HOEKOM GELYKENISSE IN DIE BYBEL

Gelukkig is die Bybel nie net 66 boeke met stellings en waarhede en moeilik verstaanbare teologie nie. Gelukkig is daar verskillende literêre vorme waarmee God met ons praat. God praat met ons deur verhalende gebeur, stories, gedigte, profesieë, apokalips literatuur, ens.

Gelykenisse is baie mense se gunsteling.

Wat is ‘n gelykenis? Lees voort “HOEKOM GELYKENISSE IN DIE BYBEL”

ONS LEES BIETJIE BYBEL

Ek het persoonlike onderhoude gevoer met 89 kinders in my belydenisklas. Ek is dalk subjektief betrokke by die kinders omdat ek nou al ‘n hele rukkie met hulle aankom, maar ek het ‘n draad opgetel in my gesprekke met hulle. Ek het opgetel dat die meerderheid van hulle in hulle diepste wese graag ‘n goeie verhouding met God wil hê. Hulle weet ook dat die Bybel ‘n baie belangrike rol speel in hulle verhouding met die Here. Hulle probleem is: Wat lees ‘n mens? Die meeste van hulle lees maar daar waar die Bybel oopgaan of een of ander stukkie wat hulle aandag trek.

Ons maak toe ‘n plan. Lees voort “ONS LEES BIETJIE BYBEL”

JOHN SPONG (ongelukkig) IN SUID AFRIKA

Biskop John Spong is ‘n afgetrede biskop van die Anglikaanse Amerikaanse kerk. Hy besoek Suid Afrika op uitnodiging van die Nuwe Hervormings Netwerk. Een van die belangrike rolspelers in die Nuwe Hervormings Netwerk is Sakkie Spannenberg, wat bekend is by Christene in Suid Afrika oor die manier waarop die gesag van die Bybel as die Woord van God afgebreek en tot niks gemaak word. 

Biskop John Spong speel voort op hierdie snaar, Lees voort “JOHN SPONG (ongelukkig) IN SUID AFRIKA”

BRING WEER DIE PASSIE TERUG

Ek kry hierdie vraag: Ons gemeente kom deur ‘n moeilike tyd. Hier is ‘n paar van ons wat voel dat ons die regte dinge doen, maar die opgewondenheid en passie en entoesiasme waarvoor ons as gemeente redelik onlangs nog bekend was, is skielik net weg. Kerk het werk geword. Liefde vir mekaar moes plek maak vir wedersydse ordentlikheid. Is daar iets wat ons kan doen?

Ek het bietjie gaan rondkyk by wat ander ouens in soortgelyke situasies sê. Onder andere het ek bietjie kers opgesteek by Scott McKnight; Internet Monk; John Piper: NT Wright.  

Laat ek net heel eerste sê: Ek sien myself nie as iemand wat regtig in staat is om sukkelende gemeentes te help nie. Ek het egter gaan dink oor die vraag. Wat sou ek gedoen het as ek in daardie gemeente predikant was? Wat sou ek voorgestel het as ek geweet het die gemeente gaan my aanbeveling aanvaar? My antwoord sou naastenby so iets gewees het:

Lees voort “BRING WEER DIE PASSIE TERUG”

KARAKTERVORMING NEEM TYD

Tieners en jongmense (Selfs volwassenes) het ‘n baie groot behoefte aan aanvaarding. Om deur ander aanvaar te word, moet mens gewoonlik een van die drie V’s hê: Voorkoms; Verstand; Vermoë. Dit wil sê mens mooi moet wees (Voorkoms) en baie punte kry (Verstand) en suksesvol wees (Vermoëns) met een of ander iets – as jongmense verkieslik een of ander sport. Hierdie drie dinge maak jou gewild by ander.

Die enigste probleem is dat daar altyd iemand gaan wees of iemand gaan kom wat my op ten minste een van daardie drie, indien nie al drie nie, gaan klop. Wanneer dit gebeur is ek weer op soek na aanvaarding want dan is ek nie meer so gewild nie. Die wêreld se standaarde bring gewildheid. Die Here se standaarde bring gesindheid of kakrakter.  Lees voort “KARAKTERVORMING NEEM TYD”

BAKENS VAN HOOP

Mens moet maar altyd weet dat die media in hulle beriggewing nooit alles sê nie. Ek lees in Vrydag 26 Oktober se Beeld dat Dr. Nelus Niemand die uittredende moderator van die NG Kerk se Hoëveldse Sinode gesê het dat hy vanuit gesprekke met lidmate aflei dat dit vir die hedendaagse mens nie meer belangrik is wat van hulle gaan word as hulle doodgaan nie.

Ek dink hy maak ‘n belangrike punt Lees voort “BAKENS VAN HOOP”

CHRISTENE SE nie-CHRISTELIKE LEEFSTYL

George Barna het onlangs bevind dat vandag se Christen tieners baie graag wil gesels oor wat reg en wat verkeerd is. met ander woorde die “Wat is sonde?” debat is skielik vir die tieners regtig belangrik. Ek hoop van harte dit is omdat hulle bietjie van ‘n omkeer wil bewerk in die morele leefstyl. Almal van ons is tog op ‘n manier bekommerd oor die morele agteruitgang. Die probleem is egter wanneer dit begin lyk asof Christene deel is van die morele agteruitgang.

Scott McKnight bespreek op sy blog ‘n boek unChristian van Kinnaman en Lyons. Onder ander doen die twee here ‘n bietjie navorsing oor die kwessie van skynheiligheid. Die vraag waaroor dit op die ou end gaan is: Behoort ons bekommerd te wees oor die feit dat daar op die oog af geen verskil is in die leefstyl van mense wat sê dat hulle weergebore Christene is, en die leefstyl van nie-Christene. Lees voort “CHRISTENE SE nie-CHRISTELIKE LEEFSTYL”

VRAE WAARMEE ONS WORSTEL

In ons gemeente is ons besig met die toerusting van 45 manne en vroue om in een tot een verhoudings mense te begelei om hulle tye van swaarkry en seerkry sinvol te deurleef met die hoop en vertroue dat die persoon wat swaarkry ‘n sterker en beter mens aan die ander kant sal uitkom. Ons is onbeskaamd Christelik in ons benadering. Hierdie mense word onder andere met gespreks- en verhoudingsvaardighede toegerus ten einde oor ‘n redelike langtermyn ‘n verhouding te vestig wat gebaseer is op wedersydse vertroue en respek. Hulle word ook geleer om sensitief te wees vir geleenthede om ‘n geestelike gesprek te voer, sodat ons die geestelike vrae wat elke mens mee worstel sinvol kan beantwoord.

Punt is… mense vra vrae wat die wese van hulle bestaan raak. Die volgende vrae blyk volgens bronne die belangrikste bestaansvrae te wees waaroor mense wonder:

Lees voort “VRAE WAARMEE ONS WORSTEL”

WENNERS EN VERLOORDERS

“As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” ( Markus 9:35)

Hierdie is een van die moeiliker beginsels in die Bybel om uit te leef. Kyk maar net hoe lekker was dit vir almal van ons om Saterdag-aand te kyk hoe die Springbokke die wêreldbeker wen. Ons is almal so trots, ‘n buitestaander sou dink ons het self in daardie span gespeel. Dit het ons ook nie baie lank gevat om grappe uit te dink oor die Engelse nie.

Bv.: Wat noem jy ‘n Engelsman met ‘n Rugby Wêreldbeker in sy hand? ‘n Graveerder. Lees voort “WENNERS EN VERLOORDERS”

DIE WAARDE VAN STILTE (II)

John Frye maak hierdie opmerkings: 

“What is a spiritual discipline? It is simply a human activity that creates a space or setting for God to work. I do mean for God to work and work mightily. I now understand for example, that solitude and silence are not activities that earn God’s favor or blessing. They are simply practices I choose to do that position me to receive God’s favor or blessing. Since this is true, I would be a fool to be negligent in practicing these two significant, time honored behaviours.” Lees voort “DIE WAARDE VAN STILTE (II)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑