naby – beleef god se nabyheid

Sonder nabyheid, kan daar nie aanbidding wees nie. Onder nabyheid verstaan ek ‘n bewus wees van die teenwoordigheid van God wat ‘n mens met verwagting, vreugde, hoop en vrede vul.In so ‘n mate dat jy dit weer en weer wil beleef. Aanbidding is interaksie met God: EK praat en Hy luister. Hy praat en ek luister.

Alhoewel God alomteenwoordig is en die ganse skepping ons herinner aan sy bestaan en dat Hy die Skepper is, het ons as mense die vermoë aangeleer om Hom uit te sluit uit ons lewens uit. Ons leef met oogklappe asof God nie teenwoordig is nie.

Jesus het aan sy dissipels belowe dat waar twee of drie in sy Naam saam is, daar is Hy ook. (Mt. 18:20) Maar, dit lyk asof Jesus Homself weerspreek wanneer Hy later in Matteus sê dat Hy by die dissipels is tot aan die einde van die wêreld (Mt. 28:20). Die een keer is dit ‘n voorwaardelike nabyheid en die ander keer ‘n onvoorwaardelike teenwoordigheid. Die twee gedeeltes verwys na twee verskille manier van “daar” wees.  Lees voort “naby – beleef god se nabyheid”

word god se vriend

‘n Lewe van aanbidding is ‘n baie dinamiese gebeure omdat dit die moontlikheid skep dat ek God se vriend kan word. Die Bybel getuig daarvan dat God  ‘n vriendskaps verhouding met ons wil hê:

God het ons geskep sodat Hy ons kan geniet. (Gen. 3:8 en Op 4:11)

God het Abraham sy vriend genoem. (2 Kron. 20:7)

Jesus het vir sy dissipels gesê dat Hy hulle as sy vriende beskou. (Joh. 15:15)

Al hoewel die moontlikheid daar is dat ek God se vriend kan wees, sal God nooit hierdie vriendskap forseer nie. Vriendskap met God is iets waarvoor ek moet kies.

Daar is bepaalde gesindhede wat aangeleer kan word en dinge wat ek kan doen om hierdie vriendskapsverhouding te bevorder.

In die eerste plek moet ek God persoonlik leer ken en nie staat maak op dit wat ander skryf of getuig oor hoe hulle God ken en leer ken het nie. Lees voort “word god se vriend”

erediens – naby aan God

Indien gemeentes eredienste wil hou wat mense “eerste keer komeers” weer sal laat kom en lidmate opgewonde sal maak om weer en weer te kom, moet dit eredienste wees waarna mense nie kan wag om by te woon nie en waar dinge regtig gebeur. Wat het ons nodig om dinge regtig in ‘n erediens te laat gebeur?

Eredienste wat die moeite werd is om na toe terug te kom, is eredienste waar ‘n dinamiese verhouding met God waargeneem en beleef word.

“Dinamies” beskryf die verhouding wat ons met die mees besondere mense in ons lewens het. Hierdie verhoudings kan met tye selfs frustrasie, seer en irritasie bevat. Maar, ten spyte daarvan, is dit die verhoudings waar dinge gewoonlik gebeur. Sulke verhoudings is nooit vervelig of staties nie.

Dink aan die persoon aan wie jy die mees intieme en beste verhouding het. Lees voort “erediens – naby aan God”

Blog at WordPress.com.

Up ↑