DIE HOMOSEKSUALITEIT DEBAT

Ek is persoonlik nie kundig genoeg om ‘n sinvolle bydra tot hierdie debat te maak nie, maar ek het hierdie onbeskryflik wonderlike getuienis hieroor gelees. Jy kan die getuienis en ander Christene se kommentaar daarop gaan lees by Scot McKnight se blog.

Ek “copy” dit egter ook hierheen vir as jy dalk hier kommentaar daarop wil lewer. Lees voort “DIE HOMOSEKSUALITEIT DEBAT”

HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (6)

Ek is daarvan oortuig dat Christene die roeping van God ontvang het om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. As ons eerlik moet wees, dan sal ons moet erken dat sommige mense in die naam van Christenskap dinge “gepleeg” het wat skrikwekkend is. Die hartseer is dat dit dikwels hierdie dinge is wat die aandag trek en die nuusberigte haal. Ek is in my hart egter daarvan oortuig dat Christene meer goed as kwaad doen en dat hulle doen wat hulle glo hulle moet doen, en dikwels weet niemand eers wat hulle gedoen het nie. Ek vind dit waardevol om van tyd tot tyd net bietjie stil te raak en te kyk hoe vinnig beweeg ek in watter rigting en wat is die vordering wat gemaak is. Hierdie “geestelike evaluasie” is bedoel om daardie effek te hê. Ek het al as gevolg van hierdie evaluasie vir my ‘n hele paar geestelike doelwitte gestel.

Vandag se drie vrae wat mens laat nadink is: Lees voort “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (6)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑