NAGEDINK OOR VEILIGE RUIMTES

communication-600x600Vir verskeie redes is ek genoodsaak om na te dink oor die hele kwessie van “veilige ruimtes”. Enersyds was dit as gevolg van eie ervarings. Andersyds was dit as gevolg van waarneming van ander persone as deel van ‘n groep, gesprek of vergadering. In die tyd wat ek hieroor gedink het, het ek opmerkings gehoor soos:

“Naam… is nie reg nie, eintlik is dit hoe ons oor die saak moet dink.”

In hierdie situasie sal “naam” waarskynlik nie weer aan die gesprek deelneem nie, “naam” is verkeerd.

“Wat jy sê is waar, maar ons het dit al probeer en dit is ‘n probleem waarop ons nie die antwoord het nie.”

So ‘n persoon sal nie die vrymoedigheid hê om weer aan die gesprek deel te neem nie. Hoe weet ek wanneer ek weer iets sê wat hierdie groep se ervaring alreeds ‘n finale mening oor laat vorm het?

NEGATIEWE VEILIGE RUIMTE

Daar is iets soos negatiewe veilige ruimtes. Negatiewe veilige ruimtes is ruimtes wat geskep word en waar jy daarvan verseker word dat jou idees en oortuigings nie bevraagteken gaan word nie.

“In most cases, safe spaces are innocuous gatherings of like-minded people who agree to refrain from ridicule, criticism or what they term microaggressions… so that everyone can relax enough to explore the nuances of, say, a fluid gender identity.”

Indien ‘n kerk of gemeente op hierdie manier ‘n veilige ruimte wil wees, is daar geen ruimte meer vir groei nie. Die word “mikro-agressie” het my opgeval in verskeie artikels wat ek hieroor gelees het. Lees voort “NAGEDINK OOR VEILIGE RUIMTES”

Blog at WordPress.com.

Up ↑