In Jakobus 5:16 staan hierdie woorde:
Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.
Die vers staan natuurlik in die konteks van ‘n hele paar dinge oor gebed.
As daar iemand onder julle is wat swaarkry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is moet hy lofliedere sing. As daar iemand is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. (Jakobus 5:13-15)
Hierdie teks is nou nie so eenvoudig soos om ‘n “bumper-sticker” op jou kar te sit wat sê: “Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” nie. Lees voort “DIE GEBED VAN ‘N GELOWIGE HET ‘N KRAGTIGE UITWERKING”