die toring van babel

‘n Goeie vriend van my vra of ek dalk vir hom die Toring van Babel kan verduidelik. Ek weet nie mooi hoe ‘n mens dit verduidelik nie, maar kom ek probeer ‘n paar gedagtes.

Een van die eerste vrae oor die Toring van Babel is of ons dit as ‘n historiese gebeure verstaan. Ek dink daar is genoeg bewyse (Argeologies asook buite Bybelse bronne) dat die toring van Babel wel bestaan en in die stad destyds bekend as Babilon gebou is.

Die tweede vraag is of die ontstaan van die verskillende tale teruggevoer kan word na die gebeure by Babilon. Lees voort “die toring van babel”

evolusie en die mens na die beeld van god?

Ek het nie regtig bedoel om die “post” oor evolusie nog ‘n tree verder te vat nie, maar Riaan se opmerking oor die mens wat na die beeld van God geskape is, het my laat wonder en Kleinvissie se vraag oor in watter opsigte ons na die beeld van God geskep is, het my toe ‘n bietjie verder daaroor laat lees.

Natuurlik is dit waar dat ons volgens die Bybel na die beeld van God geskape is, en as Christen aanvaar ek dit met my hele waarheid as hoe God ons gemaak het. Die fyner besonderhede daarvan word egter nie altyd uitgespel nie.

Ek dink ons het soms die gedagte dat God net ‘n supermens is, maar ek dink dit is belangrik om te verstaan dat “na die beeld van God” nie fisiese of liggaamlike eienskappe beteken nie. Met ander woorde: Ek lyk nie soos God nie en God lyk nie soos ek nie, ek is eerder in sekere opsigte soos God, maar nie in die opsigte alles wat God is nie.

Ek dink ons na die beeld van God geskape het betrekking tot die volgende eienskappe: Lees voort “evolusie en die mens na die beeld van god?”

god en evolusie

Ek vermoed ek gooi vandag ‘n vinnige klip in ‘n groot duiwehok (of is dit honderhok?). Die vraag wat ek vra, waarop ek nie al die antwoorde het nie, is:

Kan ons die belydenis dat God die Skepper van die hemel en die aarde is met die gedagte van evolusie met mekaar versoen?

Ek lees graag Scot McKnight se blog en daar is op hierdie stadium ‘n bespreking aan die gang oor geloof en evolusie. Ek leen grootliks uit sy inskrywing vir vandag.

John Polkinghorne in Quarks, Chaos & Christianity het ‘n bepaalde mening hieroor:

“An evolutionary world is to be understood theologically as a world allowed by the Creator to make itself to large degree. Lees voort “god en evolusie”

intimiteit met god

‘n Paar dae gelede het ek geskryf oor die gedagte dat ons vir mekaar gemaak is, met ander woorde  God het ons gemaak om in verhoudings te leef.  Die woordjie intiem beskryf iets van hoe naby ‘n verhouding is. Ek het die beste en die mees intieme verhouding met my vrou.

God het ons heel eerste vir Homself gemaak, om in ‘n verhouding wat groei in intimiteit met Hom te leef. In die begin was daar intimiteit wat in Genesis uitgedruk word met die gedagte dat God in die tuin gewandel het waar die mens gewoon het en dat God verwag het om die mens daar te kry. Maar, die sondeval het God se skeppingsdoel in die wiele gery. Deur Jesus Christus se sterwe en opstanding en deur die uitstorting van die Heilige Gees, is God besig om daardie intimiteit te herstel en ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde tot stand te bring.

Nou kan elke mens  in ‘n verhouding van groeiende intimiteit met God leef.  Lees voort “intimiteit met god”

medisyne vir moedeloosheid

Die mens is ‘n wonderlike wese. Behalwe vir die feit dat elkeen van ons uniek is, is nie twee van ons se omstandighede dieselfde nie. Elke een van ons het maar in sy/haar omstandighede daardie een dingetjie waarby ‘n mens moet aanpas en jou persoonlike tekortkominge te bowe moet kom.

Vir elke een van ons is dit ‘n wonderlike oorwinning as ons daardie aannpassing gemaak kry en bokant

Lees voort “medisyne vir moedeloosheid”

weereens integriteit

Ek het verlede Sondag-aand (11 Januarie 2009) Daniël 6:1-6 gebruik om iets oor integriteit te sê.

Ek dink soms ons loop gevaar om te dink dat integriteit soos geloof werk, met ander woorde, genade alleen. Dit is net eenvoudig nie waar nie. Genade alleen en geloof alleen beteken dat ek niks kan doen om verlossing te verdien nie, dit is onverdienstelike genade.

Integriteit is anders. Integriteit moet verdien word. Lees voort “weereens integriteit”

evangelisasie word dikwels redenasie

Tydens my voorbereiding vir Sondag se preek moes ek weer ‘n bietjie gaan lees oor evangelisasie. Evangelie beteken goeie nuus en om evangelisasie te doen beteken dan om die goeie nuus aan ander te vertel. Oor een ding stem die meeste Christene saam, en dit is dat ons evangelisasie werk moet doen.  (Ja, dit is ongelukkig so dat daar Christene is wat nie dink dit is nodig is ander die goeie nuus van Jesus se verlossing te vertel nie.)

Dat ons evangelisasiewerk moet doen is waar, maar die hoe is ‘n verdere probleem, daaroor wil ek nie nou iets sê nie. Wat my wel verbaas is hoe dikwels die bring van die goeie nuus (evangelisasie) uitloop op redenasie waar standpunte en menings teen mekaar opgeweeg word. Lees voort “evangelisasie word dikwels redenasie”

gemaak vir mekaar

Ten opsigte van intimiteit sou ‘n mens verhoudings van binne na buite kon beskryf. Heel in die middel is die baie intieme verhouding van die huwelik, of dan die verhouding tussen twee mense. Op die verste punt is die verhoudings tussen verskillende nasies, en dan is daar tussen in al die verskillende verhoudings.

My eie verhoudings sou omtrent so lyk: My vrou –> my kinders –> my ouers –> my broers en susters –> sommige familie –> my vriende –> die mense saam met wie ek werk –>my gemeente –> ens. ens. –> sommige familie (hahahaha) Hoe verder weg die verhoudings beleef hoe minder intiem en persoonlik is daardie verhoudings.

Almal van ons weet op een of ander manier dat ons geskep is met die doel om met mekaar in verhoudings te leef – ons is vir mekaar gemaak. Lees voort “gemaak vir mekaar”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑