Ek kry hierdie vraag: Ons gemeente kom deur ‘n moeilike tyd. Hier is ‘n paar van ons wat voel dat ons die regte dinge doen, maar die opgewondenheid en passie en entoesiasme waarvoor ons as gemeente redelik onlangs nog bekend was, is skielik net weg. Kerk het werk geword. Liefde vir mekaar moes plek maak vir wedersydse ordentlikheid. Is daar iets wat ons kan doen?
Ek het bietjie gaan rondkyk by wat ander ouens in soortgelyke situasies sê. Onder andere het ek bietjie kers opgesteek by Scott McKnight; Internet Monk; John Piper: NT Wright.
Laat ek net heel eerste sê: Ek sien myself nie as iemand wat regtig in staat is om sukkelende gemeentes te help nie. Ek het egter gaan dink oor die vraag. Wat sou ek gedoen het as ek in daardie gemeente predikant was? Wat sou ek voorgestel het as ek geweet het die gemeente gaan my aanbeveling aanvaar? My antwoord sou naastenby so iets gewees het: