Monthly Archives: Desember 2017

Godsdienstige rituele het waarde

church-family-300x279Hoe maak ek my kind groot tot eer van die Here?

Ek is met my hele hart verbind aan die verbond wat God met ons as ouers en met ons kinders het. Ek glo met my hele hart dat ons as ouers eerstens geroep is om in die lewe van ons kinders deel te word van dit waarmee God besig is – die missio dei, God se sending.

In Lukas 2 lees ek die verhaal van Josef en Maria en die manier waarop hulle deur hulle ouers-wees deel was van dit waarmee God besig was en steeds is. Ek dink ons kan iets by hulle leer.  Lees voort

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe, Die Kerk, Dissipelskap, Ouerskap

GRONDHERVORMING EN DIE NG KERK

Die verkiesing van Cyril Ramaphosa tot ANC president tydens die onlangse ANC Konferensie (16-20 Desember 2017) het vir baie van ons as ‘n verligting gekom. Oor die res van die top 6 van die ANC is almal nie so opgewonde nie. In die vroeë ure van Donderdag 21 Desember het die nuwe president van die ANC sy nooienstoespraak gegee. ‘n Toespraak wat uit die aard van die saak intens bestudeer sou word.

Persoonlik was die besluit van die konferensie oor die vervreemding van grond sonder vergoeding die besluit wat my die meeste onseker laat voel het. Sommige verslaggewers het selfs gedink dat Ramaphosa die verkiesing tot president van die ANC gewen het, maar die beleidskonferensie verloor het omdat die beleid meer die fokuspunte van die Dlamini-Zuma kamp se Radikale Ekonomiese Transforemasie weerspieël as die van die Ramaphosa kamp.

Ek sien egter in koeranteberigte oor die aangeleentheid dat hierdie besluit met duidelike voorwaardes kom. Lees voort

1 Kommentaar

Filed under Missionaal, Politiek