LEES OM TE VERSTAAN

Bybelstudie is nie dieselfde as om die Bybel te lees nie.
‘n Mens kan die Bybel lees sonder om die Bybel te verstaan.

Bybelstudie is nie dieselfde as meditasie oor die Woord nie.
Tydens meditasie fokus ‘n mens jou gedagtes op een of twee verse op ‘n slag.

Bybelstudie is nie dieselfde as om boeke oor die Bybel te lees nie.
Boeke oor die Bybel behoort net hulpmiddels te wees om jou te help om die Bybel beter te ken en te verstaan.

Bybelstudie is nie dieselfde as om te luister na wat ander oor die Bybel sê nie.
Om net na preke te luister is soos om net boeke oor die Bybel te lees – dit behoort net ‘n hulpmiddel te wees.

Hoekom moet ek Bybelstudie doen?
Om die Bybel deel van my lewe te maak.
Lees voort “LEES OM TE VERSTAAN”

VERDWAAL (3)

Ek wonder of die van ons wat lank terug, nadat ons so erg verdwaal was en toe op een of ander wyse weer die pad waarop ons moes wees gekry het, ooit nog kan onthou hoe dit gevoel het toe ons verdwaal was. Vir ons wat reeds die pad terug gekry het, mag dit, van waar ons nou is lyk asof “verdwaal” of “selfs “verlore” ‘n goeie woord is om te beskryf waar ons ons self op daardie stadium bevind het, maar dit is sonder twyfel nie die manier waarop die mense wat steeds “verdwaal” of “verlore” is hulleself beskryf, of aan hulleself dink nie. Inteendeel, hulle dink nie hulle is verdwaal – hulle dink dalk eerder dit is ons wat verdwaal het.

“Verdwaal” of “verlore” is ‘n woord waarmee ‘n mens die situasie beskryf waar iemand hom-/haar self bevind as hy/sy nie volgens sy/haar skeppingsdoel leef nie. Terloops: God se skeppingsdoel vir ons is nie om ‘n gebed op sê wat ons vrye toegang tot die hemel gee nie, Lees voort “VERDWAAL (3)”

DIE SEISOENE VAN ‘N TIENER SE LEWE

Ek het vanoggend die erediens gehou vir ons plaaslike hoërskool se matrieks. Ek het aan hulle die verskillende seisoene in ‘n tiener se lewe verduidelik aan die hand van die volgende voorbeeld:

Ons het twee honde, ‘n boerboel en ‘n worshond. Die boerboel se naam is Annie en die worshond se naam is Dawie. Annie het ook deur ‘n paar seisoene gegaan. Net nadat sy by ons aangekom het, het ons seker gemaak dat die erf deeglik toe is sodat sy nie kon uitgaan en wegraak nie. Met die verloop van tyd het sy al hoe groter deel van die werf leer ken en ondersoek. Tog was sy binne sig. As sy gate gegrou het of aan die besproeiing gekou het, het ons geraas en later het sy geleer wat ons van haar verwag.

Hierdie seisoen vergelyk ek met die kleuter en laerskool jare van ‘n kind se lewe. Binne sig van die ouers en in ‘n groot mate afhanklik van die leiding wat die ouers gee. Lees voort “DIE SEISOENE VAN ‘N TIENER SE LEWE”

HOEKOM MOET EK DAN BID?

Daar is vyf redes waarom ek bid.

1. Gebed bou my persoonlike verhouding met die Here.

Christenskap gaan nie in die heel eerste plek oor reëls en wette wat ek moet gehoorsaam of ‘n studie om te weet wat vir God aanvaarbaar is en wat nie, dit gaan in die heel eerste plek oor ‘n verhouding – ‘n liefdesverhouding tussen God en ‘n mens en sy kerk en sy wêreld.

Vir die voorreg om in hierdie liefdesverhouding met God te mag leef, leef ek dankbaar gehoorsaam, op soek na sy wil vir my lewe. Ek wys my liefde en my lojaliteit aan Hom deur te doen wat Hy wil hê. Dankbare gehoorsaamheid is my reaksie op God se genade. In eerlike en met ‘n oop hart in gebed beleef ek die dieptepunt van hierdie persoonlike verhouding met God.

2. Gebed help my teen versoekings. Lees voort “HOEKOM MOET EK DAN BID?”

LEER ONS BID

Hoe leer ‘n mens ‘n tiener om te bid?

Voordat ‘n mens enige iemand leer om te bid, moet jy hierdie belangrike vraag antwoord: Hoekom moet ek bid?

Ek is bevrees die antwoord wat gewoonlik op daardie vraag gegee word, is dalk een van die redes waarom mense nie bid nie. Ek het al baie kere gehoor hoe iemand wat die belangrikheid van gebed wil beklemtoon mense nooi om te kom vertel hoe God hulle gebede verhoor het. Die groot dinge wat in jou lewe gebeur kom in antwoord op gebed. Bid sodat groot dinge in jou lewe kan gebeur …

Natuurlik is dit waar, maar dit is nie die volle waarheid nie. Lees voort “LEER ONS BID”

GOD HET MEER VERTROUE IN JOU AS WAT JY IN JOUSELF HET!

Ek preek Maandag-oggend by die matriek-diens van die hoërskool waar my dogter hierdie jaar in matriek was (Rustenburg Hoërskool). Terloops, sy het Vrydagaand erekleure vir akademie gekry – haar pa is baie trots op haar. Nadat ek lank gewonder het oor wat dit is wat ek graag sou ou hê dat hulle moet hoor, het ek hierby uitgekom: “God het meer vertroue in jou as wat jy in jouself het – en daarom is jy veilig by Hom.”

Ek het besluit om Psalm 118 te gebruik met die gedagte dat ‘n mens in hierdie woeste lewe van vandag nodig het om by die Here te skuil. Daar gebeur egter soveel dinge wat ons laat dink dat ons nie meer welkom is om by Hom te skuil nie, maar ook wat mens laat dink dat jy die Here so teleurgestel het, dat Hy vertroue in jou verloor het soos jy dalk vertroue in jouself verloor het. (Ons maak mos die fout om te dink dat God oor ons voel soos ons oor onsself voel.)

Ek wonder hoeveel voorbeelde is daar van mense wat ten spyte van hulle omstandighede agtergekom het dat hulle welkom is om by God te skuil en dat God hulle steeds vertrou?

Job is ‘n voorbeeld. Lees voort “GOD HET MEER VERTROUE IN JOU AS WAT JY IN JOUSELF HET!”

VERDWAAL (2)

Don Everts en Doug Schaupp het ‘n boekie geskryf met die titel “I Once was Lost.” In die boekie beskryf hulle die roete waarvolgens ‘n “post-moderne” mens tot geloof in die Here Jesus Christus kom. In plaas van die beeld “verlore” (Wie wil as ‘n verlore mens bestempel word?) gebruik hy die woord verdwaal. Die mens het verdwaal oppad na die bestemming wat God vir hom/haar bepaal het.

Gelukkig is daar weer bakens (padtekens) wat die persoon wat verdwaal is help om weer die regte paaie en afdraaie te neem om by sy/haar bestemming uit te kom.

Ek het tot bekering gekom in reaksie op die vraag: “As jy vanaand doodgaan, waarheen gaan jy?” Ek het gedink ek gaan hemel toe, maar toe kom die tweede vraag: “Sê nou jy kom in die hemel en die Here vra vir jou ‘Hoekom moet Ek jou in die hemel toelaat?’ wat gaan jy antwoord?” Daarop het ek blykbaar nie ‘n geoeie antwoord gehad het nie, en die Here het daardie gesprek gebruik om my lewe om te draai tot waar ek vandag is. Uit my ervaring met tieners en ander jongmense, weet ek dat hierdie “tegniek” nie meer effektief is nie.

Vir die mens van vandag is die pad na geloof baie meer ‘n proses as ‘n enekel gebeurtenis. Lees voort “VERDWAAL (2)”

VERDWAAL

Ek het Dinsdag verdwaal – ernstig verdwaal. So erg verdwaal dat ek nie eers kans sien om dit hier te noem nie.

Ek het ‘n GPS, maar die ding se kop het deurmekaar geraak en my net nog meer laat verdwaal. Ek het instruksies gehad oor hoe ek moes ry, maar ek het eerder die GPS vertrou – dit is waarskynlik die belangrikste rede waarom ek verdwaal het. Ervaring het my geleer dat die GPS gewoonlik vertrou kan word, hierdie keer was dit nie so nie. Op die ou end het ek besluit om op my intuïsie staat te maak. Lees voort “VERDWAAL”

EK GAAN WEER PROBEER

Die laaste paar maande was ‘n paar rowwe maande in my lewe.

As ek sê dat ek nie tyd gehad het om te “blog” nie, dan is dit regtig so. Aan die ander kant het “blog” die plek in geneem van my vroeë oggend tyd alleen met die Here. Ek het vir ‘n lang tyd baie redes aangevoer waarom ek die daaroor skuldig hoef te voel nie. Onder andere omdat ek in elk geval meeste van die tyd hier met die Bybel en gedagtes oor die Here besig was. Maar, dit was nie ‘n goeie rede nie, dit is net so goed om te sê ek preek Sondag en ek bid in die erediens en daarom het ek nie nodig om alleen met die Here te wees nie.

Ek het hierdie paar maande gebruik om my prioriteite in daardie opsig weer reg te kry. Ek het daagliks ‘n tyd vroeg in die oggend saam met die Here – behalwe die kere wat die nag te rof was. Ek is nie spyt nie, my persoonlike verhouding met die Here is die hoogste prioriteit in my lewe, ek wil die verhouding nie afskeep nie.

Die rede waarom dit ‘n bietjie rof gaan is omdat twee van die vier predikante binne die volgende 3 maande weggaan. Die een is op die aftree ouderdom en die ander een het besluit om met vervroegde pensioen te gaan. Nou is ons net twee leraars in ‘n redelike groot gemeente en dit vra baie ure en baie werk.

Waarom het ek vanoggend weer begin skryf?

Ek dink dit het daarmee te make dat ek gisteraand breekpunt bereik het. Lees voort “EK GAAN WEER PROBEER”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑