the Sheperd’s Nook: Preaching as Encounter. Een van die dinge wat hy skryf wat my getref het, was: Preaching, in some traditions, is a sacrament or comparable to a sacrament… What it means is: preaching is more about what God does, than what the preacher and congregation do.”  Vir Frye het prediking dus die sakramentele karakter in die sin dat God in en deur die prediking aan die werk is.

Bietjie verder skryf hy: “We preach for corporate encounter with God, Lees voort “EREDIENS AS ONTMOETING”

DIE HEILIGE GEES EN MY SELFOON

Ek moes gisteroggend (Dinsdag 14 Mei) een van die plaaslike hoërskole se saalopeninge behartig. Altyd vir my ‘n voorreg. Maar… om ‘n groep hoërskoolkinders se aandag aan die begin van ‘n skooldag vir 15 minute te hou is nie ‘n grap nie. Daarom maak ek maar altyd van ‘n metafoor gebruik. (Jesus het feitlik net van metafore, dit is gelykenisse, gebruik gemaak toe Hy mense geleer het.)

Aangesien dit eerskomende Sondag Pinkster-Sondag is en die kerk dwarsoor die wêreld die uitstorting van die Heilige Gees en daarmee saam die geboorte van die Nuwe Testamentiese kerk vier, het ek gedink om ook oor die Heilige Gees met hulle te praat. My metafoor was ‘n selfoon.

‘N SELFOON WERK MET ‘N ONSIGBARE SEIN Lees voort “DIE HEILIGE GEES EN MY SELFOON”

EK GLO IN DIE HEILIGE GEES

Cas Weppener lei hierdie jaar ons eredienste tydens Pinkster. Hy doen dit na aanleiding van die Afskeidsgesprekke wat Jesus met sy dissipels gehad het en wat in Johannes 13-17 opgeteken is. Hierdie gesprekke vind plaas aan die tafel waar Hy die laaste keer saam met sy dissipels eet en ook tussen die wingerde.

Gisteraand het Hy onder andere die Heilige Gees vergelyk met ‘n soufleusse in’n teater. ‘n Souffleuse is die persoon wat met die volledige teks iewers staan of sit. Wanneer iemand op die verhoog sy woorde vergeet, is sy die een wat vir daardie persoon sy woorde fluister en Hom herinner wat Hy moet sê. Die Heilige Gees doen dit in ons lewens.

Ek dink maar net hoe Hy dit in my eie lewe doen. Lees voort “EK GLO IN DIE HEILIGE GEES”

DIT IS PINKSTERTYD

Ons bely tydens ‘n erediens: “Ek glo in die Heilige Gees.” Hierdie week word daar in die meeste NG Kerke Pinkster-eredienste gehou. ‘n Tradisie wat al meer as 150 jaar oud is. ‘n Goeie tradisie. Die eredienste vind plaas in die tyd tussen hemelvaart en Pinkster. In ‘n poging om iets van die eerste Christene se ervaring te deel of te herroep, kom gemeentes in die kerk bymekaar en dink aan die dissipels wat in die tien dae tussen Hemelvaart en Pinkster gereeld op dieselfde plek bymekaar was en op die vervulling van die belofte van die Heilige Gees gewag het. En toe die wonderlike belewenis gehad het wat in Handelinge 2:1-13 beskryf word.

Die Heilige Gees speel in die Gereformeerde kerk dikwels tweede viool.   Lees voort “DIT IS PINKSTERTYD”

HEMELVAART (2) JESUS ONS VOORSPRAAK

IMG-20130510-WA0000Ons dogter René is hierdie jaar in graad 11, “sixteen going on seventeen”. Sy en haar ma het ‘n besondere verhouding en hulle praat baie. Van tyd tot tyd gebeur een van twee dinge. Of die kind maak ‘n fout (Gelukkig is sy een van daardie voorbeeldige en soet kinders, so dit gebeur nie baie nie), of sy  wil iets vra waaroor sy onseker is wat my reaksie gaan wees. Hoe dit ookal sy, sy het ‘n bepaalde benadering wat sy volg. Sy bespreek die saak eers met haar ma. Haar ma ken my beter as enige ander mens in die wêreld en ons stem oor die meeste dinge in elk geval saam. Renate en René handel sekere dinge tussen die twee van hulle af en ek sien maar net dit gebeur. Daar is egter die sake waaroor Renate gewoonlik voel ek behoort te weet en ek en sy moet saam daaroor besluit. Lees voort “HEMELVAART (2) JESUS ONS VOORSPRAAK”

HEMELVAART

Vandag vier die kerk hemelvaart.

“Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer sien nie.” (Handelinge 1:9)

Hemelvaart is natuurlik nie meer ‘n vakansiedag nie. Ek dink dit is ‘n goeie ding. Maar, hemelvaart is vir Christene ‘n baie belangrike gebeure. In sy kommentaar op die Heidelbergse Kategismus sê Veldkamp dat daar op hierdie dag ‘n wonderlike nuwe verbinding tussen hemel en aarde tot stand kom.   Lees voort “HEMELVAART”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑