ons kinders is broos – baie broos.

Kinders kry maklik seer.

Twee van my kinders is in die laaste tyd deur volwassenes seer gemaak tot op die punt dat hulle in trane was omdat hulle weet dat hulle dit nie verdien nie en omdat die onderwysers eers voor die tyd en na die tyd oneerlik was om hulleself te beskerm. Hierdie volwassenes is ongelukkig onderwysers.

Laat my eers hierdie opmerking maak: Vir die oorgrote onderwysers het ek onbeskryflik baie respek. Lees voort “ons kinders is broos – baie broos.”

die etenstafel

‘n Gesin rondom ‘n etenstafel is ‘n prentjie van verhoudings binne ‘n gesin. Ouers en broers en susters wat saam eet en saam gesels oor die dinge wat die gesin en elkeen binne die gesin raak. Mense wat vir mekaar gegee is om mekaar te ondersteun en lief te hê en te help groei.

Maar, die etenstafel het nie vir almal positiewe herinneringe nie. In plaas daarvan dat die etenstafel ‘n plek was om ontspanne in liefde en omgee saam te eet, onthou ons seerkry; skerp woorde wat soos sweepslae op ‘n kaal rug geval het, toe ons simpatie verwag het; oordeel toe ons vergifnis verwag het; aggressie toe ons troos verwag het; verwerping toe ons aanvaarding gesoek het; vloek toe ons verstaan wou hê.

Sommige van ons onthou etenstafels (of dan verhouding of verhoudings) as ‘n tyd toe wonde toegedien is, wond op wond, soms ‘n nuwe wond op ‘n rou en bloeiende wond. Lees voort “die etenstafel”

ek is op facebook

Ek is al ‘n hele rukkie op facebook maar het nog nooit regtig daaraan aandag gegee nie. Eers omdat ek dit nie verstaan nie, maar later omdat ek gedink het dit neem te veel van my tyd. In die laaste tyd was my lewe ‘n klein bietjie rustiger en het ek weer gaan probeer.

Tot my verbasing is dit vir my ‘n besondere manier is om met vriende en familie kontak te hou.

Ek weet my broer se kinders is vandag besig om hulle huis te verf en ek weet dat haar sussie ‘n paar dae terug gehoor het dat hulle tweede kind se babatjie ‘n seuntjie gaan wees. Ek weet ook dat my oudste dogter wonder waarom sommige mense haar nie wil aanvaar soos sy is nie, maar ek sien ook hoe baie van die familie staan haar by en verseker haar dat hulle lief is vir haar.

Ek sien hoe my seun se beste vriend met die ganse wêreld die gek skeer oor ‘n troue waarop hy in die laaste twee dae sou besluit het, en ek kan deel wees van die gek skeer.

My jongste dogter gaan deur ‘n seer tyd met al haar maatjies waarvan sy afskeid moet neem omdat ons Wavereley toe skuif.

Punt is, facebook is nie net ‘n manier om rond te speel nie, maar om kontak te hou en dan selfs insette te lewer in mense se lewens met betrekking tot sekere gebeure wat so nietig blyk te wees, dat dit andersins by jou verby sal gaan.

Ek kon vandag vir elkeen van my kinders op ‘n unieke manier sê dat ek vir hulle baie lief is en wys dat ek probeer om deel te wees van hulle lewens.

En dan was daar die saam met wie ek ‘n geloofstreetjie kon gee.

van ng bersgig sal ons onthou…

Ek en Renate is in 1994 getroud en op daardie stadium was sy reeds die orrelis by NG Bergsig. Ek was op daardie stadium nie in die bediening nie, maar is toe weer in 1997 toegelaat tot die bediening. In 1998 het ek as deeltydse predikant in die gemeente begin werk en in 2005 het ek voltyds predikant geword. Ek is nou alreeds 22 jaar in Rustenburg en dan deel van NG Bergsig ook.

Ons het nou ‘n beroep na Waverley gemeente in Pretoria aanvaar en ons begin 1 Augustus daar.

Iemand vra in hierdie week vir ons wat dit is wat ons sal onthou van die jare wat ons  in Bergsig was. Daar is soveel dinge wat vir ons uitstaan, dat dit vir ons moeilik is om uit te sonder. Lees voort “van ng bersgig sal ons onthou…”

abraham – die vader van gelowiges

Leonard Sweet was die eerste persoon wat my ‘n bietjie anders laat dink het oor Abraham.

Die eerste keer toe ek lees dat ons moet seker maak dat ons nie Abraham se geloof so moet idealiseer dat ons sy optrede van kleingeloof en ongehoorsaamheid mis kyk nie, het dit my twee keer laat dink oor hoe ons aan en oor Abraham dink.

Sweet het een voorbeeld uit Genesis aangehaal om te wys dat Abraham nie regtig so ‘n besondere gelowige was nie.

Abraham bly egter een van die belangrikste figure, indien nie die belangrikste nie,  in die Bybel Lees voort “abraham – die vader van gelowiges”

dissipelskap

Om in Jesus as die Seun van God en Verlosser te glo, is om ‘n dissipel van die Here Jesus te wees. In Markus 1:15 begin Jesus sy bediening op aarde en kondig Hy aan dat die koninkryk van God nou naby gekom het. Onmiddelik daarna roep Hy sy eerste dissipels en die roeping kan nie losgemaak word van die aankondiging van die aanbreek van die koninkryk van God nie.

Roeping beteken dat hulle uitgenooi word om hulle te onderwerp aan die koningsheerskappy van God.

Om dissipel en burger van God se koninkryk te wees beteken nie dat Jesus nou opgevaar het na die hemel en aan die regterhand van God sit en nou wag dat ‘n klomp dinge gebeur voordat Hy terugkom nie. Lees voort “dissipelskap”

god van liefde

Ek lees op ‘n ander plek dat Christene ‘n boodskap verkondig dat mense in hierdie lewe kan doen wat hulle wil en dan as hulle op hulle sterfbed in ‘n sekere p(P)ersoon glo, dan gaan hulle hemel toe, of verkry hulle die ewige lewe. (Ek kan regtig nie onthou waar ek dit gelees het nie, anders sou ek ‘n “link” hier gesit het.)

Ek kan nie van die persoon verskil nie, want dit is waar. En die persoon vat die kern van die evangelie boodskap van God se genade in Jesus Christus raak. Genade beteken dat ek die teenoorgesteld kry as wat ek verdien, anders was dit nie genade nie.

In ons gemeente is daar ‘n span wat deel is van ‘n internasionale organisasie wat een maal ‘n kwartaal in ‘n plaaslike tronk ingaan en die boodskap van God se genade deur die werk van Jesus Christus aan die gevangenisse verkondig. Een van hulle is byvoorbeeld die “skierlik skieter” wat op Swartruggens mense onnodig dood geskiet het. Lees voort “god van liefde”

God is in die detail

In Johannes 2 is Jesus en sy ma en sy dissipels by ‘n huweliksonthaal. Die wyn raak op en dit is ‘n teken van baie slegte maniere van die bruidegom.

Jesus se ma, Maria, word bewus van die probleem en kom sê vir Jesus van die probleem.

Johannes verwys twee keer in sy evangelie na haar , maar hy noem nie haar naam nie. Hy wil nie die aandag wegdraai van Jesus deur iemand anders “centre stage” te laat wees nie.

Maria vra nie, sy sê net. Maria gee nie ‘n opdrag nie, sy sê net.

En dan verander Jesus die water in wyn.

Hy het nie nodig gehad om dit te doen nie.

Die seremoniemeester weet nie Lees voort “God is in die detail”

generasie f(facebook) en die kerk

Baie word geskryf oor hoe die Internet die kerk gaan beïnvloed (volgende artikel). Voordat ons daarna kyk, moet ons eers let op ‘n nuwe ontluikende geslag: Generasie F (die F is vir Facebook). Hierdie is ‘n geslag wat grootgeword het met die Internet — hulle ken nie ‘n tyd toe daar geen Internet was nie. Hulle verbind nie met die tradisionele organisatoriese strukture met hulle duidelike reëls aangaande kommunikasie en gesag nie — hulle verwag iets meer deelnemend en ontspanne.

Mark Brown het op sy Brownblog na enkele kenmerke van hierdie generasie gekyk — en hoe dit die kerk mag beïnvloed:

Alle idees staan op gelyke voet Lees voort “generasie f(facebook) en die kerk”

Blog at WordPress.com.

Up ↑