WAG MET HEILIGE ONGEDULD

Advent beteken “wag”. Ons het gewag vir Kersfees. Ons kan nie sê dat ons gewag het vir die geboorte van Jesus nie. Hy is reeds gebore – ongeveer 2000 jaar gelede in Betlehem. Die beste wat ons kan doen is om te sê dat ons gewag het om die geboorte van ons Here Jesus Christus te vier.

Maar, Advent is nie die enigste seisoen van wag nie. Advent – die seisoen van wag – is bedoel om ons voor te berei vir lewe in geloof. Ons lewe in die geloof dat God besig is om ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde te skep. ‘n Nuwe toekoms van reg en geregtigheid; vrede en vryheid; versoening en herstel.

Hierdie werk waarmee God besig is, is egter nie so duidelik sigbaar nie. Ek dink maar net aan my eie lewe en my eie omstandighede en my werk met mense en hulle seer. Soms voel ek ook om te sê dat God se werk nie net “nie duidelik sigbaar” is nie. Ek voel selfs om met tye te sê: God se werk is afwesig. Sommer net nie daar nie. Ek sien nie eers die tekens dat iets besig is om beter te word nie.  Lees voort “WAG MET HEILIGE ONGEDULD”

OGGENDGEBED 27 DESEMBER 2012

Verbly julle in die hoop;

staan vas in verdrukking;

volhard in gebed. (Romeine 12:2)

Hemelse Vader, U het diep in my binneste die oortuiging bewerk dat U Seun Jesus Christus eendag weer gaan kom en dat ek en elke ander gelowige dan op die nuwe hemel en die nuwe aarde saam met Hom in U teenwoordigheid sal leef. In hierdie hoop verbly ek my. Maar, Here, ek besef ook dat as dit die enigste hoop is waarmee ek lewe – dat dinge eendag beter sal wees – is my geloof maar arm. Ek glo dat dinge vandag reeds anders kan wees. Ek verbly my in die wete dat ons deur klein dade van liefde en omgee die wêreld ‘n beter plek maak. Ek verbly my in die wete dat klein dade van omgee dikwels vir ander is asof die hemel en die aarde nuut geword het.

Mag ons egter nooit ophou om U vir die groot dinge te vertrou nie. Soms is groot dinge dat die regering van ons land sal begin om met onstag en respek vir U te regeer. Ons bid daarvoor. Ons bid dat hulle met verantwoordelikheid sal omgaan met die groot taak wat hulle het om die mense van hierdie land te versorg.

Soms is groot dinge klein dingetjies. ‘n Ooriwnning in my eie lewe of in die lewe van my gesin. Ek bid dat U sal gee dat ons gesin die teksn van U genade en U liefde sal vertoon.

Maar, Here, leer my om ook die onsienlike te sien. Die dinge wat U doen wat ongemerk verbygaan sodat ek my in die hoop kan verbly. Leer my om met ‘n geloofosoog meer te sien maar ook verder te sien. Leer my om die onsienlike te sien sien, want dan sal ek my werklik kan verbly in die klein, sienbare,  tekens van U nuwe toekoms.

Amen

OGGENDGEBED 26 DESEMBER 2012

Hemelse Vader, op hierdie dag na Kersdag is ek nog stil verslae oor die grootheid van U liefde vir ons – die mensdom en vir U skepping.

Here Jesus ek aanbid U as die Koning van die teendeel. U het as Almagtige God U hemelse troon prys gegee en koning geword as mens, ‘n babatjie-mens. En die engele het met vreugde die boodskap aan herders gebring en herders het met opgewondenheid gegaan om U as die Koning van die tendeel te aanbid. Die skepping, wat deur U tot stand gekom het, het deelgeneem en die wyse manne na die stal in Bethlehem gelei. Nie na ‘n troonsaal in ‘n groot stad nie, maar ‘n krip in ‘n klein dorpie. Nie na ‘n magtige koning van baie nasies nie, maar ‘n magtelose babatjie afhanklik van sy ma. U is die Koning van die teendeel.

Leer ons om u as die Koning van die teendeel te aanvaar. Lees voort “OGGENDGEBED 26 DESEMBER 2012”

DIE LIED VAN MARIA 2

Maria was sonder twyfel baie verbaas toe sy die boodskap kry dat sy swanger is terwyl sy nog ‘n maagd was. Met ander woorde, dat God haar op ‘n wonderwerkende manier swanger gemaak het en dat uit haar die Verlosser van die wêreld gebore gaan word.

Verbaas sê egter sekerlik nie genoeg nie. Iewers moet die woord geskok ook inkom. (Maria is immers ongeveer 12-13 jaar oud.) Geskok haas sy haar na Elisabeth. Elisabeth is immers ook swanger – onverwags. Anders as Maria, het Elissbeth ten minste ‘n man.

Ek dink die reis na Elisabeth moes vir Maria baie tyd gegee het om te dink oor wat in haar aan die gebeur was. Lees voort “DIE LIED VAN MARIA 2”

DIE LIED VAN MARIA 1

By die eerste lees van die Lukas-evangelie dink mens eintlik dat Lukas eerder ‘n “musical” geskryf het. Eers sing Elisabeth, dan Maria, dan Sagaria en dan die engele by die herders. Nie een van die liedere is egter so dramaties soos Maria sin nie.

In haar lied verduidelik Maria dat die onlangse gebeure waarin sy vasgevang is, haar iets leer van God en hoe God werk en waarmee God besig is. Maria is alte bewus van haar nikseggende posisie en status in die tyd en omgewing waarin sy lewe nie. Sy was immers niks anders as eiendom nie. Sy behoort eerste aan ‘n pa en dan later aan die man aan wie haar pa haar gegee het. Hierdie man kan van haar skei net wanneer hy wil, terwyl sy self nooit daardie keuse sal hê nie.

Maria behoort nie aan ‘n bekende gesin nie en word nie groot in ‘n belangrike stad nie. Lees voort “DIE LIED VAN MARIA 1”

GEBORE IN ‘N GRAF

In sy boek The Shaking of the Foundations vertel Paul Tillich die verhaal van gebeure by die Nuremburg verhore. ‘n Getuie het na vore gekom wat saam met ander mense wat van die gaskamers ontvlug het vir ‘n tyd lank in ‘n begrafplaas in Wilna in Pole gebly het. Hierdie getuie het gedigte geskryf terwyl hy daar gebly het. Een van die gedigte was van ‘n jong vrou wie se babatjie in ‘n graf gebore is. Sy is deur ‘n 80 jarige graf-grawer bygestaan tydens die geboorte. Toe hierdie ou man die eerste gehuil van die babatjie hoor het hy gebid:  Lees voort “GEBORE IN ‘N GRAF”

OGGENDGEBED 20 DESEMBER 2012

Hemelse Vader, baie dankie vir die vergifnis wat U vryelik aan elkeen van ons skenk deur U Seun Jesus Christus. Dankie dat daardie vergifnis juis vir elkeen van ons die deur oopmaak om in ‘n verhouding met U te kan lewe. Inderdaad ‘n Pa-kind verhouding. U is my Vader. Ek is U kind. Dankie dat U ook vir ons die gawe van gebed gegee het om hierdie verhouding met U te verdiep. Hemel Vader, ek het die behoefte om my ganse lewe oop te maak en al meer en meer te groei in my verhouding met U.

VergeweHoe wonderlik is dit nie om te weet dat U vergewe nie. Elke keer wanneer ek nodig het om ‘n sonde te bely en U Heilige Gees in my die sekerheid werk dat ek vergewe is, beleef en U nabyheid en U teenwoordigheid. Ek wonder dikwels waarom U met tye nie so naby is as wat ek U graag sou wou hê nie.

U Woord leer my vanoggend dat ek ander moet vergewe sodat my Vader wat in die hemel is my ook kan vergewe. Vader, ek besef dat onafgehandelde seer tussen my en ander my verhouding met U versteur. Lees voort “OGGENDGEBED 20 DESEMBER 2012”

Blog at WordPress.com.

Up ↑