SAL GOD MENSE HEL TOE LAAT GAAN?

Ek het geweet die vraag gaan een of ander tyd kom. Die vraag kom toe na aanleiding van Sondag se preek. In Openbaring 21: 8 staan hierdie woorde: 

“Maar die wat bang geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” 

Iemand skryf toe gister vir my per e-pos en vra: 

Ons Vader is die almagtige God van Liefde en genade……waarom sal hy toelaat dat enige siel vir ewig vergaan in die helse vuur? 

Ek moet eerlik sê dat dit ook ‘n onderwerp is waaroor ek nie baie preek nie. Lees voort “SAL GOD MENSE HEL TOE LAAT GAAN?”

OPENBARING – VERKONDIGING EN NIE VOORSPELLING NIE

Ek het al voorheen uit Openbaring gepreek. Maar, nie dikwels nie. Openbaring was vir my net te veel van ‘n gelade boek. Gelade in die sin dat ek gedink het daar is net te veel “clutter” waardeur ek sal moet breek voordat ek regtig daarby kon uitkom om die boodskap van Openbaring te kan bring. In die tweede plek was Openbaring selfs vir my as predikant met ‘n bietjie teologiese studies agter my, ‘n uitdaging. Ek was net eenvoudig nie seker of ek daarin sou kon slaag om eers Openbaring self te verstaan sodat ek kan probeer om dit vir die kinders van die Here van ons gemeente duidelik te maak nie.

Hierdie jaar is ek gedwing om dit te doen. Die Revised Common Lectionary het vir die Sondae tussen Paasfees en Pinkster tekste uit Openbaring voorgeskryf. Lees voort “OPENBARING – VERKONDIGING EN NIE VOORSPELLING NIE”

GOD DROOG DIE TRANE AF

“… want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fontein met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.” (Op 7:17)

Hierdie reeksie wat ons uit Openbaring gedoen het, het my opnuut weer bewus gemaak van hoe Openbaring eintlik aansluit by die res van die Bybel. Openbaring is nie ‘n boek wat so apokalipties of toekomsgerig of vol simboliek en misterie is dat dit geen raakpunte met die res van die Bybel het nie. So byvoorbeeld is die herder metafoor ‘n bekende metafoor in die Ou Testament en die Nuwe Testament. Lees voort “GOD DROOG DIE TRANE AF”

‘N BIETJIE HEMEL OP AARDE

Openbaring is die boek wat mense se verbeelding aangryp. Die ryke simboliek en die misterieuse karakter van die boek maak dat mens elke keer dink daar is iets geheimsinnig wat hier ontsluit gaan word. In ons gemeente volg ons die Leesrooster en preek ons Sondae die tekste volgens die Revised Common Lectionary. Sedert Paassondag, toe ons die opstanding van die Here Jesus gevier het, preek ons uit Openbaring. Daar is nog twee Sondae oor. Sondag wat verby is, was dit Openbaring 7:9-17. Ons hanteer dan ook dieselfde teks in die kleuterkerk, die laerskoolkinders, die tieners en ook in ons kleingroepe.

9 Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Lees voort “‘N BIETJIE HEMEL OP AARDE”

HY KEN MY EN HY HOU MY IN SY HAND

Die primêre teks vir die week is Openbaring 7:9-17. Die ander tekste wat ons lees sluit aan daarby en neem die gedagtes en die metafore van Openbaring verder.

Vanoggend lees ek Johannes 10:23-32

22 Dit was daardie tyd die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter. 23Jesus het in die tempel in die Pilaargang van Salomo geloop. 24 Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit reguit vir ons.”

25 Jesus antwoord hulle toe: “Ek het dit vir julle gesê, en tog glo julle nie. Die dade wat Ek in die Naam van my Vader doen, bewys wie Ek is. 26 Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie. 27 My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28 Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. 30 Ek en die Vader is een.”
 31 Die Jode het toe weer klippe opgetel om Hom te stenig, 32 maar Jesus sê vir hulle: “Op gesag van die Vader het Ek julle talle goeie dade laat sien. Oor watter een daarvan wil julle My stenig?”

Ek mediteer vanoggend na aanleiding van die B.O.S.V.A.R.K.I.E. metode.

Watter BELOFTE is daar in hierdie gedeelte?  Lees voort “HY KEN MY EN HY HOU MY IN SY HAND”

GOD HET ‘N PERSOONLIKE VERHOUDING MET MY OOK

2013-04-22 18.18.18Ek maak vanoggend my Bybel oop om Psalm 23 te lees. Hierdie is die Bybel wat die NG Gemeente Bergsig op 24 April 1987 (More sal dit 26 jaar gelede wees.) vir my gegee het toe ek daar as dominee in my eerste gemeente bevestig is. Die bladsy is verweer en selfs al bietjie geel gevat. Hierdie is die Psalm wat ek meestal by begrafnisse lees. Of by die graf of dan, in die geval van ‘n verassing net voor die kis vertrek. Dit is nou natuurlik as die familie nie vir my vra om uit Psalm 23 te preek vir die begrafnis nie. Die bladsy verweer is omdat ek al heelwat mense in die reën begrawe het en die reëndruppels het die bladsye bietjie verniel. (Ek moet darem ook erken dat die druppels nie altyd reëndruppels was nie.) Die geel is maar van baie hanteer.

Maar Psalm 23 is vir my ‘n Psalm vir die lewe.

1’n Psalm van Dawid.

 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Lees voort “GOD HET ‘N PERSOONLIKE VERHOUDING MET MY OOK”

LEEF JOU TABITA-TYD VOLUIT

20130412_160317Ek en Renate is terug van ‘n heerlike week by die see. Die Rustenburg ouma het vir die twee meisiekinders kom huishou sodat ons lekker by die see kan kuier. Ons het heerlike weer gehad en ek het elke dag twee keer geswem. Hierdie foto is die uitsig wat ons gehad het wanneer ons die slaapkamer se gordyne oopstoot.

In die kerklike jaar is ons nou in die tyd na die opstanding van Jesus Christus en voor Pinkster – die uitstorting van die Heilige Gees. Lees voort “LEEF JOU TABITA-TYD VOLUIT”

Going to Hell on an Airplane with Sam Harris: Revelation 22.14-20

My friend Scot McKnight at Jesus Creed posted this unbelievable sermon on his website. I know I just could have placed the link, but I enjoyed it so much, that I just had to re-post the entire sermon. When you look at his post you will see some comments just to indicate that there may be a question here and there, but I just enjoyed the way God’s love came through on this one.

By Jason Micheli:

It was my fault. I knew I should’ve carried on something by John Grisham or David Baldacci or maybe, like everyone else on the plane, The Kite Runner. Instead I’d fallen asleep with the evidence right there on my lap: a theology book, thick and unambiguous, with an unexciting orange cover that plainly, if obscurely, said Church Dogmatics II.1 by Karl Barth.

I’d just woken up after almost an hour not sure if we’d landed already or if we’d not yet taken off. I was out of sorts, my clothes were disheveled and drool was running in a thin, clear line from the corner of my mouth. The motionless plane was as hot and still as a subway car and damp from the rain that was still pelting down on the wings and the runway outside. I was hot and thirsty and stressed, knowing that I would now definitely be late, and, on top of all that, there was this question: ‘So, are you a priest…or a professor?’

It was my fault. I’d initiated conversation. I was the one who made first contact. ‘When she comes by again can you ask her for some water?’ I’d said. And the man in aisle seat said‘Sure’ and then pointed with his eyes at the boring-looking book that had slid off my lap into the buffer seat between us and with a raised brow he asked: ‘So, are you a priest…?’ Lees voort “Going to Hell on an Airplane with Sam Harris: Revelation 22.14-20”

EK PRYS U HERE

Daar is nie nog iets wat my die teenwoordigheid van God meer bewustelik kan laat beleef as ‘n groep gelowiges (‘n gemeente) wat God loof en aanbid nie. Aangesien ek self bietjie musiek maak en saam met ‘n span die lof en aanbidding in ons gemeente lei, het ek ook al deur die jare geleer dat die vlak van die gemeente se gesamentlike aanbidding, selde my eie vlak van aanbidding oortref.

Ek dink hierdie gevolgtrekking kan dalk subjektief wees, maar dit hou my op my tone. Ek het ‘n verantwoordelikheid teenoor die gemeente om te sorg dat my persoonlike aanbidding op ‘n gesonde basis is. Daarom is die Psalms vir my besonders.

Psalm 118:14-24 en Psalm 150.

14 Die Here is my krag en my beskerming. Dit is Hy wat my gered het!

15 Hoor die gejuig in die laer van die oorwinnaars: “Die Here doen kragtige dade,
16 die Here triomfeer, die Here doen kragtige dade!”
17 Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.
18 Die Here het my swaar gekasty, maar my nie aan die dood oorgegee nie.
19 Maak die tempelpoort vir my oop: ek wil ingaan en die Here loof.
20 Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan.
21 Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor en my gered het.
22 Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.
23 Dit is deur die Here gedoen en is ‘n wonder in ons oë!
24 Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

GOD MEER GEHOORSAAM AS MENSE

Ek lees vanoggend Handelinge 5:27-32a.

27 Hulle het hulle voor die Raad gebring, en die hoëpriester sê toe vir hulle: 28 “Het ons julle nie uitdruklik belet om die mense in hierdie Naam te leer nie? En nou lê die hele Jerusalem vol van julle leer! Boonop wil julle ons ook nog verantwoordelik hou vir hierdie man se dood.”

 29 Petrus en die ander apostels het geantwoord: “’n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense! 30 Die God van ons voorvaders het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom aan die kruis te hang. 31 God het Hom verhoog tot Leidsman en Verlosser aan sy regterhand, sodat Hy Israel tot bekering kan bring en hulle sondes kan vergewe. 32 En ons is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat deur God gegee is aan dié wat aan Hom gehoorsaam is.”

 

Ek gebruik die “MAAK DIT PERSOONLIK! metode om oor die gedeelte na te dink. As ek die gedeelte persoonlik maak, dan lees dit so:  Lees voort “GOD MEER GEHOORSAAM AS MENSE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑