ek en tieners

Ek kan nie anders nie. Ek moet bly dink oor tieners. Ek werk met hulle. Ek werk al baie jare met tieners. Ek is nie seker of dit ‘n voordeel of ‘n nadeel is nie. My verhouding met tieners begin by my studentejare op Stellenbosch toe ek van my vierde jaar af in Bellville ‘n jeugpos gehad het. Daarna was ek maar nog altyd verantwoordelik jeug-bediening.

Ek is nie seker of my jarelange verbintenis met die jeug altyd ‘n bate is nie. Lees voort “ek en tieners”

ek en tieners

Die dissipels het na Jesus toe gekom en Hom gevra om hulle te leer bid. Hy het hulle toe die heel eenvoudige gebed wat ons as die “Ons Vader” ken geleer. Iemand het gesê dit is eenvoudig want as dit bietjie meer ingewikkeld was, sou ons dit opgemors het.

Miljoen der miljoene Christene bid die “Ons Vader” gebed daagliks en van hulle is daar nog miljoene wat dit soveel kere as moontlik bid. Die bedoeling is dat die herhaling van die gebed die bidder se gedagtes op God sal rig en hy/sy so die hele tyd bewus sal wees van God se teenwoordigheid. Die wat dit so doen getuig dat dit wel so gebeur.

Net die eerste paar woord beteken vir my so baie.
Lees voort “ek en tieners”

die gemeente op die hoek

Iemand in ons gemeente stuur vir my hierdie stukkie wat hy n tyd terug op kletskerk raakgeloop het. Ongelukkig weet ek nie we die skrywer is nie, maar ek waag tog maar om dit hier te “paste”.

Maak toe en gaan terug!

deur Nehemia

Ek dink ons dwaal af van die Bybelse model van kerkwees…

Orals is daar gemeenskappe met hul kerkgeboue wat Sondag na Sondag net ‘n handjievol vasbyters het… ek het respek vir vasbyters, vasbyters is die verkeerde woord… nee dit is eerder mense wat vas glo dat die God wat hulle geroep het, hulle ook geplaas in die huis waar hulle woon… met die gay paartjie wat langsaan woon, Lees voort “die gemeente op die hoek”

nogeens zuma se gewraakte uitsprake

Ek lees baie omdat ek graag wil leer. Ek wil leer omdat dit die manier is waarop ek nuwe insigte ontwikkel en nuwe insigte bring nuwe optrede en nuwe optrede verander my. Somtyds is die proses iets wat oor ‘n tydperk  gebeur. Somtyds gebeur dit vinnig. Nou het daar so iets in my lewe gebeur en ek skryf nou daaroor.

Ek volg nou al lank vir Mynhardt van Pletzen op twitter. Gister toe skryf hy hierdie “post” oor die Zuma-debakel. Ek gaan lees toe en besef dat ons ersntig na hom sal moet luister. Glo my, dit is nie vir my maklik nie.

“Practicing real world spirituality is almost always counter intuitive to our first instincts as humans.

Understanding our spiritual selves means being comfortable with the upside-down, inside-out world, as so beautifully articulated by Jesus in the Gospels. 

We are to be citizens in a kingdom where the first will be last, where you have to give away in order to receive, and where you have to die if you want to live.

One wrong way round value we often misinterpret, is the one that says we’ve got to stand up for our rights. Being a follower of Jesus identifies you with the Man who had no rights, and who gave up all his rights for the sake of others. Lees voort “nogeens zuma se gewraakte uitsprake”

zuma se gewraakte “hemel” en “hel” uitdrukking

Ons kan President Jacob Zuma se opmerkings oor die hemel en die hel nie net verby laat gaan as nog ’n uitdrukking van ’n opportunistiese politieke leier nie. Volgens vanoggend se Beeld het hy gesê:

“Wanneer jy daar bo kom, word verskillende kaarte gebruik, maar wanneer jy ’n ANC kaart het, sal jy toegelaat word.”

“Wanneer (Jesus) ons kom haal, sal ons vind diegene (in die hiernamaals) dra, swart, groen en goud… die heiliges behoort aan die ANC.”

Hy het verder gesê dat die wat teen die ANC stem hel toe gaan.

Hierdie begrippe: “Hemel”, “hel”, “wederkoms” van Jesus het ’n baie besondere geestelike en emosionele betekenis vir die oorgrote meerderheid mense in Suid-Afrika. Lees voort “zuma se gewraakte “hemel” en “hel” uitdrukking”

Die regte medisyne vir die pyne van kwynende kerke

Hierdie artikel van Stephan Joubert het gister in Rapport veskyn:

’n Ruk gelede moes ek by ’n saamtrek praat oor die toekoms van die kerk. Toe waag ek dit om te sê dat as ons aanhou doen wat ons tans doen, gaan ons bly kry wat ons nou kry – werklikheidsvreemde gemeentes!

As ons nie anders begin dink oor die kerk as ’n geloofsbeweging eerder as ’n oorbestuurde kerklike instituut nie, gaan niks dié groeiende irrelevansie stuit nie.

Gevaarligte flikker weens die instandhouding van die rolle van professionele leraars as geestelike eenstop-dienste; eindelose administrasie; flou kategese wat die Bybel ’n vreemde boek vir jongmense maak; oorbeklemtoning van dogma (ortodoksie) ten koste van geleefde geloof (ortopraksie), en ’n steriele teologie waar die kerk die koninkryk van God op die agtervoet gedwing het. Lees voort “Die regte medisyne vir die pyne van kwynende kerke”

die belangrikheid van kleingroepe

Die Bybel plaas ’n besondere klem op gelowiges wat in kleiner groepe bymekaar moet kom. In die Nuwe Testament is daar verskeie plekke waar daar na kleingroepe in die vroeë kerk verwys word. (Handelinge 2:46; 12:12; 20:8; 20;20; Romeine 16:4-5; 1 Korintiërs 16:19; Kolossense 4:5; Filemon 2) Daar is ook sekere opdragte in die Bybel wat daarop dui dat dit gedoen moet word. Hierdie opdragte het hoofsaaklik te make met dinge wat nie moontlik is om in ’n groot groep soos ’n gemeente of dan ’n Sondag-erediens bymekaar te kom. Christene het ’n verantwoordelik om mekaar te dien. (Hebreërs  3:13; 10:24-25; Galasiërs  6:2; Kolossense  3:16; Jakobus 5:16; 1 Petrus 4:8-9; Efesiërs 4:32) Die verskeie “mekaar-tekste” in die Nuwe Testament noodsaak dat Christene in kleiner groepe bymekaarkom om mekaar te dien en te bedien.

Die liefdesgemeenskap wat in kleingroepe beleef word, is ’n deurlopende tema in die Bybel. God roep vir Hom ’n volk en hulle word georganiseer in families wat deur familiehoofde en ander leiers bymekaargehou word. Lees voort “die belangrikheid van kleingroepe”

Blog at WordPress.com.

Up ↑