satan in die lewe van die gelowige

Verdra my asseblief op hierdie een, ek is op geen manier ‘n kenner oor die saak nie, maar ek gaan so ‘n klein bietjie van my eie manier van dink oor hierdie saak gee.

Ek verstaan die Bybel as dat die manier waarop God sy verlossingswerk in die wêreld voortsit, is deur sy Koningsheerskappy en dan veral deur mense deel te maak van die manier waarop Hy sy werk op aarde voortsit.

Die invloed van Satan en sy trawante het ‘n soortgelyke en praktiese rol wat hulle speel. Lees voort “satan in die lewe van die gelowige”

twyfelaars wat glo II

Twyfel is nie dieselfde as ongeloof nie.

Ongeloof is om te sê God bestaan nie. Twyfel is om juis te sê dat God bestaan, maar ek weet nie watter rol Hy op hierdie stadium in my lewe speel nie.

Ongeloof is om te sê Jesus is nie die Seun van God nie. Twyfel is om te sê dat ek juis weet dat Hy die Seun van God is en dat my sondeskuld vergewe is omdat Hy my skuld aan die kruis gedra het en dat as ek in Hom glo ek die ewige lewe het, maar wat beteken dit vir my hier en nou. Lees voort “twyfelaars wat glo II”

satan in die lewe van judas.

Satan en Judas het my aan die dink. In Lukas 22:3-6 staan:

“Die satan het in Judas, wat Iskariot genoem is en een van die twaalf was, ingevaar. Hy het toe met die priesterhoofde en die offisiere van die tempelwag gaan praat, oor hoe hy Jesus in hulle hande kan laat kom. Hulle was bly en het ooreengekom om hom daarvoor te betaal. Hy het ingestem en na ‘n geskite geleentheid gesoek om Jesus te verraai waar die volk nie by is nie.”

Die Judas-sonde: Hy het nie net die volgelinge van die Here Jesus verraai nie, maar vir Jesus self verraai.  Ek dink elkeen van ons kan voorbeelde aanhaal van mense wat die Judas-sonde gepleeg het. Lees voort “satan in die lewe van judas.”

Blog at WordPress.com.

Up ↑