WAT ‘N WONDERLIKE WEEK

Ek is nog nie terug by die huis nie, maar ek het gou ‘n kansie gehad om by my eie blog te kom kuier terwyl ek by my swaer hulle in Pietersburg kuier. Ek het ‘n paar kommentare geantwoord by HOE NOU HERE?

Ek sal Maandag meer skryf oor die week saam met 143 Graad 7’s maar vir eers wil ek net sê: Dit was ‘n wonderlike week. Ek is maar weereens verstom oor die mate van seer wat hierdie baie jong kinders moet hanteer, maar ook hoeveel van hulle daar is wat worstel met aanpassing by hulle omstandighede. Dan is daar ok die wat die wonderlike voorreg het om in ‘n ouerhuis groot te word waar hulle kan steun op liefde van hulle ouers.

Dankie intussen vir almal wat van tyd tot tyd hier kom kuier het.

Attie

WEG VIR ‘N WEEK

Ek gaan vir die volgende week weg wees op ‘n Skoolverwisselingskamp by Badseloop. Ons gaan so 150 Graad 7 kindertjies help gereedmaak vir Hoërskool. Ek sal terug wees op Maandag 1 Oktober en ek kan nie wag om te hoor wat julle alles in hierdie tyd met mekaar op die “blog” aangevang het nie. As iemand intussen ‘n vraag vra waarop jy dink jy het ‘n antwoord, doen asseblief so. Intussen net baie dankie. Hierdie “blog”-ervaring saam met julle het vir my baie beteken.

HOE NOU HERE?

My telefoon het die Donderdag-aand baie laat gelui. Die stem aan die anderkant was sag en baie seer. “Sal dominee asseblief my broer begrawe.” Ek sê ek sal graag en dit maak nie saak dat ek hom nie geken het nie. Ek ken hierdie snikkende vrou wat met my oor die telefoon praat. Begrafnis is mos vir die lewendes. Die lewendes moet getroos en bemoedig word. Lees voort “HOE NOU HERE?”

GOD SE PLAN MET MY

Versoekings is ‘n werklikheid in elke mens se lewe. Selfs die wat die Here God nie as verlosser wil ken nie, stel grense aan hulleself oor wat hulle behoort te doen en wat hulle nie behoort te doen nie. Elke mens is in die versoeking om daardie grense te ignoreer. Versoekings is ‘n werklikheid. Elke mens kry lus om sonde te doen.

Gister was so ‘n situasie vir my. Lees voort “GOD SE PLAN MET MY”

SELF-AANVAARDING

“Maar die Skrif sê: ‘Hy wat roem moet in die Here roem.’ Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word.” (Romeine 10:17-18)

Ons leef in ‘n ‘n land wat mens erg sport-behep kan wees. Die gevolg is dat ons baie kompeterend raak. Kyk maar net Lees voort “SELF-AANVAARDING”

Adrio vs Julian

Ek verwelkom die Evangeliese Inisiatief hoofsaaklik omdat ek die motief van die Inisiatief verstaan as ‘n uitnodiging (Dalk afdwing) van gesprek oor belangrike sake in die NG Kerk. Een uitvloeisel daarvan is dan nou ook ‘n gesprek wat as ‘n Bylae tot die Kerkbode van 14 September verskyn het. Ek het gaan kyk en dit lyk asof die gesprek nie op die kerkbode se webwerf is nie. Dis jammer.

In die gesprek vra Adrio Konig en Andre van Niekerk sekere vrae aan Julian Muller. Vir die wat nie, weet nie, al drie hierdie manne is nogal gerespekteerde teoloë van ons tyd.  Die vrae is baie en die gesprek is lank. Lees voort “Adrio vs Julian”

GENADE

Genade is om ‘n seën of guns te kry wat jy nie verdien het nie. Genade motiveer mense om goed te wees vir ander deur ook aan hulle te gee of te doen wat hulle nie verdien nie. Genade maak dat mense ‘n positiewe mening of gevoel teenoor ons het en dat hulle bereid is om ons ‘n tweede kans te gee.

In ‘n sekere sin is genade een van die belangrikste beskrywings van die karakter van God. Lees voort “GENADE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑