Mens se selfbeeld is die prentjie wat ‘n mens vir jouself van jouself teken. In ‘n baie groot mate is selfbeeld ‘n samestelling van die terugvoer wat ‘n mens van die belangrike mense in jou lewe oor jouself kry. Alhoewel ek in my werk met tieners agterkom dat daar baie konflik tussen ouers en tieners is, is ouers van die belangrikste rolspelers in die vorming van ‘n tieners se selfbeeld.
Die een bekommernis in hierdie verband is dat daar tog ouers is wat ‘n negatiewe invloed op tieners se selfbeeld het. Ek moet onmiddelik byvoeg dat ek dink tieners ouers soms met magteloos frustrasie laat, wat tot gevolg het dat ouers dinge sê wat ‘n negatiwe uitwerking op die selfbeeld van tieners sou kon hê. Lees voort “SELFBEELD VERVOLG”