OOR VERGIFNIS EN SPLINTERS EN BALKE EN HONDE EN VARKE

In my stiltetyd werk ek deur die Saligsprekinge in Matteus 5-7. Daar is dae wat ek nie daarby uitkom nie, maar ek gooi nooit tou op nie. Op hierdie stadium is dit meestal een dag ‘n week wanneer ek nie daar uit kom nie. Vanoggend is een van daardie oggende omdat ek net tussen drie uur en half- ses geslaap het. Maar in my gedagtes bly ek besig met die gedeeltes wat ek in my stiltetyd lees.

Die gedeelte wat ek gister gelees het was Matteus 7:1-6. Dit is die gedeelte oor oordeel en spinters in ander se oë en balke in jou eie oë. Maar nou onthou ek ook dat ek ‘n rukkie terug oor Matteus 6:5-14 gelees het – die gedeelte waar ons die Ons Vader gebed lees.

In Matteus 6:14 lees ek daardie woorde wat my bietjie bang maak. Daardie woorde wat sê dat as ek ander hule oortredings ( teenoor my) vergewe sal die Vader ook my oortredings (teenoor Hom) vergewe.

Laat ek eers iets sê oor vergifnis. Smedes besryf die verksilende stadiums van vergifnis so: Lees voort “OOR VERGIFNIS EN SPLINTERS EN BALKE EN HONDE EN VARKE”

KONINKRYKSMENSE vs. KERKMENSE

Ek het al agtergekom dat heelwat van die mense wat hier lees eintlik nie ‘n baie groot liefde vir die kerk het nie. In sekere gevalle wil dit vir my voorkom asof die mense hulleself ook nie Christene wil noem nie. Ek dink maar aan ‘n inskrywing wat VRYDENKER ‘n paar dae terug gemaak het. Ek het nogal begrip vir mense wat so voel.

Ons moet natuurlik besef dat die koninkryk van God nie gelyk is aan die kerk nie en dat die kerk ook nie gelyk is aan die koninkryk van God nie. Met ander woorde daar is mense wat deel is van die koninkryk van God, maar nie deel is van die kerk nie, en daar is mense wat deel is van die kerk, maar nie deel is van die koninkryk van God nie. Koninkryksmense wat nie deel is van die kerk nie het dikwels in die kerk seergekry of is bitter teleurgestel in die kerk en die manier waarop die kerk funksioneer. Die kerk bestaan egter uit mense, met die gevolg dat die seerkry en die teleurstelling deur mense veroorsaak is. Lees voort “KONINKRYKSMENSE vs. KERKMENSE”

HOE LYK MY GEESTELIKE LEWE – ALLES IN EEN.

Hier is die 25 vrae wat jy kan gebruik om jou eie geestelike lewe te evalueer en bietjie van ‘n persoonlike strategie vir geestelike groei kan ontiwkkel. 

1. Ek beleef myself as geestelik wanneer: (1) Ek besig is om die Bybel te lees. (2) Ek iets godsdienstig vir iemand anders doen. (3) Ek ‘n erediens bywoon. (4.) Ek tyd alleen met God het. (5) Ek liefde teenoor God en ander mense uitleef. Lees voort “HOE LYK MY GEESTELIKE LEWE – ALLES IN EEN.”

HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (7)

Geestelike groei is die gevolg van ‘n langdurige gehoorsaamheid in dieselfde rigting. Geestelike groei gebeur nie oornag nie en geestelike groei is nie beperk net tot sekere dele van ‘n mens se lewe wat op sekere tye geraak word nie. Geestelike groei behels dat ek in alle fasette van my lewe al hoe meer gehoorsaam raak. Ek bestudeer die Woord met die doel om ‘n antwoord te kry op hierdie vrae: Wie is God? Wie is ek ? Wat wil Hy het moet ek doen?

Vandag se drie vrae waarmee ons ons geestelike lewe kan evalueer is:

Lees voort “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (7)”

HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (6)

Ek is daarvan oortuig dat Christene die roeping van God ontvang het om van hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. As ons eerlik moet wees, dan sal ons moet erken dat sommige mense in die naam van Christenskap dinge “gepleeg” het wat skrikwekkend is. Die hartseer is dat dit dikwels hierdie dinge is wat die aandag trek en die nuusberigte haal. Ek is in my hart egter daarvan oortuig dat Christene meer goed as kwaad doen en dat hulle doen wat hulle glo hulle moet doen, en dikwels weet niemand eers wat hulle gedoen het nie. Ek vind dit waardevol om van tyd tot tyd net bietjie stil te raak en te kyk hoe vinnig beweeg ek in watter rigting en wat is die vordering wat gemaak is. Hierdie “geestelike evaluasie” is bedoel om daardie effek te hê. Ek het al as gevolg van hierdie evaluasie vir my ‘n hele paar geestelike doelwitte gestel.

Vandag se drie vrae wat mens laat nadink is: Lees voort “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (6)”

HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (5)

Isaac Newton se eerste wet van beweging lees so: “Everything continues in a state of rest unless it is compelled to change by forces impressed upon it.” God die Vader het aan elkeen van sy kinders die Heilige Gees gegee. Die Heilige Gees in ons word hierdie krag wat op ons as gelowiges uitgeoefen word om deurlopend te verander en alles te word wat God die vader bedoel het ek moet wees. Lees voort “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE (5)”

HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (4)

Hierdie evaluasie van my geestelike lewe gee nou vir my meer “huiswerk” as wat ek verwag het. Wat egter vir my lekker is, is dat ek ook ten opsigte van my geestelike lewe vir my sekere doelwitte kan stel en doelgerig aan sekere aspekte van my verhouding met die Here kan werk. Ek verstaan net weereens dat my geestelike lewe nie beperk is tot iets wat ek in my stiltetyd of op ‘n Sondag in die kerk doen nie. Christenskap raak elke aspek van my lewe.

Vir die van julle wat ‘n bietjie laat op die evaluasie afgekom het. Die gedagte is dat jy na aanleiding van die vrae sal ontdek waar jy op hierdie stadium met elke een van hierdie sake staan en dan te vra: Wat kan ek doen om ‘n volgende tree op die pad van geestelike groei te gee.

Vandag se drie vrae is: Lees voort “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (4)”

HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (3)

Hierdie is die derde deel van ‘n stukkie self-evaluasie. Ons evalueer ons geestelike lewe en probeer dan bietjie van ‘n strategie uitwerk vir ons eie geestelike groei. Ek moet eerlik wees en sê dat ek maar weereens net besef dat Rome nie in een dag gebou is nie. Ek sukkel om sekere van die “treetjies” op hierdie pad van geestelike groei te gee, maar dit is presies die rede waarom ek evaluasie doen. Die volgende drie vrae: Lees voort “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (3)”

HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (2)

Ek het gister die eerste drie vrae gevra wat ‘n mens kan gebruik jou eie geestelike lewe van naderby te bekyk sodat ‘n mens kan weet waaraan om te werk sodat jy geestelik kan groei. Ek kon dit gister regkry om iemand te vergewe wat waarskynlik nie eers bewus was van hoe die gebeure my omgekrap het nie. In my laaste gebed gisteraand kon ek ook terugdink aan die dag en ek kon op ander se behoeftes fokus. Ek het ook mooi teruggekyk op die dag en so was ons kinders wat veilig Pretoria toe gery het, vir my ‘n teken van God se liefde. Ek gaan nou daaraan werk om hierdie drie dinge ‘n gewoonte te maak.

Nou vir die volgende drie vrae: Lees voort “HOE LYK JOU GEESTELIKE LEWE? (2)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑