TOT VOORDEEL VAN DIE GEHEEL

Ek lees vanoggend die baie bekende Handelinge 2 :42.

“Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.”

Ek besef net hoe hierdie die kern is van dissipelskap. Die eerste Christene het hierdie kern van dissipelskap mooi verstaan. Hulle het besef dat as dissipels het hulle nodig om te luister, te leer, te dink en dan op te tree en te leef in ooreenstemming met dit wat hulle gehoor, geleer en gedink het. Ortodoksie wat opgevolg word deur ortopraksie. Lees voort “TOT VOORDEEL VAN DIE GEHEEL”

ONS EN ONS LEIERS (2) EN GOD EN TWEEDE KANSE

God is ‘n God van tweede (en derde en vierde kanse en…) kanse. Titus 3:5 beskryf ons tweede kanse so:

Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.

In die plek van “ontferming” het die Engelse vertalings meestal “mercy.”

God se tweede kanse kom deur twee dinge. Weergeboorte wat die sonde afwas en die Heilige Gees wat alles nuut maak. Die enigste rede waarom enige persoon ‘n (belangrike) rol in God se koninkryk kan speel is omdat God ‘n God van tweede kanse is. Nie op grond van enige iets wat ons gedoen het of kan doen nie. Net op grond van sy eie ontferming.

Nou terug by ONS EN ONS LEIERS. Ek kry soms die indruk dat ons dink dat manne soos Dawid en Paulus en Petrus en Johannes en wie dan nou ookal in die Bybel net genoeg dinge reg gedoen het, of net min genoeg dinge verkeerd gedoen het, dat ons steeds na hulle kan draai en van hulle die bo-menslike kan verwag.

Titus 3:5 beskryf dit so: “nie op grond van iets wat ons gedoen het nie”.

Al wat ek weet is dat as God net die mense kon gebruik wat net genoeg dinge reg gedoen het of net min genoeg dinge verkeerd gedoen het, sou ek nie myself kon sien as iemand wat deur gebruik is of deur God gebruik kon word nie.

“Dankie Vader dat U ‘n God van vele ontferming is. Dankie vir soveel tweede kanse wat ek kon gehad het. Gee in hierdie dag aan my die genade om ook aan die mense rondom my tweede kanse te gee.”

ONS EN ONS LEIERS

Met die oog op Sondag se preek lees ek hierdie week 2 Samuel 23:1-7, Dawid se laaste woorde. Uit die aard van die saak moet ons verstaan dat die laaste woorde van Dawid lank na sy dood geskryf is. Waarskynlik in ‘n tyd toe hy reeds meer as ‘n ikoon geword het. In die oë van God en mens was daar nooit weer ‘n koning soos Dawid nie, en sou daar ook nooit weer een soos Dawid wees nie. Maar, kan mens die man wat ons in 1 en 2 Samuel leer ken, die grootste koning in die oë van God en mens noem?

Die prentjie wat Dawid se laaste woorde oor hom skets, is nie akkuraat nie of ten minste nie die volledige prentjie nie. Uit hierdie laaste woorde sal ‘n mens nooit raai dat dit die man is wat ‘n buite egtelike verhouding met Batseba gehad het en toe sy swanger raak haar man laat doodmaak het nie. Lees voort “ONS EN ONS LEIERS”

LEWENSMISSIE

Ek is amper bang om die woord “missie” hierbo te skryf. “Missie” en “missionêr” is na my mening oor-gebruikte woorde. Onder missie verstaan ek die antwoord op die vraag: “Hoekom is ek hier?” Die antwoord op dié vraag lees eintlik soos ‘n missieverklaring: “Ek glo dat God my geskep het om Hom te loof, Hom lief te hê en Hom en ander te dien.” Hoe hierdie lewensmissie in elke individuele mens se lewe tot uitdrukking kom is weereens uniek en net ‘n bewys van die absolute kleurvolle en kreatiewe God wat ons hiertoe geroep en gevorm het. Wanneer ons toelaat dat ons ongeorganiseerde, of soms oor-georganiseerde, lewens en besig wees met ons eie dinge en belange ons perspektief op die saak versteur, dan ontdek ons dat daar nie meer balans in ons lewens is nie. Ons raak ongelukkig en ontevrede.

Ignatius van Loyola sien ongeërgdheid (Indifference) as die oplossing, die eienskap waarna elkeen van ons moet soek. Met ongeërgdheid word nie bedoel dat ek glad nie meer vir dinge omgee of selfs daaraan geheg raak nie, maar eerder dat ek baie liggies vashou aan al die gawes wat ek uit God se hand ontvang. Vir elke kosbare gawe is ek eerbiedig dankbaar en ek ontvang dit met vreugde, maar terselfdertyd is my verbondheid daaraan liggies, effentjies. Ek omhels hierdie gawe of ek laat dit gaan, alles afhangende van hoe dit my help om my lewensmissie te leef: om Hom te loof, Hom lief te hê en Hom en ander te dien. Ongelukkig is dit ook so dat dieselfde dinge wat God in sy groot genade as geskenke of gawes aan ons gee, maklik ook afstand tussen ons en Hom kan bring. Wanneer dit gebeur en ons dit begin besef, dan moet ons besef dat ons lankal nie meer God se gawes liefdevol en dankbaar omhels nie, maar dit nou in een of ander besitlike greep vasgegryp het. Dan is dit tyd om te laat gaan. Ongeërgdheid is die gewilligheid om so te lewe dat ek in staat sal wees om dit te laat gaan as dit nodig is.

In hierdie trant praat ons gisteroggend tydens ons Bybelstudie oor afgodery. ‘n Moeilike konsep vir mense van die 20ste eeu. Die groep se definisie van ‘n afgod was op die ou end enige iets anders as God wat jou vrede en jou vreugde bepaal. Ons het onder andere gepraat oor hoe goed soos sport en die ekonomie en die omstandighede in ons land en die toekoms van ons kinders en kleinkinders in hierdie land en die misdaad en die korrupsie tot gevolg het dat Christene “depressief” raak. Wanneer ons dan depressief raak kan ons nie meer uitdrukking gee ons skeppingsdoel nie: om Hom te loof, Hom lief te hê en Hom en ander te dien.

God en God alleen moet die bron van vrede en vreugde vir my lewe wees.

Alles op hierdie aarde en in ons lewens is aan ons gegee om ons te help om ons skeppingsdoel te verwesenlik. Ons moet al hierdie dinge gebruik om die doel te leef en ons vrymaak van die dinge in soverre dit ons verhinder om Hom te loof, Hom lief te hê en Hom en ander te dien.

Makliker gesê as gedoen?

“Hemelse Vader maak my meer en meer bewus van die doel waarvoor U my hier op aarde geplaas het. Leer my om U met oorgawe te loof en te prys en ook om U en ander rondom my te dien. Gee my die genade om ongeërg te lewe met die dinge wat U my in U groot genade so vryelik skenk. Leer my om die mens wat ek voor U my liefdevolle God is, met my hele wese te omhels.”

DIE ONS VADER GEBED – ‘N STRUKTUUR

Ek het baie respek en waardering vir sommige Rooms Katolieke en Anglikaanse spiritualiteite. Op hierdie stadium is ek bietjie besig met die spiritualiteit van Ignatius van Loyola.

Een van die dinge wat ek by beide groep geleer het was die feit dat daar tog waarde kan wees in die herhaling van sekere gebede. Die Rooms Katolike het byvoorbeeld die Rosaries. Ek het lank terug reeds by Brother Lawrence en Frank Laubach die waarde geleer van Practicing the Presence of God. (HIER kan jy Brother Larence se boekie gratis aflaai.) As deel van daardie oefening was die herhaling van sekere gebede deur die loop van die dag vir my waardevol. Een daarvan was uit die aard van die saak die Ons Vader gebed.

Tans gebruik ek die Ons Vader gebed steeds as herhaling. Lees voort “DIE ONS VADER GEBED – ‘N STRUKTUUR”

NOGEENS VRYGEMAAK

Tydens die aanloop na die laaste vergadering van die Noordelike Sinonde by Weesgerus en dan natuurlik tydens die vergadering self, het ek  begin dink oor “vrygemaak”. Sê nou vrygemaak sou meer beteken as net dat ek vrygemaak is van my sondeskuld en nou vergewe is. Vanoggend is ek nou weer op die onderwerp en sluit ek aan by dit waaroor ek Maandag geskryf het.

Vanoggend lees ek Filippense 3:7-16 en in besonder hierdie woorde van Paulus:

“Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo.” (Fil 3:8-9)

Vrygespreek en vrygemaak om in ‘n naby en intieme verhouding met Jesus te kan lewe en om Christus as enigste bate te verkry. Lees voort “NOGEENS VRYGEMAAK”

DINK POST ANC

Ek lees verlede week hierdie treffende artikel in die Mail and Gaurdian: MIDRAND GROUP: KEEPING THE ANC AWAKE AT NIGHT. Dit is nogal die moeite werd om die hele artikel te lees. Ek haal net ‘n kort gedeelte aan:

“The ANC has this major philosophical flaw. It thinks it should be the centre of society and everything and everyone should be its branch,” said Zibi. “If, in what I wrote, I always said ‘this is what the ANC should fix’, that would be fine.”

The Midrand Group has a unified position; its stance is that every member is responsible for his own opinion and writing, even if it is influenced by their discussions. Lees voort “DINK POST ANC”

GEESTELIKE VRYHEID

Geestelike vryheid is ‘n innerlike vryheid, ‘n vryheid van die verstand en van die hart. Mense wat geestelik vry is, weet wie hulle is – met al hulle gawes en beperkinge – en is gemaklik met wie en wat hulle is.

Ons het egter verskeie dinge wat hierdie geestelike vryheid van ons inperk. Hierdie dinge het tot gevolg dat  ons nie God  se roepstem hoor nie. Voorbeelde hiervan is: Lees voort “GEESTELIKE VRYHEID”

Blog at WordPress.com.

Up ↑