NOU WAAR IS DIE HEMEL DAN?

Ek het so pas “Simply Jesus” van NT Wright gelees.

Wright het my aan die dink gesit oor ‘n hele paar dinge. Een daarvan is die hele kwessie oor die hemel. Hierdie gedagte van Wright kom in verskeie van sy boeke na vore:

“In the Bible, “heaven” and “earth” overlap and interlock, as the ancient Jews believed they did above all in the temple.” (p. 191)

Hemel is die plek waar God volkome in beheer is. “Heaven is the place from which the world is run.” (p 195) Ek kon nie anders as om te dink aan die manier waarop die evangelie volgens Markus Jesus se “intreepreek”  beskryf nie:

“Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Markus 1:15)

In sy boekie King Jesus Gospel skryf Scot McKnight dat die koninkryk in Jesus so naby gekom het dat as jy jou arm uitsteek kan jy dit dalk binne in die koninkryk insteek. In Jesus het hemel en aarde ge-“overlap” en ge-“interlock”. Lees voort “NOU WAAR IS DIE HEMEL DAN?”

ONS SKRYF MOS ONS LIEFDESBRIEWE VIR VANDAG

Ons is terug in Pretoria n ‘n vinnige wegbreek na die hartjie van die Boveld. Ons was vir twee dae op die wildsplaas DOORNDRAAI LODGE.

Ek en “The Good Wife” het sommer net mekaar se geselskap geniet . Hier is ek by Hobbul en Osul. Hobbul beman die hek op die plaas en ons kon nie regtig uitwerk of Osul seun of kleinseun is nie.Doorndraai Lodge is in die Rooiberg omgewing. Die Bosveld is net op geen ander plek so Bosveld soos in hierdie omgewing nie. Mooi…..

Ek het gelees – Simply Jesus van NT Wright – en vroutjie het haar plakboek saam gehad en sy het die laaste paar jare se “memories” in die plakboeke georden. Ons het ook saam deur die ou plakboeke gegaan en onder andere weer gekyk na die briewe wat ons vir mekaar geskryf het in die jare voor ons getroud was.Ons was altwee baie verlief.

Ons wonder nogal hoe ons die briewe in die plakboeke moet hanteer. Op die staidum wil ons nie eers vir die kinders wat deur die plakboeke blaai wys wat ons vir mekaar geskryf en gesê het nie.

Terwyl ons nou die briewe wat ons vir mekaar geskryf het so lees en daaroor praat en die gebeure herroep, dink ek aan twee dinge.

Die eerste is… ons kinders gaan waarskynlik nie sulke briewe hê nie. Lees voort “ONS SKRYF MOS ONS LIEFDESBRIEWE VIR VANDAG”

MOENIE DIE “PAARTIE” MIS NIE

Ek lees Matteus 22, die gelykenis oor die bruilofsmaal waarheen die koning die mense nooi, maar elkeen op die gastelys het ‘n verskoning en vir een of ander rede kan hulle nie kom nie.

Op ‘n stadium raak die koning ongeduldig en stuur sy boodskappers om die mense na die bruilof te nooi wat aanvanklik nie op die gastelys was nie.

Ek lees toe in die week in Johannes 12:19 hoe kwaad die Fariseers raak omdat Jesus al hoe meer volgelinge trek. In die volgende vers vra Grieke, wat na dieselfde fees toe gekom het om te aanbid, vir een van die dissipels of hulle nie dalk met Jesus kan praat nie. 

Ek dink toe aan die gelykenis. Die Jode is die mense wat eintlik al eeue lank wag vir hierdie bruilof waarvan Jesus hier praat. Die bruilof wat Jesus na verwys het as die Koninkryk van God. Nou is die uitnodigings uit. Lees voort “MOENIE DIE “PAARTIE” MIS NIE”

SOMMER NET OMDAT DIT LEKKER IS

Iemand vra gister vir my: Wat is jou stokperdjie? Ek het toe nie dadelik ‘n antwoord nie. Ek probeer toe uitvind wat vir ‘n ding is ‘n stokperdjie.  Wikipedia verduidelik n stokperdjie so

‘n Stokperdjie is ‘n gereelde aktiwiteit of belangstelling wat ‘n mens doen omdat dit lekker is. ‘n Stokperdjie word gewoonlik ontspanningstyd gedoen.

Met ander woorde ‘n stokperdjie is iets wat doen SOMMER NET OMDAT DIT LEKKER IS. As ek nou so daaroor dink, kan ek aan ‘n paar dink. As ek dan aan my stokperdjies dink, dan is dit nie dat ek op ‘n dag gedink het: Wat sal my stokperdjie wees nie. My stokperdjies het op my gegroei. EK het weel ‘n paar dinge wat doen SOMMER NET OMDAT DIT LEKKER IS.

Die eerste sou dan tegnologie wees. Lees voort “SOMMER NET OMDAT DIT LEKKER IS”

UITVERKIES

Alleman het gister op my skryf oor GOD HET NIE ‘N BLOUDRUK-PLAN VIR JOU LEWE NIE, kommentaar gelewer. Die kommentaar kom basies daarop neer dat ek in die skrywe die leer oor die uitverkiesing van die tafel afvee sonder om een teksvers vir my standpunt te gee. Nou gaan ek ook nie juis vandag ‘n klomp tekste aanhaal nie.

Die vraag gaan vir my oor die vrye wil van die mens. In hoe ‘n mate het die mens ‘n vrye wil of het God vooraf reeds besluit hoe alles gaan gebeur en eindig. Die gesprek oor die saak gaan baie ver terug – sover as Calvyn en Arminius, dalk selfs Augustinus. Ek is soms bekommerd dat sommige van ons as Gereformeerdes so Calvinisties is dat as ons moet kies tussen Calvyn en die Bybel gaan ons eerder Calvyn kies.

Een van ons belydenisskrifte Die Dordse Leerreëls is by die Sinode van Dordt in 1618-1619 opgestel in reaksie op Arminius se standpunte. By die geleentheid is die vyf punte van Calvinisime geformuleer. Die vyf punte is:

1. Totale verdorwenheid van die mens – Mense is nie van nature daartoe geneig om God lief te hê nie.

2. Onvoorwaardelik uitverkiesing – God het in die ewigheid besluit aan wie Hy genade sou betoon en wie nie.

3. Beperkte versoening – Wat Jesus aan die kruis gedoen het, is genoeg vir almal wat uitverkies is.

4. Onweerstaanbare genade – God se genade is sterker as die weerstand wat enige een wat Hy uitverkies het sou kon bied.

5. Volharding van die gelowiges – Die wat God geroep het om aan Hom te behoort sal nie verlore gaan nie.

Oor elkeen van hierdie punte is daar boeke geskryf. Lees voort “UITVERKIES”

CHRISTEN – MAAR NIE KERK TOE NIE

‘n Groep jongmense, onder 35, stuur vir ‘n paar vrae wat hulle gisteraand rondom die braaivleisvuur besig gehou het. Hulle vra of ek die vrae op die blog kan plaas sodat daar bietjie gesprek daaroor kan wees.

Daar is vyf vrae. Die vrae handel oor:

1. Hoe gaan dit wees wanneer die Here weer kom?

2. Wat het ‘n mens nodig om in die hemel te kom?

3. Wat van Christen wat in sonde lewe?

4. Wat behoort ‘n Christen se verhouding met die kerk te wees?

5. Mag ek kwaad wees vir die Here?

Elkeen van hierdie vyf vrae is op sy eie manier bietjie van ‘n toffie. Lees voort “CHRISTEN – MAAR NIE KERK TOE NIE”

WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS

Verlede jaar het ‘n sekere Willem ‘n brief in die dagblad BEELD geskryf onder die opskrif “Ds. Kannieamenkrynie en Kie”. Hy vra toe in die brief vir “die huidige ‘n insig dat die maagdelike geboorte, asook die ander stories oor die geboorte van Jesus, bloot mites is en as sulks erken en gepredik moet word.”

Kersdiens 2011 was toe nie Willem-loos nie. Hy het weer ‘n brief geskryf om te sê dat hy wel ‘n kersdiens bygewoon het. Maar gelukkig was dit hierdie keer ‘n kersdiens na sy sin. Die dominee het alles gesê wat hy wou gehoor het.Hy skryf onder andere:

“Die prediking was uit die Thomas-evangelie en nie uit een van die tradisioneel Kersfeesvoorlesings uit die Bybel nie.

(Sou enige predikant in die tradisioneel Afrikaanse kerke dit waag om uit die Thomas-evangelie te preek?)

Die prediker het na twee dele uit die Bybel verwys.

Die eerste was die geboorteverhale in die Bybel – met die verskil dat dit deur die prediker as mites uitgewys is wat sou aanpas by die paganistiese mites wat eie was aan die Midde-Ooste en die lande om die Middellandse See in die tyd wat Jesus (sou) geleef het.

Die tweede was ’n verwysing na Adam en Eva – met ’n verklaring dat dit gegrond is op Babiloniese mites wat deur die Jode tydens die ballingskap na Babilonië oorgeneem is.

En niemand het na hul asem gesnak nie en niemand het uitgestorm en gedreig om die prediker van kettery by die sinode te verkla nie.”

Ek is so bly Willem het ‘n dominee gekry wat preek wat hy graag wil hoor. Ek is so bly Willem se dominee maak dit vir hom maklik om ‘n godsdiens sonder geloof te lewe. Volgens die Bybel is geloof om die onsienlike te sien. Lees voort “WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS”

‘N NUWE HART

Een van die meer bekende uitsprake van Jesus is die een wat Hy teenoor Nikodemus gemaak het toe Hy gesê het dat Nikodemus nodig het om weergebore te word. Ek verkies om die uitwerking van die weergeboorte as ‘n proses te sien, maar terselfdertyd as ‘n appèl. Met ander woorde, ek dink die feit dat ek weergebore is, is iets wat hoe langer hoe meer in my lewe tot uitdrukking kom, maar terselfdertyd is die saak van weergeboorte n appèl (Engelse sou dalk gesê het ‘n “challenge”) om dit wat reeds waar is van my in my lewe sigbaar te laat word.

Dalk kan ‘n mens weergeboorte ook beskryf as ‘n nuwe begin. Lees voort “‘N NUWE HART”

VERSKILLENDE GENERASIES IN EEN KERK?

Die vraag wat in hierdie week tydens die Noordelike Sinode se byeenkoms by Weesgerus in my hart begin leef het is: “Kan verskillende generasies in die kerk van die Here Jesus mekaar se hande vat en saam die koninkryk van God in Suid Afrika en in die wêreld bou?”

Die verskillende mense wat telkens saam met my aan die tafel gesit het, het hierdie vraag by my laat ontstaan. Daar is eers diegene wat in die tyd voor 1994 reeds ‘n betekenisvolle rol in die kerk gespeel het; daar was ook diegene (soos ek self) wat eers na 1994 daarin kon begin slaag om enigsins ‘n  rol in die kerk te speel; Lees voort “VERSKILLENDE GENERASIES IN EEN KERK?”

OOR VERGIFNIS EN SPLINTERS EN BALKE EN HONDE EN VARKE

In my stiltetyd werk ek deur die Saligsprekinge in Matteus 5-7. Daar is dae wat ek nie daarby uitkom nie, maar ek gooi nooit tou op nie. Op hierdie stadium is dit meestal een dag ‘n week wanneer ek nie daar uit kom nie. Vanoggend is een van daardie oggende omdat ek net tussen drie uur en half- ses geslaap het. Maar in my gedagtes bly ek besig met die gedeeltes wat ek in my stiltetyd lees.

Die gedeelte wat ek gister gelees het was Matteus 7:1-6. Dit is die gedeelte oor oordeel en spinters in ander se oë en balke in jou eie oë. Maar nou onthou ek ook dat ek ‘n rukkie terug oor Matteus 6:5-14 gelees het – die gedeelte waar ons die Ons Vader gebed lees.

In Matteus 6:14 lees ek daardie woorde wat my bietjie bang maak. Daardie woorde wat sê dat as ek ander hule oortredings ( teenoor my) vergewe sal die Vader ook my oortredings (teenoor Hom) vergewe.

Laat ek eers iets sê oor vergifnis. Smedes besryf die verksilende stadiums van vergifnis so: Lees voort “OOR VERGIFNIS EN SPLINTERS EN BALKE EN HONDE EN VARKE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑