In ons gemeente is ons besig met “Stephen Ministry” opleiding. Ons lei lidmate op om mense in nood geestelik te versorg. Die belangrikste “instrument” in ons “toolbox” is luister. Ons het gisteraand geleer dat ons op so ‘n manier moet luister dat die ander persoon die behoefte het om meer en meer te praat. Ons moet luister vir inhoud/feite, emosies en dan geestelike kwessies oor mens se belewenis of ervaring oor God.
Aan die einde van die aand het ons ook gesê dat ons op dieselfde manier na God moet luister. Ons het vir elkeen 7 minute op sy eie gegee. Elkeen kon een van vier skrifgedeeltes kies en dan moes hy/sy daardie skrifgedeelte gebruik om na God te luister.
Ek het Jesusa 40:25-31 gekies. So het ek gehoor: Lees voort “OM NA GOD TE LUISTER.”