AS JY 21 DAE GEHAD HET?

Ek is nuuskierig.

In Haggai 1:1-14 lees ons ‘n besonder mooi stukkie geskiedenis. Haggai het ‘n boodskap van die Here gekry, die boodskap afgelewer en waarskynlik en in dieselfde hoofstuk lees ons hoe die volk begin gehoorsaam. Vers 9 som die situasie so op: ” Julle het ‘n groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huistoe gebring het, het Ek laat verdwyn.” Die groot klag teen Israel was “Omdat my huis in puin lê terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk.” (Haggai 1:9b) Ek en jy is Nuwe Testamenties die “huis van God.”

Ek verstaan dit so: Kyk na julle lewe? Sien julle enigsins ‘n teken van die teenwoordigheid van die Here daarin? Wat dink julle, waarom is daar geen sigbare teenwoordigheid van God in julle lewe nie?

Volgens die Nuwe Testament is gelowiges die “huis van God” of dan die “tempel.” Nuwe Testamenties bestaan die “werk aan die huis van God.” (Vers 14) in persoonlike gehoorsaamheid aan God. Gehoorsaamheid is die aanduiding van hoe ek God toelaat om teenwoordig te wees in my lewe. In my gehoorsaamheid en steeds groeiende gehoorsaamheid, word die opbou-werk van die Heilige Gees sigbaar.

Sê nou jy moes binne 24 dae (Waarskynlik die tyd wat dit hier geneem het.) begin aan die “werk aan die huis van God.”, d.w.s.  – jou persoonlike gehoorsaamheid, waaraan sou jy moes werk. Sê nou jy moes drie sake noem waaraan jy persoonlik (meer) gehoorsaam moes wees, wat sou die drie sake wees?

Ek sou graag hierdie hierdie reaksies deel wou maak van Sondag-oggend se preek. Ek gaan mense uitdaag om oor ‘n tydperk van 21 dae daaraan te werk om in drie sake meer gehoorsaam te wees. Julle rekasies gaan ‘n voorbeeld wees van gehoorsaamheid waaraan mense sou kon werk?

Reageer asseblief onder ‘n skuilnaam, indien jy nie wil hê iemand moet weet wie jy is nie.

Ek wag in spanning!

Aan watter drie sake sou jy persoonlik (meer) gehoorsaam kon wees in jou lewe?

Advertisements

8 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

8 responses to “AS JY 21 DAE GEHAD HET?

  1. Pietertjie

    1. Gehoorsaamheid aan God in die week soos wat ons Sondae gehoorsaam is.
    2. Gehoorsaamheid in ons persoonlike tyd met God-Bybelstudie soos wat ons Sondae ons Bybel lees.
    3. Geloof in aksie – Dink dit sal die moeilikste wees as ek nie die ander twee eens reg kry nie.

  2. Vivre

    Dankie Attie,
    dis ‘n baie goeie ‘challenge’!

    1. Gehoorsaamheid as sulks – dus net om gehoorsaam te wees.
    2. Gehoorsaamheid tov my eie menswees teenoor alledaagse lewensomstandighede – die korrekte hanteering daarvan.
    3. Die uitleef van liefde in alles en teenoor almal.

  3. Ek dink almal sukkel met die drie goed waarmee Jesus in die woestyn deur die duiwel getoets is. Die “lust of the flesh”, “pride of possesionsor or life” en “the lust of the eyes”

    1 For the gratification of natural desires, to choose a pathway of comfort instead of seeking the kingdom of God and His righteousness.

    2 achieving personal glory in disregard of God’s will.

    3 to worship and serve the creature rather than the Creator.

  4. Iemand

    My eerste keer hier. Ek wil graag klein bietjie meer spesifiek wees.
    1. Ek sal een keer ‘n week iets vir iemand doen wat hy/sy nie vir hom-/haar self kan doen nie.
    2. Ek sal meer getrou wees in my tyd alleen met die Here.
    3. Ek sal een keer per dag vir elkeen van my kinders sê dat hulle vir my kosbaar is.

  5. Jak

    1.Bybelstudie.
    2.Gebed.
    3.Evangelisasie.

  6. Fanie

    Ek sal onmiddelik my tyd aan die volgende toewy:
    Ernstige, intense gebed en studie van die Woord tot ek die Heilige Gees se stem klokhelder kan hoor.
    Die geestelike versorging van veral my geliefdes.
    Getuienis.

    Daar tref my gewete my soos Os du Rant se tackle- waarvoor wag ek?

  7. Se maar net

    EINA……..jy slaan vandag weer tussen die oe….ek dink……….
    1. In Rustenburg…ek sal met die ou langs my in die Spar so vriendelik wees dat hy my vra WAT GAAN AAN?????????? en dan ver tel ek Hom van ons wonderlike Verlosser
    2. Ek sal baie meer tyd in gebed deur bring en so nog meer hoor wat die Here vir my wil se
    3. Ek sal ook graag meer vir ander wil beteken geestelik , emosioneel en sommer net daar wees as iemand my nodig het om te luister…..miskien is dit deel van getuienis

    Ek dink ook ek kan die volgende 21 dae vir jou elke dag 3 nuwe dinge gee wat ek sal wil doen, want jou vwerstand spring ook rof rond om te dink wat jy rerig wou eerste doen, maar gebed en stil word by Jesus bly belangrik

  8. Kandas

    Dit is nou al lankal wat die Here met my besig is oor ‘n paar dinge. Meer as drie. Ek probeer die hele tyd met Hom redeneer oor hierdie dinge. Ek gaan 21 dae neem om:
    1. Elke keer te probeer om in my huweliksverhouding die minste te wees en my liefde vir my vrou te leef.
    2. Ek gaan aan die einde van hierdie maand my dankoffer aanpas na wat die Here van my vra en elke maand daarna dit so gee. Ek gaan ongeveer 10% van my maandelikse inkomste vir my plaaslike gemeente gee.
    3. Ek gaan geleenthede soek om erkenning te gee vir dit wat mense doen en ten minste een keer per dag gaan ek dit doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s