Vandag is ‘n amptelike vakansiedag in Suid-Afrika, Gesinsdag. Een van die eerste opmerkings wat ek vanoggend op Facebook raakgesien het was die vraag: Onthou jy wat op 16 April 1652 gebeur het?
Ek het geskiedenis tot in matriek (Graad 12) gehad. Ek weet dus dat dit die dag is waarop Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het. Saam met hom en sy vrou en sy seun was daar 82 ander mans en 8 vrouens. Hulle het met drie skepe, die Dromedaris, Reijger en De Goede Hoop, aan die Kaapse kus geland. Die oorspronklike bedoeling was dat hulle van die Kaap ‘n halfweghuis sou maak waar skepe op pad na Indië sou aandoen om vars kos op te laai.
Aanvanklik was die bedoeling nie om die Kaap de Goede Hoop te kolonialiseer nie. Tog is nege van die gesinne in Februarie 1657 vrygelaat om langs die Liesbeeck Rivier te boer. Lees voort “6 April – Gesinsdag (of nie)”