SINIES EN AFGESTOMP

“All the diagnostic experts keep pointing backward to the era of… the 60’s and 70’s as the fatal hour when everything started going to hell.” (Howe and Strauss, 13th Gen)

In gesprekke met jongmense onder 30 jaar is dit duidelik dat hulle bereid is om te luister en dat hulle selfs met tye verstaan hoekom ander oor Christenskap dink soos hulle dink en voel soos hulle voel. Maar, daar is ook dikwels die opmerking, dat hulle nie dink dat Christenskap vir hulle is nie.

Die fout word dikwels in die boodskap gesoek in die sin dat die boodskap as “ongeloofwaardig” bestempel word. Ek wonder of dit nie dalk meer te make het met die boodskapper nie. Die boodskap kan nie langer losgemaak word van die boodskapper nie. Lees voort “SINIES EN AFGESTOMP”

GEEN VOLMAAKTE MENSE NIE ASSEBLIEF! (2)

Hierdie is die eerste hoofstuk van John Burke se boek: “No Perfect People Allowed”. Sy titel vir die hoofstuk is: The first Corinthian church of America.

IN DIE WÊRELD MAAR NIE VAN DIE WÊRELD NIE

As ons kan verstaan wat die Here deur die gemeente of kerk wil doen, sal mense ervaar dat die onsigbare Jesus sigbaar gemaak word deur die liggaam, die plaaslike gemeente. Die probleem is, dat hierdie manier van kerk wees, soms ‘n bietjie “morsig” (Burke noem dit “messy”) kan raak.

Die gemeente sal byvoorbeeld in gedagte moet hou dat mense wat kerk toe kom nie altyd dieselfde oortuigings as hulle gaan hê oor sake soos die skepping, samelewing, aborsie, seks buite die huwelik, drankgebruik, ens. nie. Dit beteken nie dat die gemeente alle morele sake ignoreer nie, maar die belangrike punt Burke hier maak is: Ons kan tog nie van ‘n sekulêre (buite-kerklike) gemeenskap verwag om soos ‘n Christelike (kerklike) gemeenskap te leef nie.  Lees voort “GEEN VOLMAAKTE MENSE NIE ASSEBLIEF! (2)”

GOD VOORSIEN

Wat behoort ‘n mens te verstaan onder die gedagte: God voorsien?

God is almagtig, alomteenwoordig en die Skepper van hemel en aarde. As Skepper het Hy nie sy skepping – waarvan die mens die belangrikste is – alleen gelaat nie, maar is Hy eerder op ‘n wonderbaarlike tog misterieuse manier betrokke by alles wat gebeur. Lees voort “GOD VOORSIEN”

GEEN VOLMAAKTE MENSE NIE ASEBLIEF!

Ek lees op hierdie stadium John Burke se boek: “No Perfect People Allowed”. Dit wil voorkom asof die boek nie in Suid Afrika beskikbaar is nie. John Burke is predikant van ‘n gemeente wat hoofsaaklik bestaan uit die geslag wat hy “post-modern” en “post- Christian”  noem.

John Burke het sy bediening begin as ‘n studente leraar maar wou na sewe jaar die handdoek ingooi. Einde laaste het hy by hierdie punt gekom: ” I now believe that that only a church full of imperfect people, acting as his Body, can bring hope and healing needed to change our post-modern world for the better – one life at a time.”

Burke wys veral daarop dat die modernistiese (Later noem hy dit pragmatisme) manier waarop kerk tot nou toe gedoen is, eerder die einde van die kerk beteken as wat dit die voortbestaan daarvan sal verseker. Lees voort “GEEN VOLMAAKTE MENSE NIE ASEBLIEF!”

SOMMER NET ‘N PAAR SOMMETJIES

Ek lees tans ‘n boek oor bediening aan die post-moderne geslag en ek lees daarin die gedagte dat ‘n mens dalk nie die Ou Testamentiese profesieë so maklik van die tafel af moet vee nie. Die persoon noem toe sommer so in die verbygaan van die profesieë oor die ballingskap en die verstrooing van Israel.

Ek gaan maak toe net ‘n bietjie seker wat die professië is en hoe die dinge in vervulling gegaan het. Christene glo immers dat die koms van die Messias in die profete voorspel is. Ek is eerlik as ek sê dat ek nog nie heeltemal weet wat ek daarmee moet maak nie, maar dit was vir my nogal interessant.

Ek wonder wat dink jy hiervan? Lees voort “SOMMER NET ‘N PAAR SOMMETJIES”

‘N ANONIEME BRIEF

” ‘Vir ewig verdoem; Op aarde en in die hiernamaals.’ Ek dink dit is wat geskryf staan langs my naam in die Boek van die Lewe.

Watter ander rede is daar waarmee ek my misrabelike lewe en eensaamheid kan verklaar? Waarom wil dit vir my lyk asof ek bestem is om vir ewig sonder enige geluk te lewe? Wat is dit wat God wil hê dat ek moet leer uit al my swaarkry?

Ek dra alreeds die las van een mislukte huwelik. Watter les is ek veronderstel om daaruit te leer? Lees voort “‘N ANONIEME BRIEF”

KAN DIT REGVERDIG WEES?

Ek an Xander is ou vriende. Sy teenwoordigheid op die blog en die manier waarop hy dinge sê en beredeneer vul my op ‘n lekker manier aan en gee my kans om bietjie te dink. So het ek toe nou bietjie gaan dink en  bietjie gaan lees oor die vraag wat onder andere gestel is met betrekking tot al die biljoene mense wat dan nou verlore sou gaan omdat hulle nie die evangelie van Jesus Christus gehoor het nie. Romeine 2:12-16 (Wat iemand in sy/haar kommentaar ook aangehaal het.) is seker een van die sleutel gedeeltes in die verstaan van hierdie baie moeilike saak.

In die Bybel staan dat Jesus die enigste weg na die Vader is. Natuurlik is dit waar, maar by geleentheid verdedig ons die standpunt met soveel intensiteit dat ons die persoon teenoor wie ons dit verdedig verloor. Lees voort “KAN DIT REGVERDIG WEES?”

NET SOOS JY IS…

EK skryf gewoonlik ‘n stukkie vir die voorblad van ons gemeente se blaadjie wat op Sondae uitgegee word. Hierdie Sondag sal hierdie stukkie op die voorblad wees:

NET SOOS JY IS

Kom net soos jy is…

Jy hoef nie mooi aan te trek nie. Jy hoef ook nie ‘n spesifieke ouderdom te wees nie. Ons gee selfs nie om vir wie jy in die laaste verkiesing gestem het en vir wie jy in die volgende verkiesing gaan stem nie. En… moet asseblief nie die gevoel kry dat jy oor enige iets moet voorgee om iemand anders te wees nie. Ons wil jou graag ken vir wie jy regtig is.

NG Bergsig is ‘n gemeente waar ons graag wil sien dat die Here soekende mense ontmoet wat alles behalwe foutloos en volmaak is. Lees voort “NET SOOS JY IS…”

VERGIFNIS EN VERSKILLE

Vergifnis bly tog altyd ‘n probleem vir die meeste mense. (Ek is in die versoeking om te sê alle mense…) Die oorgrote meerderheid van ons worstel op een of ander stadium in ons lewe met die probleem om iemand anders te vergewe. Die voorbeelde wat ‘n mens sou kon noem is legio. Daar is diegene wat iemand in hulle eie familie moet vergewe vir een of ander iets. Daar is ander wat iemand wat saam met hulle werk moet vergewe vir iets wat gebeur het. Daar is ander wat vriende en/of familie en/of kennisse en/of medegelowiges moet vergewe.

Twee dinge pla my oor boodskappe oor vergifnis. Die een is dat ons mense leer hoe om te vergewe, maar ons leer mense nie hoe om so van mekaar te verskil dat vergifnis al hoe minder van ‘n probleem raak. Met ander woorde, as ons kan leer om op ‘n waardige wyse van mekaar te verskil, sal ons dalk minder nodig hê om vergewe te word en vergifnis te vra.

Die tweede probleem wat ek het is Lees voort “VERGIFNIS EN VERSKILLE”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑