GESKEP OM TE DIEN
Die heel eerste sin in Rick Warren se boek Die Doelgerigte lewe is: “Dit gaan nie oor jou nie.” Elkeen van ons lewensdoel is onlosmaaklik gekoppel aan persoonlike vervulling, innerlike vrede of geluk. Die een volg op die ander en die een het die ander tot gevolg. As jy jou lewensdoel ken sal jy persoonlike vervulling, innerlike vrede en geluk beleef. Wanneer ’n mens jou skeppingsdoel ontdek en daarvolgens leef, dan herdefinieer ’n mens persoonlike vervulling en lewensgeluk. ELKEEN VOLGENS SPESIFIKASIES GEBOU
In Maart 1972 het NASA die satelliet Pioneer 10 gelanseer. Pioneer 10 is gelanseer met die doel om Jupiter te bereik, foto’s daarvan te neem en dit terug te stuur na NASA toe. Pioneer 10 was die eerste mensgemaakte voorwerp wat so vêr in die hemelruim sou ingaan. Tot op daardie stadium was Mars die vêrste tot waar ’n mensgemaakte voorwerp nog gegaan het. In November 1973 het Pioneer 10 Jupiter bereik. Die foto’s is geneem en teruggestuur na NASA. Op een of ander manier het die swaartekrag van Jupiter se wentelbaan ’n uitwerking op Pioneer 10 gehad wat die satelliet teen nog ’n groter spoed die hemelruim ingestuur het. Pioneer 10 is verby Uranus en Neptunus wat ongeveer 3 biljoen myl van die aarde af is. Ten spyte van die geweldige afstand, het Pioneer 10 steeds seine teruggestuur na NASA toe. Teen 1997 was Pioneer 10 reeds meer as 6 Biljoen myl van die aarde af. In 2003 het NASA die laaste sein van Pioneer 10 ontvang. Lees voort “geskep om te dien (1)”