Gister was vir ons gemeente‘n heerlike dag. ‘n Totaal van 26 Jongmense het belydenis van hulle geloof afgelê. As persoon wat die jongmense in die afgelope jaar begelei het, wonder ek altyd wat by hulle gaan vassteek uit al die gesprekke wat ons deur die jaar gehad het. Ek laat hulle aan die einde van die jaar gewoonlik vir my ‘n briefie skryf waarin hulle onder andere moet sê waarom hulle graag deel van die kerk van die Here Jesus wil wees en dan ook hoe hulle dink en voel oor Jesus Christus en die kerk. Die briefies gee dan vir my ‘n aanduiding van wat by hulle vassteek.
Hier is ‘n paar aanhalings uit van die kinders se briewe. Lees voort “BELYDENIS VAN GELOOF”