KOMPLEKSE POST TRAUMATIESE STRESS VERSTEURING (CPTSD)

Ek het onlangs ‘n vyfdag werkswinkel in trauma fasilitering bygewoon. Tydens die werkswinkel het ek verskeie vaardighede aangeleer oor hoe om mense wat met die gevolge van trauma-insident(e) leef te help om die kwaliteit van hulle lewe te verbeter. Maar, ek het ook daarvan bewus geraak dat Post Traumatiese Stress Versteuring meer algemeen is as wat ek gedink het en meeste mense waarskynlik dink.

Anders as Post Traumatiese Stress Versteuring (PTSD) wat die gevolg is van ‘n traumatiese belewenis of ervaring, is Komplekse Post Traumatiese Stress Versteuring (CPTSD) die gevolg van herhaalde traumatiese belewenisse of ervarings oor maande of jare. Hierdie ervarings hoef nie dieselfde of soortgelyke ervarings te wees nie. Ek het onlangs ‘n persoon gesien wat ernstige siekte as kind; seksuele mishandeling as jong kind; boelie as tiener: verwerping deur ouers in tienerjare; selfmoord van ‘n persoon naby aan hulle, ens. beleef het en nou as volwassene die simptome van CPTSD toon.

Die simptome waarmee die persoon op hierdie stadium saamleef is:

Lees voort “KOMPLEKSE POST TRAUMATIESE STRESS VERSTEURING (CPTSD)”

OM MET ANGS TE LEEF

Daar is verskeie gemoedversteuring wat met angs gepaard gaan, bv. paniekversteurings, obsessiewe kompulsiewe versteuring, ‘n fobie, of algemene angs versteuring. Ek wil enkele opmerkings maak oor algemene angsversteurings.

Algemene angstigheid kan beskryf word as oormatige kroniese angstigheid en bekommernis oor alledaagse situasies wat moeilik is om te beheer, en ‘n negatiewe uitwerking het op iemand se alledaagse funksionering.

Angstigheid veroorsaak die volgende:

Lees voort “OM MET ANGS TE LEEF”

Geestelike/emosionele mishandeling

Die engels vir geestelik/emosionele mishandeling is “mental abuse”. Met geestelik/emosionele mishandeling gaan dit nie oor wat gedoen word nie, maar oor die effek wat die optrede van ‘n persoon of groep op ‘n ander persoon (of selfs ‘n groep) het. Geestelik/emosionele mishandeling vind plaas wanneer iemand emosies gebruik om die ander persoon te kritiseer, in die verleentheid te stel, te verneder, of selfs te manipuleer. Gewoonlik word ‘n enkele geval van verbale aggressie, oorheersende optrede of jaloerse optrede nie as geestelik/emosionele mishandeling gesien word nie. Geestelik/emosionele mishandeling is veel eerder ‘n reeks van gebeure oor ‘n sekere tydperk.

Geestelik/emosionele mishandeling kan in enige verhouding plaasvind. Geestelik emosionele mishandeling vind plaas in:

Lees voort “Geestelike/emosionele mishandeling”

TRAUMA A.G.V. COVID-19

Ek het onlangs 'n Trauma Insident Reduksie (TIR) Werkswinkel bygewoon waar ek toegerus is om 'n TIR Fasiliteerder te wees. Onder andere het die werkswinkel my bewus gemaak van die teenwoordigheid van TRAUMA rondom my. 

Een van die redes waarom ek besluit het om die werkswinkel by te woon, was omdat ek in my pastorale werk in die gemeente agtergekom het dat die COVID-19 Pandemie vir baie mense ‘n traumatiese belewenis was.

‘n Traumatiese gebeure is enige insident wat fisiese, emosionele, geestelike of psigiese letsels in ‘n persoon se lewe veroorsaak. Uit die aard van die saak reageer mense verskillend op traumatiese gebeure. Sommige mense toon geen sigbare tekens nie, terwyl ander met ernstige emosionele reaksies daarop reageer.

Lees voort “TRAUMA A.G.V. COVID-19”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑