LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Stilte)

Vanoggend gaan dit oor stilte as deel van my tyd alleen met God.

Hierdie is die vyfde in my kort reeksie hieroor. Jy kan die EERSTE een HIER (Nader tot God) gaan lees en die TWEEDE een HIER (Lof en Dank) en die DERDE een HIER (Skuldbelydenis) en die VIERDE een HIER (Versoeke).

In Psalm 46:10 sê die Here vir ons:

“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.” (Psalm 46:10)

Ons sing soms die woorde: “Wees stil en weet Ek is die Heer…” Dit is waaroor hierdie paar oomblikke in die teenwoordigheid van God gaan. Lees voort “LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Stilte)”

LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Versoeke)

Ek is besig met ‘n kort reeksie oor hoe ‘n mens jou tyd alleen met God kan inkleur.

Hierdie is die vierde inskrywing hieroor. Jy kan die EERSTE een HIER (Nader tot God) gaan lees en die TWEEDE een HIER (Lof en Dank) en die DERDE een HIER (Skuldbelydenis). Vanoggend gaan dit oor voorbidding en versoeke. Ons aanbid die enigste ware en almagtige God. In die Woord moedig hy ons aan om dinge vir Hom te vra

“As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” Johannes 14:14

en het ons ook die versekering dat Hy in ons behoeftes gaan voorsien.

“En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” (Filppense 4:19) 

Hierdie deel kan egter in twee dele gedeel word. Lees voort “LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Versoeke)”

LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Skuldbelydenis)

Hierdie is die derde inskrywing oor hoe mens jou tyd met God sou kon inkleur. Jy kan die EERSTE een HIER gaan lees en die TWEEDE een HIER. Die eerste inskrywing het gegaan oor hoe ek tot God nader en die tweede een oor lof en danksegging. Wanneer ‘n mens in die teenwoordigheid van God is, gaan mens gewoonlik in jou gedagtes eerste na sy grootheid (LOF) en sy goedheid (DANK) en dan jou eie nietigheid. Alhoewel ons as mense wonderbaarlik na die beeld van God geskep is, is en bly ons sondaars wat afhanklik van God se genade bly leef. Daarom is die derde element van my tyd alleen met God skuldbelydenis.

Skuldbelydenis is waarskynlik een van die mees afgeskeepte elemente van gebed. Ons hou nie baie daarvan om te hoor dat ons sondaars is nie. Ek dink dit is belangrik dat ons verstaan dat ons ALMAL sondaars is, maar dat nie een van ons ALTYD met sonde besig is nie. Hierdie gedeelte van my tyd alleen met God, behels dat ek met ‘n versoek begin. Iets soos:

“Heilige Gees, U is die Een wat vir my gegee is om my te oortuig van sonde. Wys my asseblief op enige onbelyde sonde in my lewe.”

Gebed is ‘n gesprek. Lees voort “LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Skuldbelydenis)”

LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Lof en Dank)

Ek het met my vorige inskrywing ‘n kort reeksie begin oor hoe ‘n mens dalk jou tyd alleen met God kan inkleur. In die inskrywing het ek probeer fokus op die begin en dan die belangrike rol van belydenis en vergifnis in my tyd met God. Vandag gaan dit oor LOF EN DANKSEGGING.

LOF het te make met die karakter en die wese en die grootheid van God.  In hierdie gedeelte van my gebed gee ek erkenning vir wie God vir my is en ook wie God vir ander is. Lof is wanneer ‘n mens jou agting en respek vir iemand uitspreek. Met lof besing jy eintlik ‘n persoon se positiewe waardes en eienskappe. Die uitdaging is byvoorbeeld om nie die woordjies lof of loof of prys in hierdie deel van die gebed te gebruik nie.

‘n Voorbeeld van so ‘n gebed na aanleiding van Eksodus 34:6-7 (Sien Die Boodskap) is: Lees voort “LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (Lof en Dank)”

LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (NADER TOT GOD)

Ek het Maandag geskryf oor WAAR BEGIN ELIA SE GEBED? en toe die opmerking gemaak dat gebed baie meer as net die sê van woorde. Gebed is ‘n leefstyl. Ek het HIER ook geskryf oor ‘n manier om jou gebedstyd in te rig.

Na aanleiding van Maandag se skrywe en ‘n paar gesprekke wat ek hierdie week gehad het, dink ek tog dit is belangrik om te beklemtoon dat tyd alleen met God onvervangbaar waardevol is in die kind van God se lewe. Lees voort “LITURGIE VIR MY TYD MET GOD (NADER TOT GOD)”

WATTER TAAL PRAAT MENSE VANDAG?

Brain and clichesDie Christelike godsdiens en kerklike termilogie is vol standaard uitdrukkings. Uitdrukkings wat ons onnadenkend gebruik sonder om regtig oor die betekenis daarvan te dink. Dink maar aan die uitdrukking “geregverdig deur geloof.” Ek het onlangs weer met iemand gesels wat heeltemal verward was oor die gebruik van die uitdrukking “stem van die Here”. Watter impak het sulke uitdrukkings op die brein?

Navorsers in Spanje het gevind dat wanneer die brein vertroud raak met sulke standaard uitdrukkings, word dit vir die brein niks anders as net woorde nie. Lees voort “WATTER TAAL PRAAT MENSE VANDAG?”

HOEKOM HOU ONS SO BAIE VAN STORIES?

Brain and stories‘n Paar weke terug het ek as inleiding tot my preek die storie vertel van Thomas Carlyle en sy vrou. Ek was weereens verstom hoe uiters aandagtig die mense geluister het terwyl ek die verhaal vertel. Ek het net weereens besef dat stories altyd ‘n belangrike rol speel in kommunikasie. Die vraag is egter hoekom is stories so waardevol en maak dit so ‘n groot impak op mense.

Die diagram waarna ek gister ook verwys het, verduidelik hoe die navorsing van die Princeton Universiteit die impak van stories verstaan.

Wanneer ‘n gemeente na ‘n preek luister met PowerPoint aanbieding is daar twee dele van die brein wat gestimuleer en geaktiveer word,  Lees voort “HOEKOM HOU ONS SO BAIE VAN STORIES?”

HOEKOM SKRYF TERWYL EK LUISTER?

Act of WritingEk stel elke Sondag wanneer ek preek vir mense ‘n preekraamwerk beskikbaar. Die preekraamwerk het dan plek waar mense woorde kan inskryf en selfs hulle eie aantekeninge van die preek maak. Pas nadat ek tot bekering gekom het, het my geestelike mentor my aangemoedig om aantekeninge te maak van al die preke of Bybelstudies waarna ek luister. Wanneer ek lesings bywoon of na iemand luister, maak ek steeds vuriglik aantekinge.

Ek loop toe hierdie week hierdie diagram raak van navorsing wat deur wetenskaplikes by Princeton Universiteit gedoen is Lees voort “HOEKOM SKRYF TERWYL EK LUISTER?”

WAAR BEGIN (ELIA SE) GEBED?

Ek het gister uit 1 Konings 18, Elia se konflik met die Baäl profete, gepreek. Ek dink die gedeelte kan verskillende temas hê vir prediking. Deur die loop van die preek het ek ‘n paar opmerkings gemaak oor die vraag: WAAR BEGIN (ELIA SE) GEBED?

Elia se gebed is opgeteken in vers 36:

“Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit tog vandag bekend word dat U God is in Israel, en dat ek U dienaar is wat op U bevel al hierdie dinge doen. Antwoord my, Here, antwoord my tog dat hierdie volk kan besef dat U Here, God is, en dat dit U is wat hulle harte tot U bekeer.”

Op hierdie punt in die verhaal weet ons almal wat moet gebeur. Lees voort “WAAR BEGIN (ELIA SE) GEBED?”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑