GEDAGTES OOR DIE SKEPPING

Ek het onlangs ‘n boekie van Brian McClaren en Tony Campolo gelees met die titel: Adventures in Missing the Point. Brian McClaren is een van die “gurus” van die emergent beweging in die kerk. Sy boeke bied goeie leesstof, maar kan tog ook nie sonder kritiek gelees word nie. Die waarde van McClaren is dat hy mens se gedagtes prikkel en jou oor verskillende sake aan die dink sit. Dit wil voorkomk asof hy soms ding sê om reaksie uiit te lok. McCaren het my onder andere aan die dink gesit oor die skepping.

Ons as Christene glo dat God die Skepper van die heelal is.

Ek onthou dat ek in my rebelse tienerjare vir die onderwyser wat vir my katkisasie gegee het van tyd tot tyd vrae hieroor gevra het. Ek onthou by geleentheid was sy gefrustreerde antwoord: “Ek probeer jou leer hoe om te glo. Moenie te veel vrae vra nie, glo net.”

Wanneer ek nou dink aan die “post” oor fundamentalisme  wat so baie reaksie uitgelok het, dan veronderstel ek (Ek mag verkeerd wees!) dat dit ietwat van ‘n fundamentalistiese antwoord is. Ware geloof vra nie vrae nie! Lees voort “GEDAGTES OOR DIE SKEPPING”

FEESTYD – NIE VIR ALMAL NIE

Die feestyd is vir die meeste mense ‘n rede om fees te vier. Christene vier fees omdat God sy Seun vir ons gestuur het en dat hierdie Seun as klein babatjie in die lewe ingekom het. Ander vier fees, want is die mens in sy diepste wese nie tog maar ‘n “party animal” nie? Wanneer Jesus weer kom, gaan ons die moeder van alle partytjies hou.

Mense beleef ook ander emosies in hierdie feestyd. Dalk steek mense hierdie ander emosies soos woede, bekommernis, teleurstelling, mislukking, onsekerheid weg agter die masker van feestelikheid.

Sommige mense beleef hierdie tyd hartseer en rou.

Daar is bv. alreeds  meer as 900 mense in ongelukke op ons paaie dood. Lees voort “FEESTYD – NIE VIR ALMAL NIE”

GEDAGTES OOR FUNDAMENTALISME

Ek was die afgelope paar dae die slagoffer van wat ek gedink het as fundamentalisme gereken sou kon word. Aan die ander kant is ek deur die loop van die afgelope jaar op ‘n kongres as ‘n fundamentalis geoormerk omdat ek gepleit het dat ons nie fundamentaliste so moet beveg dat ons hulle verdyrf nie.

Ek probeer met hierdie “post” deur my vingers dink oor fundalisme. As jy ‘n gedagte het wat jy kan byvoeg sal ek waardeer as jy my kan help dink.

Die term “fundamentalisme” word na willekeur gebruik. Lees voort “GEDAGTES OOR FUNDAMENTALISME”

30 DAE: DIE DAG NA KERSFEES

Kersdag is verby – ek hoop nie kersfees gaan gou verby wees nie. Wanneer Christene vir mekaar ‘n geseënde kersfees toewens, dan spreek hulle eintlik vir mekaar ‘n gebed uit. Dis my gebed dat die Heilige Gees die wonderlike teenwoordigheid van Christus Jesus  ‘n treffende werklikheid in elkeen wat hier lees se lewe sal maak.

Die verhaal word vertel van die pa wat by ‘n poskantoor gewerk het. As gevolg van sy jong seuntjie se onverwagse dood het die pa al hoe meer afgesonderd en eenkant gelewe. Hy het al hoe minder kontak met mense, ook sy eie gesin gehad. Lees voort “30 DAE: DIE DAG NA KERSFEES”

GESEËNDE KERSFEES

‘n Kunstenaar was by geleentheid besig om ‘n wintertoneel te skilder. Die toneel wat op die doek ontvou het, was een van ‘n sneeu bedekte aarde en bome. Met besondere vaardigheid het die kunstenaar se hand die dag tot ‘n einde gebring en die nag het vir die kunswerk aangebreek en die hele toneel was in ‘n aandskemer toegevou. Die hout-huisie tussen die bome was skaars sigbaar in die skemer en tussen die skaduwees. Toe het die kunstenaar sy kwas se punt in geel verf gedoop, en met ‘n paar hale het hy in een van die vensters van die huisie die warm gloed van ‘n lamp geplaas.  Hy het die skildery klaar gemaak deur die geel lig vrolik op die spierwit sneeu te laat weerkaats.

Die eensame lig het die hele skildery verander. Lees voort “GESEËNDE KERSFEES”

DIS MAANDAG DIE DAG VOOR KERSFEES

Die naweek is agter die rug en Sondag is ook. Ek het vir die eerste keer in ses weke gepreek en ek het maar net weereens besef watter wonderlike voorreg dit vir my is om te mag preek.

Saterdag se begrafnis was baie hartseer. ‘n Jong man van 33 jaar wat selfmoord gepleeg het. Niemand weet regtig hoekom nie en dit laat ruimte vir baie spekulasie en die ontstaan van geweldig baie agterdog. Lees voort “DIS MAANDAG DIE DAG VOOR KERSFEES”

VRYDAG – ‘N DINAMIESE GESPREK OOR DIE DOOP

‘n Rowwe naweek lê voor. Saterdag die begrafnis van ‘n man wat selfmoord gepleeg het; Sondag twee eredienste; (08:00 en 10:00) Maandag die begrafnis van ‘n ou oom wat in die ouetehuis oorlede is en die middag ‘n troue en dan Kersdag twee eredienste. (08:00 en 10:00) Die gevolg is dat die tyd ontbreek om vandag ‘n “post” te skryf.

Maar op Scott McKnight se blog is ‘n baie volwasse gesprek oor kleindoop vs. grootdoop aan die gang. Volwasse omdat die een groep nie die ander groep probeer demoniseer nie. Gaan kyk gerus by For John Franke: On Infant Baptism I of sy tweede “post” For John Franke: On Infant Baptism II.

Ek dink dit behoort interessant te wees om die vlak en die gesindheid van debatvoering te volg. Dalk leer ons iets oor die doop ook in die proses.

30 DAE: ‘N SEUNTJIE VIR ELIZABETH EN SAGARIA

Een van die meer besondere tonele in die fliek “The Nativity Story” is die toneel wat in Johannes 1:57-66 beskryf word. Die fliek begin met Sagaria wat sy diensbeurt as priester in die allerheiligste van die tempel waarneem. (Lukas 1:8-25) Omdat Sagaria nie die boodskap van die engel Gabriël geglo het nie, is hy met stomheid geslaan. Daardie dramatiese toneel aan die begin van die fliek maak ‘n groot indruk op die kykers.

Sagaria kom eers weer op die toneel by die geboorte van Johannes. Die baba word gebore en agt dae later kan Sagaria nog steeds nie praat nie. Lees voort “30 DAE: ‘N SEUNTJIE VIR ELIZABETH EN SAGARIA”

30 DAE: HIEROOR GAAN KERSFEES!

Elkeen het maar sy eie mening oor waaroor kersfees nou eintlik gaan. Sommige sê dit gaan oor ‘n kindjie in ‘n krip. Ander sê dit is in besonder ‘n tyd van vrede en welwillendheid. Ander sien kersfeestyd as ‘n tyd vir familie en vriende se saamwees. Ander sien kersfees as ‘n tyd waar ons deur ons geskenke vir mekaar terugdink aan die grootste geskenk wat ooit aan die mensdom gegee is.

Ek het by geleentheid gelees hoe ‘n man in sy kaartjie vir sy vrou skryf dat hy Jesus Christus in haar lewe sien Lees voort “30 DAE: HIEROOR GAAN KERSFEES!”

Blog at WordPress.com.

Up ↑