GELYKENIS 30: DIE EISE VAN DISSIPELSKAP

Ek lees vanoggend op Ding se “blog” ‘n vraag oor wat is die kern van die Christelike geloof. Vandag se gelykenis gaan oor die eise van dissipelskap. Deel van Jesus se antwoord is:

“As iemand na My toe kom kan hy nie my dissipel wees nie, tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters , ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie. Lees voort “GELYKENIS 30: DIE EISE VAN DISSIPELSKAP”

GELYKENIS 29: DIE LEWE IS EEN GROOT FEES

Die lewe is ‘n fees. In die Bybel word die lewe in die koninkryk baie kere vergelyk met ‘n fees. Gelukkig is die tye besig om te verander en sien mens meer gereeld ook hoe Christene uitbundig lag en die lewe geniet. Daar is geen gesonde plesier en vreugde en spel waaraan ‘n Christen nie kan deelneem nie. In vandag se gelykenis gebruik Jesus ‘n groot fees as ‘n voorbeeld vir lewe binne die koninkryk. Die Christen se lewe is vol uitbundige vreugde want sy hele lewe is by ‘n fees wat die Gasheer voorberei het en waarheen hy ons genooi het.

Een van die wat saam aan tafel was, het dit gehoor en vir Hom gesê: ‘Gelukkig is die man wat aan die die maaltyd in die koninkryk van God kan deelneem.’ 

Toe sê Jesus vir hom: ‘Daar was ‘n man wat ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi het. Lees voort “GELYKENIS 29: DIE LEWE IS EEN GROOT FEES”

GELYKENIS 28: ‘N TWEEDE KANS EN OOK ‘N LAASTE KANS

BYBELLEESPROGRAM VIR DESEMBER

Ek wonder hoeveel genade-kanse het ek al in my lewe gehad. Ek wonder hoeveel keer het ek deur die genade van my hemelse Vader ‘n tweede kans gekry en kon ek weer voor begin. Terselfdertyd weet ek ook van die kere wat ek my nie aan die waarskuwings gesteur het nie, en die bitter gevolge van my ongehoorsaamheid moes dra. Vandag se gelykenis gaan oor baie genade en ernstige waarskuwings.

“Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: ”n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek, maar niks kry nie, sê hy vir die tuinier: Lees voort “GELYKENIS 28: ‘N TWEEDE KANS EN OOK ‘N LAASTE KANS”

BYBELLEESPROGRAM DESEMBER 2007

Ek het ‘n Bybelleesprogram vir Desember 2007. As jy lus is saam met ander dieselfde gedeeltes te lees kan jy onder die BYBELLEESPROGRAM hier kry en dalk uitdruk om in jou Bybel te sit. In die tyd rondom kersfees sluit die leesprogram aan by die tyd waarin ons is en lees ons verskillende gedeeltes oor die geboorte van Jesus. So ver moontlik gaan ek my gedagtes oor die gedeeltes hier op die “blog” kom neerpen as jy wil saam gesels en saam dink.

GELYKENIS 27: KOM ONS WERK SAGGIES MET DIE KINDERS VAN DIE HERE

Ek is dikwels geskok oor die manier hoe kerkrade of ‘n gemeente se leierskap of selfs individue hulle leraars behandel, maar ek is net soveel kere geskok oor hoe leraars hulle kerkrade of leierskap of gemeentes behandel. Beide sou waarskynlik na aanleiding van gister en vandag se gelykenis kan sê: Ek is die slagoffer van die slegte en onbetroubare slaaf. Wie van ons sal dan nou doelbewus daarop uit wees om mede-gelowiges sleg te behandel? As die hale van die sweepslae en die slaan op jou rug lê dan is dit waarskynlik omdat jy dit verdien. Vandag se gelykenis laat my dink… Lees voort “GELYKENIS 27: KOM ONS WERK SAGGIES MET DIE KINDERS VAN DIE HERE”

SY HET DIE SIRKEL VOLTOOI

Ek onthou die dag toe ek haar die eerste keer gesien het. Dit was in Augustus 2005. Sy het die afspraak gemaak. Sy het met ‘n baie ou karretjie by die kerk gestop. Toe sy by die spreekkamer instap was haar gesig vir my bekend. Later sou ek onthou ek sien haar gereeld in die kerk. Sy sit in die middel regs op die gallery. Toe ek die volgende Sondag op die kansel staan en weer na die gallery kyk toe sien ek haar weer, toe besef ek dat sy elke week dieselfde rokkie aanhet. Lees voort “SY HET DIE SIRKEL VOLTOOI”

GELYKENIS 26: VOORBEREID OF NIE?

Ons huis se alarm het verlede nag afgegaan. Ons het ‘n alarm-sisteem rondom die huis wat menslike beweging optel en dan afgaan. Mens skrik wanneer dit in die middel van die nag gebeur, omdat jy nooit weet wanneer iemand kom om in te breek nie. Ek het opgestaan en gekyk en niks gesien nie en die reaksie mag van die maatskappy het (wel ‘n halfuur laat) ook kom kyk en niks gesien nie. Ek het ‘n alarm-sisteem rondom my huis omdat geen dief laat weet wanneer hy gaan kom. My alarm waarsku my. Lees voort “GELYKENIS 26: VOORBEREID OF NIE?”

LOUW HET KOM KUIER

Ek en Louw was boesem vriende op Universiteit. Ons het saam teologie geswot, twee keer saam graad en saam ons diplomas gekry. Saam deur van ons kinders se geboortes, saam karre gekoop en saam nagte deur gewerk. Toe ons klaar geswot het in 1986 is elkeen van ons in ‘n ander rigting. Ek het na die Noorde toe gekom en hy het in die Wes-Kaap ‘n beroep gekry. Ons het mekaar nooit weer gesien nie en ook nie weer kontak gehad nie. Toe maak Louw ‘n paar maande terug kontak. Hy kom na hierdie omgewing toe en dalk kan ons mekaar sien. Ongelukkig werk dit toe nie so uit nie. Hierdie week bel hy weer, ons maak ‘n afspraak en Saterdag-oggend ry hy en Susan al die pad van Pretoria af net om by my en Renate koffie te drink.

Die kuier was lekker en dit het ons nie lank gevat om op te tel waar ons vriendskap gestop het nie. Lekker gekuier en ek sien uit daarna om weer die vriendskapsbande op te tel. Maar, Louw se besoek was asof van die Here. Sien, ek sien myself as “in transito”. Lees voort “LOUW HET KOM KUIER”

‘N GOEIE AARDE.

Die tyd waarin ons leef is boos, beteken dit dat die hele aarde ook boos is? In die tyd toe Jesus geleef het, was die algemene siening dat die tyd boos is en Jesus het daardie siening met die mense van sy tyd gedeel. Met betrekking tot die aarde het Jesus egter ook by die Hebreeuse gedagtegang van die tyd aangesluit en die aarde gesien as God se skepping. Alhoewel hierdie wêreld vol booshede was, was die aarde ‘n goeie aarde.

Jesus het dit duidelik gestel dat God die Skepper van die hemel en die aarde en die mens is. (Mk. 13:19; Mt. 19:4) Lees voort “‘N GOEIE AARDE.”

‘N RIT OM TE ONTHOU

Roger Simms het sy laaste dag in die weermag gehad. Die dag was vir hom baie besonders en daarom sou hy nooit die datum vergeet nie – dit was 7 Mei. Die swaar tas wat hy saam met hom gedra het, het Roger baie moeg gemaak. Hy was opgewonde daaroor om vir eens en vir altyd sy militêre uniform uit te trek. Toe hy ‘n kar hoor aankom het hy sy duim in die lug gesteek as ‘n teken dat hy graag opgelaai wou word. Toe hy omkyk en sien dat dit ‘n swart Caddilac is, het hy moedeloos sy hand laat sak. Tot sy groot verbasing het die Caddilac gestop en die deur aan die passasierskant het oopgegaan. Roger het dankbaar nader gehardloop, sy tas in die kattebak gesit en langs die netjies geklede man ingeklim.

“Gaan jy vir goed huistoe?’ het die man gevra. Lees voort “‘N RIT OM TE ONTHOU”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑