Monthly Archives: Julie 2018

DIE DEUGSAME LEWE

Ek het hierdie vakansie die boek “To Kill a Mockingbird” gelees. Eintlik moes ek dit al lankal gedoen het. Maar nou was die regte tyd. Jean Louise Finch is die verteller van die verhaal. Almal ken haar egter as Scout.

Scout se ma is dood toe sy twee was. Atticus, die plaaslike prokureur, maar sy twee kinders groot saam met Capurnia een van die swart vrouens van die gemeenskap. Atticus was ook ‘n diep gelowige mens. Aan die begin van die boek is Scout ‘n rowwe diamant. Maar dwarsdeur die boek lewer verskillende mense insette in haar lewe. Meeste van almal, Atticus, haar pa. Een van die basiese dinge wat Atticus haar leer is: “You must learn to walk in someone else’s shoes.”

Vroeg in die boek, dit was Scout se tweede dag op skool, is sy in ‘n vuisgeveg met Walter Cunningham. Lees voort

Advertisements

4 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe