‘n Eietydse Gelykenis – So kom die Koninkryk

Matteus 13:31-33, 44-52 

Gelykenisse en die “misterie” van die koninkryk.

In die drie evangelies, Matteus, Markus en Lukas vertel Jesus in totaal 32 gelykenisse. Gelykenisse was ‘n baie belangrike deel van hoe Jesus die mense en die dissipels geleer het. Die gelykenisse was nie maklik om te verstaan nie. Daarom het die dissipels Jesus soms gevra om te verduidelik wanneer hulle alleen by Hom was. In Matteus 13:11 vra die dissipels vir Jesus hoekom Hy van gelykenisse gebruik maak. Jesus antwoord hulle so: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.” (Mt 13:12) Die Griekse woord wat met geheime vertaal is, is musteria. Dit klink en lyk soos “mysterie” of “misterie.” Die koninkryk van God het geheimenisse wat net vir sekere mense toeganklik is. Die koninkryk is ‘n misterie wat nie alle mense beleef nie.

In Matteus en Markus begin Jesus sy bediening met die opmerking dat die koninkryk in Hom tot by ons gekom het. Hoe kom God se koninkryk in hierdie wêreld? Om die vraag te verduidelik het Jesus onder andere die gelykenis van die saaier vertel en toe ook die gelykenis van die onkruid. In vandag se gedeelte vertel Jesus ses kort gelykenisse wat ook handel oor die koms van die koninkryk.

Leerlinge van die koninkryk.

Dit is juis een van hierdie gelykenisse, die laaste een (13:52),  wat iets verduidelik van die gelykenisse. Lees voort “‘n Eietydse Gelykenis – So kom die Koninkryk”

Preek: Matteus 13:24-30, 36-43

Daar sing Steve Hofmeyer vir hom ‘n storm los toe hy by die Oppikoppifees en in Australië die stem sing. Volgens hom ‘n stukkie protes teen dit wat tans in die land aan die gebeur is en spesifiek dit wat besig is om met die Afrikaansprekende mense gebeur. Desmond Tutu het op sy beurt mense baie ongemaklik gehad met sy opmerking dat hy persoonlik ‘n ondersteuner van genadedood is. Dan is daar ook nog die oorlog tussen Israel en Palestina waar mense teenoor mekaar te staan kom. Ander warm onderwerpe is natuurlik ontgroenings- of inlywing- of verwelkoming – of oriëenteringsstradisies en kultuur by verskillende Universiteite. Homoseksualiteit, saamwoon voor dioe huwelik, kerkeenheid, die Belhar belydenis.

Die briewekolomme van die koerante is aan die gons oor hierdie dinge en die sosiale media is nie vir een oomblik stil nie.

Die bietjie wat ek hieroor gelees het, laat my besef: Ons wil graag in ‘n swart en wit wêreld leef.  Lees voort “Preek: Matteus 13:24-30, 36-43”

Blog at WordPress.com.

Up ↑